Begrotingsrede 2017: DA teleurgesteld gordel is nie stywer getrek nie

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Die Demokratiese Alliansie het Woensdag gesê hy het verwag dat Pravin Gordhan, minister van finansies, meer verminderings in besteding vir die regering sou aankondig en dat programme, wat werk sou verskaf aan jong mense in die land, geherprioritiseer sou word.

David Maynier, woordvoerder van die DA, het gesê ʼn omvattende bestedingshersiening, wat op die party se wenslysie was vóór die begrotingsrede gelewer is, sou jong mense en werkloses van werk verskaf het.

Die DA het gesê alhoewel persone met ʼn hoër inkomste meer belasting gaan betaal, word alle persone wat belasting betaal deur die begroting geraak. “Die waarheid is dat alle inkomstebelastingbetalers hierdeur geraak word, want slegs R4,4 miljard sal uit die nuwe hoër belastingkategorie ingesamel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mr P ·

4.4 miljard om meer te steel. Lekker wanneer jy geld kort.. gaan haal by di werkers. Hulle sorg vir alles.

piper ·

dy ie NHI wat ingestel word raak my sak erg. waar ons voorheen die totale mediesefonds bydraes en alle uitgawes wat die siekefonds nie dek ten volle kon aftrek, kan ons nie meer dit doen nie. my jaarlikse bydrae van 67200 rand kan nie meer afgetrek word nie en net sowat 16000 rand kan afgetrek word en net sowat 30% van die uitgawes wat my siekefonds nie betaal nie, dit plaas my dus in n hoer inkomstevlak vir belasting. die NHI gaan maar net nog n plek wees waar gesteel gaan word. die staat kan nie een n eenvoudige kliniek aan die gang hou nie, wat nog te se van NHI. jy kan al die geld van die wereld daar ingooi maar sonder kundige mense wat die ANC nie het nie, kan dit nie werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.