Bekende egpaar op plaas aangeval

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Dr. Koos Troskie, ʼn bekende geneesheer op Kroonstad in die Vrystaat, en sy bedlêende vrou, Natalie, is op hul plaas buite die dorp aangeval.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê Troskie (71) het Sondag omstreeks 19:00 by die huis op sy plaas in Halfkroondrift opgedaag en geruik iets brand. “Sy 69-jarige vrou was alleen by die huis en in die bed, aangesien sy herstel van ʼn beroerte,” het Thakeng gesê.

Troskie is dadelik na die kombuis om te kyk wat brand, maar hy kon niks sien nie. “Hy was op pad na sy vrou in die slaapkamer toe hy deur ʼn onbekende man aangeval is. Die man het ʼn vuurwapen teen sy kop gedruk.”

Troskie het die ‘vuurwapen’ gegryp en besef dit is ʼn speelgoedpistool. ʼn Stoeiery het ontstaan, waartydens Troskie met ʼn ysterpyp oor die kop geslaan is. “Dr. Troskie het op die grond geval, waarna hy in die ribbes geslaan is. Hy is daarna na die slaapkamer gedwing waar ʼn ander verdagte met ʼn hoekslyper besig was om die kluis oop te sny.”

Hy is op ʼn stoel vasgebind en van die geld in sy sak beroof. ʼn Pistool wat in die kluis was, is ook gebuit, waarna die verdagtes in Troskie se wit Hilux-bakkie gevlug het. “Dr. Troskie kon daarin slaag om homself los te maak en het na die pad geloop om hulp te ontbied, aangesien hy nie sy selfoon kon opspoor nie.”

Die polisie is ontbied en ʼn volskaalse soektog is na die verdagtes van stapel gestuur.

Volgens Thakeng het die aanvallers Natalie gedreig dat hulle haar nek met die hoekslyper sou sny as sy hulle nie vertel waar die kluis is nie. Hulle het ook ʼn graaf en byl gehad waarmee sy ook gedreig is. “Een van die egpaar se honde is ook vergiftig en het gevrek,” het Thakeng bygevoeg.

Die Kroonstad-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Wern ·

Dit hou aan en aan en ons gaan alles verloor. Tyd vir selfbeskikking! Afriforum, begin asseblief die onderhandelinge want it is al wat gaan help.

Jaco ·

Oom Chris Jooste (Prof) het al in die 1960s die vereistes vir selfbeskikking uitgespel en ons voldoen nog aan nie een van hulle nie. Kom ons voeg ons stemme agter Solidariteit en ons sal kry wat ons toekom. Maak jou bydraes aan Solidariteit Afriforum Helpende Hand ens.

Wern ·

Die situasie lyk vandag baie anders as 1960 en ons voldoen ten volle aan vereistes van selfbeskikking.

Buitestander ·

Nee, Nee alles is nie verlore nie. Ons moet glo, hoop en vertrou op God drie enig. Alles werk vir die gelowige ten goede mee.
Die probleem is skruke teiken die swak teken. Ons het ‘n opdrag om hier te volwoer.

Innige mepatie met die slagoffers. Hou aan en alles sal ten goede uitwerk. Behou julle geloof in God drie enig. Ek weet daar kom tye in enige een se lewe om tou op te gooi maar moet nie. Die bose lê en loer wie hy kan verslind.

Jan maak n Plan ·

Buitestander, ja ons moet verseker op die Here vertrou en Hy sal uitkoms gee, maar onthou ook dat die Here die mens n gesonde verstand en krag in sy pype gegee het om soms self die probleme op te los.

Koos ·

Weereens het die kriminele toegang tot die huis gekry sonder dat die inwoners daarvan bewus was todat dit te laat was.Die plaasbewoners moet hulle eiendom beveilig en paraat wees hou op met die simpel assumption dit sal nie met my gebeur nie dit gaan net ‘n kwessie van tyd.

Idee ·

Maroela, skryf asseblief gereelde kort berigte oor hoe ons onsself kan beveilig. Mense maak nog foute wat hulle kon voorkom het.

Freud ·

Koos- ek ken hierdie mense. Hoe paraat wil jy nou hê moet ñ bedleênde vrou wees?

Hannes ·

“The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.” Edmond Burke.

