Bejaarde vrou in huis vermoor

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn bejaarde vrou is Donderdagoggend in haar huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand gevind.

Sers. Tshepiso Mashele, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 76-jarige vrou se liggaam is in haar huis in Timberstraat in Wentworthpark aangetref.

“Die vrou het vermoedelik alleen in die huis gewoon. Haar bure het Woensdagaand omstreeks 22:00 vreemde geluide gehoor,” het Mashele gesê.

“Die vrou se bure het gaan ondersoek instel, maar het glo niks vreemds opgemerk nie. Hulle het daarna die vrou gebel, waarna sy gesê het dat alles reg is. Die bure het daarna gaan slaap.”

Mashele het gesê die buurvrou het Donderdagoggend vanuit hul huis opgemerk dat hul buurvrou se een venster oop staan en dat die diefwering gebuig is. Hulle het die polisie ontbied, waarna die vrou se liggaam gevind is.

“Haar hande was vasgebind en dit wil voorkom of sy beroof is.” Dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes by die moord betrokke was nie en wat presies geroof is nie. Die oorsaak van haar dood is ook nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word.

Die vrou se identiteit kan nog nie bekend gemaak word voor al haar naasbestaandes van haar dood in kennis gestel is nie.

Die Krugersdorp-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Bel die Krugersdorp-polisie by 011 951 1151 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ek ·

Huisroof… Die gemaklikste verskoning vir moord in SA! Sy is so oud en was nog alleen ook, hoekom haar doodmaak? Watter weerstand kon sy moontlik teen die gemors bied?

Leeu ·

Sê ek ook. KFC voorval = poging tot moord. Letterlike moord = Huisroof.

Willie ·

Lafaarde… dis moord… diefstal met die motief om te vermoor… Genade, wanneer stop dit?

Ruby ·

Gaan die inwoners ook hieroor toi-toi of is hulle selektief oor wie dit is?

Amanda ·

Ruby, jou antwoord is BAIE onvanpas. Was dit JOU familie sou jy MOORD gepleeg het. Hierdie tannie was alleen en magteloos. Moenie praat as jy niks daarvan weet nie en JA ek bly 2 strate van haar af en dit is BAIE sad! En…. sy is wit nie dat kleur saak maak nie maar ek noem dit omdat TOI TOI hier ter sprake is. Ons IS seketief as dit by mense lewens kom!

Andrea ·

Ek glo Ruby het bedoel: gaan die land se burgers ook betoog oor die wit tannie wat vermoor is, of tio-toi hul net as hul meds swart burgers dood is agv n blanke se optrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.