Bejaarde skiet homself voor hospitaal

Die Knysna Provinsiale Hospitaal. Foto: Google Maps

Die Knysna Provinsiale Hospitaal. Foto: Google Maps

ʼn Bejaarde man het homself Maandag in die parkeerterrein van die Knysna provinsiale hospitaal geskiet.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 85-jarige man het homself in sy motor geskiet.

“Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die man, wat van Plettenbergbaai af kom, omstreeks 13:30 by die ingang van die hospitaal uitgestap het na sy motor toe. Hy was nie lank binne die gebou gewees nie. Hy het van die parkeerterrein af gery na ʼn parkeerplek vir gestremdes reg voor die hospitaal en daar stilgehou. Kort daarna het ʼn skoot afgegaan,” het hy gesê.

Volgens Pojie het paramedici dadelik nader gehardloop en die gewonde man in ʼn kritieke toestand gevind met ʼn haelgeweer langs hom. “Hulle het hom vinnig in die hospitaal gebring waar hy dood verklaar is.”

Pojie het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. Geen gemene spel word vermoed nie. Hy wou nie dadelik die oorledene se naam bekendmaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

christine ·

Gaan meer gebeur gesondheids dienste is power of glad nie onbekostigbaar duur kan nie fonse bekostig nie stomme man. Self in privaat instansies regtig regstellende akies daai mense voel n veer vir waarmee hulle besig is. Net daar vir die salaris

Lida ·

Christine, ken jy die omstandighede? Hoe kan jy so’n onsensitiewe kommentaar lewer. Ag nee man kom eers agter die kap van die byl voor jy jou mond uitspoel. Nie een van ons weet wat die omstandigede was of is nie.

Hannelie ·

Christine dis als reg ons almal beleef ‘n traumatiese ervaring somtyds in jou lewe, dan sê mens iets op die ingewing van die oomblik. Ja ons weet glad nie wat die omstandighede is nie….dit kan dalk tragies van aard wees. Maar kom ons bid vir die oom se familie wat hierdie selfdood moet verwerk van die oom. Sterkte aan die oom se familie, weet dit moes iets drasties gewees het wat hom so ver gedryf het.

Minx ·

Hy was dalk siek en die dokters kon niks meer vir hom doen nie klink na ‘n genade dood!!!!!!!!!

christine ·

Lisa jys reg ek weet nie wat die omstandigheide was nie sorry julle almal. Dis net omdat n vriendin van my erenstig siek was sy moes weens omstandighede na n hospt gaan syt haarself verdink in haar bad

Swartluiperd ·

Ja dis tragies ons sal nie weet voor die ondersoek gedoen is nie, in en uit die hospitaal kan baie beteken , dalk iemand baie na aan hom wat hy moes afstaan of so iets. Jammer dat die oom so besluit moes neem, tragies.

Keelvol ·

Christine moet nie jammer sê nie, jy is reg. Almal weet hoe mense al moes wag tot dit te laat is by staatshospitale. Privaat hospitale in ons land is objektief beskryf as heeltemal oorprys en n sekere hospitaalgroep maak vet winste met bloedgeld, en het dan nog die arrogansie om mense te wil afdank.

m ·

Sjoe dis baie tragies. Sterkte aan die oom se familie wat hierdeur moet kom. Privaathospitale is heeltemal oorprys en hulle tap die mediese fondse. Hulle diens is ook nie altyd van die beste vir al daai geld wat jy moet betaal nie.

Renette ·

Ek het n kleintjie dood oor die woord “selfdood” as jy jou self dood maak is dit selfmoord

Tina ·

Stem saam met jou Renette, ek verstaan nie waarom die woord verander is na selfdood nie. As jy ‘n lewe neem is dit moord, wat is die verskil of jy jou eie lewe of iemand anders s’n neem, dit bly moord.

Hannelie ·

Renette moet nie jou kop breek oor die woord “selfdood” of selfmoord. Selfmoord is die handeling of daad om jouself om die lewe te bring, dus om jou eie lewe te neem. Die term “selfdood” word deesdae al hoe meer verkies weens die stigma wat aan die woord “moord” kleef. Hoop jy verstaan dit dalk nou beter.

sniefie ·

DANKIE vir jou voorligting les hannelie. mediesefonds bydraes is peperduur. dan kon jy by die hospitaal en word verder ontnugter deur die hengse bybetalings wat boonop betaal moet word voordat hulle jou sal opneem of behandel. mens betaal sowat veertig jaar die astronomiese mediesefonds bydraes en gebruik dalk 30% van die bydrae wat jy betaal het. hulle kan na sulke mense op pensioen gaan hulle maar volle dekking gratis gee. die sogenaamde vryheidsvegters het nooit n bydrae tot n mediesefonds of belasting gemaak nie en kry mediesedienste gratis by private hospitale.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.