Elke dag is daar net nog n artikel, nog n storie waaroor mens ‘scan’. Dis net nog een, en nog een en nog een tot my volk uitgewis is of moeg verkrag is. Ons moes nooit na hierdie kontinent toe gekom het nie, dis n barbaarse plek die met geen respek vir lewe nie.

Afrikaners moet maar omrol en dit aanvaar, dis jou toekoms – n panga teen jou keel met jou vrou en kinders op die grond langs jou.

Dalk tyd om wat “rationeel” is te hersien vir iets wat n impak gaan maak of ons gaan maar met onse goeie maniere moet omrol en dood gaan.

Soooooo moeg vir die sinnelose uitmoor van my mense!

JC ·

Sjoe Hannes goed gese, Burke se woorde slaan die spyker op die kop!

weggaan ·

Dit is waarom Afriforum ons kan help om of vir selfbeskikking te onderhandel, of om met oorsese land(e) te onderhandel vir massa emmigrasie.

Oni ·

Hierdie aanvalle is opdragte om die boere van hul grond af te verdryf. Maak nie saak na watter kant n mens daarna kyk nie.

boterman fernand ·

ik heb ook een zeer lang te op een plaas gewoond in die vrij staat zuid afrika word zeer
onveilig ik mens moet altyd op zijn goede zijn voor plaas aanvallen

mvg groeten f boterman

Jan maak n Plan ·

Meneer Boterman vertel asseblief ook die storie aan jou regering sodat hulle die Suid Afrikaanse regering ook hel kan gee.

Kaspaas ·

Ek dink ook dit word ge organiseer om boere en spesifiek wit boere van die grond te dryf

Marie Swanepoel ·

Ons lees feitlik daagliks van moord. Net die Here kan ons help!

Jan ·

Ek is so bly hulle het die aanval oorleef, dit kon veel erger gewees het. Sulke aanvalle is hoekom mens liefs jou wapen op jou lyf dra – veral as jy by die huis is. Wanneer die aanval gebeur is daar dikwels nie tyd om eers die kluis oop te sluit voor hulle op jou is nie.

Hartseer en onnodig ·

Dit maak my hartseer om te lees dat ons al aanvaar ons moet gewapen wees, ons moet ons plekke beveilig en beveilig. Ek weet as ons dit nie doen nie word ons aangeval en doodgemaak!!!!!!!!!!!!!!!! Sterkte aan hierdie mense, hoop regtig die varke word gevang!

Bulkalf ·

Wat ek elke dag lees, walg my. Moet ons nie maar ons eie BBP stig nie? “Blanke Burger Party”, dan mag ons ook dalk as belangrik genoeg beskou word om na geluister te word.

Joann ·

Oni en Kaspaas jul is doodreg. Maar laat ek vir jul se, dis nie net anderkleuriges nie,blankes sit baie keer agter alles. N slegte witmens is uiters sleg.

Klaas ·

Ek het op n slag gehoor dat dit witmense en indiers is wat agter hijack sindikate sit.

Se maar net ·

Laat jou honde in die huis slaap!!Meer werd binne as buite

humor ·

Valse gerustheid gaan hand aan hand met traak-my -nie -agtigheid en onverantwoordelikeud en dit werk bedwelmend in op die mens. Hoe lank nog????

Bekkie ·

Honde kan mens nie Beskerm teen aanvalle nie, maar wel waarsku. My honde slaap buite En het my betyds gewaarsku voordat 5 my huis binnegekom het. Hulle het my lewe gered want Ek het hulle SIEN kom. Dis te laat as jou honde jou waarsku as hulle reeds binne is. Ek praat uit ondervinding.

Bekkie ·

Honde buite waarsku mens – dis te laat as hulle reeds binne jou huis is. Honde kan mens nie beskerm nie. Ek is deur my 5 honde betyds gewaarsku En het my 5 aanvallers betyds sien kom En kon wegkruip En hulp ontbied terwyl hulle my huis deursoek het. Ek was ook n slagoffer maar my honde het my gered van n sekere tragedie.

Esmay ·

Ja Bekkie die honde moet buite slaap. Binne die huis slaap hulle lekker warm en waarsku jou te laat. Ons bly op n plot en as ons honde snags buite blaf is ons dadelik paraat. “Hulle* gee juis die honde nie gif want “hulle* wil jou uitlok met die honde se geblaf. Bly binne en verras “hulle* so

Idee vir n artikel ·

Maroela, laat n veiligheidsspesialis vir ons iets skryf oor honde, binne of buite, en ander wenke om onsself te beveilig.

gerhard ·

die grootste krimineel is die politikus. hulle lieg, besteel en verkrag almal(wit) se Vryheid. hulle moet verandwoordelik wees vir almal se Vryheid en veiligheid, dis hoekom ons vir hulle stem. niemand gaan ons help nie nie voordat ons ons self kan help nie. kan begin om in een stem te se genoeg is genoeg, en ophou om vir mekaar sleg se.

Se maar net ·

Hulle gee honde gif in die hond is vrek voor hy blaf ..Ek was op n plaas met 4 Huise ..Almal se honde selfe aand vergiftig en fietse en motorfietse ens gesteel..Een huis leeg gemaak.Ek was enigste een ment honde wat lewe en niks gesteel , My honde blaf erg as daar beweging buite is..Wat skelms nie weet , Sy sal hulle nog hallo soen ook as hulle in kom

Kleinkoppiemagistraat ·

Om sterk gelowig te wees het wel iets met ‘n mens se behoud te doen. Daar staan egter duidelik geskryf dat geloof sonder werke dood is en dus niks beteken nie. Dit is ook duidelik dat hierdie tipe aanvalle nie gaan afneem nie. Dit word nie deur die regering veroordeel nie en ook nie LET WEL deur die DA nie. Trouens, die DA ondersteun die grondhervormingsbeleid. Dink mooi! Ons is aan onsself oorgelaat en ons moet self sorg dat ons so bes moontlik beveilig en paraat is. Weghol is nie juis ‘n opsie nie. Ons sal moet saamstaan en saam stem. Ek sien die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof??? Wat van aanranding, poging tot moord, kwaadwillige saakbeskadiging, betreding en diefstal en onwettige besit van ‘n vuurwapen?! A nee a! Ons word oral geboelie, tot in ons eie huise!

Tiger ·

En waar is die mense se marnet radio? Ek weet , “dis te duur”.Die ou ou storie.Hoeveel is ‘n mens se lewe dan werd?Minder as wat die radios kos?Ek glo die GPF in daai omgewing het al met hulle gepraat oor ‘n radio maar mense is mos slim.”Dit sal nie met ons gebeur nie”.Simpatie het ek nie.Jammer.
Word wakker plaas mense en skaf daai “duur” radiotjie gerus aan.Eendag red hy jou of iemand anders se lewe.Die Dr.kan bly wees hy kon tot by die pad loop vir hulp en dat hy nie erger beseer was nie.Ek hoop die les sink in by hom en sy bure.

Familie ·

Luister Tiger jou redenasie is presies die hartseer punt van die situasie van die land op die oomblik. Ons moet eerder die oorsaak oorwin en oplossings vind as om te redeneer oor radios. Van wanneer word mense nou sommer aangevat omdat hul nie ‘n muur het waar twee groot drake opsit reg om vuur te spoeg nie? Jou reg is om veilig te lewe,veral in jou erf. So om eerder mense moeilikheid te gee oor hoekom hul nie ‘n radio by hul het nie, gee eerder bietjie oplossings vir die oorsaak. As die rowers hul wou doodmaak dan sou hulle. Radio of nie.

Derick ·

Ons mensies se grootste probleem is dat almal wag vir “IEMAND” om iets te doen … Of dit nou Afriforum is of Superman, solank iemand anders net iets doen. Mense, ons moet wakker skrik en besef dat NIEMAND iets gaan doen nie. Geen onderhandelinge, mooipraat, internasionale hulp of “beskaafde” benadering gaan ons help nie. Dis of VEG, of VLUG. Elkeen moet maar besluit, maar as daar ‘n Gideonsbende opstaan in die land, is ek verseker deel daarvan (en ja, ek wag dus ook dat iemand iets moet doen …)

André ·

“Do not be afraid of those who kill the body but cannot kill the soul. Rather, be afraid of the One who can destroy both soul and body in hell.” – Matthew 10:28

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.