Bekende Pta-kunstenaar dood in huis gekry

‘n Selfportret van Rudolph Vosser. Foto: Via Flickr

Rudolph Vosser (52), ʼn bekende kunstenaar van Pretoria, se ontbinde liggaam is vandeesweek by sy huis in Brooklyn in die ooste van Pretoria aangetref.

Volgens ʼn betroubare bron is die polisie na sy huis in Alexanderstraat ontbied nadat bure en veiligheidswagte ʼn onaangename reuk vanuit sy motorhuis waargeneem het.

Met die polisie se aankoms het hulle Vosser se liggaam langs sy motor in sy motorhuis gevind.

“Sy liggaam was reeds erg ontbind en hy is vermoedelik reeds twee weke gelede dood. Hy het alleen gewoon en ʼn kluisenaarslewe gelei, alhoewel hy soms besoekers gehad het,” het die bron gesê.

Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie. Daar word geen vuilspel vermoed nie. Die polisie het sy broer van sy dood in kennis gestel.

Nuus van sy afsterwe is Vrydag op sosiale media gedeel. “Hoop jy het nou rus gevind papi,” [sic] skryf Francois Swanepoel.

Koos van Bergen het Vosser as een van die mees talentvolle kunstenaars beskryf.

Vosser was ʼn visuele kunstenaar en is in 1965 gebore. Baie van sy kunswerke is op veilings en in kunsgalerye verkoop. Hy word beskryf as ʼn begaafde portretskilder wie se werk te min aandag gekry het, omdat hy al minder uitgestal het. Benewens figure was dit stilleweagtige skilderye van objekte wat die oog gevang het.

Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media bevestig die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn man se liggaam Donderdagaand by sy huis gevind is. Hy het gesê dat ʼn nadoodse ondersoek sal bepaal hoe lank hy al dood is en wat die oorsaak van sy dood was.

Rudolph Vosser. Foto: Francois F Swanepoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Marianne ·

Bekende kunstenaar????
Ek wonder net as hy so bekend was en hy het familie… hoe kan hy dae of weke reeds dood wees, en niemand het hom gemis nie?
Skies maar iets “Klink” nie vid my “lekker” nie….

Bekend onder groot kunsliefhebbers ·

Hy was bekend onder kunskenners, nie die algemene publiek nie.

Proffie ·

Marianne, as jy net sepiesterre, akteurs en sportsterre as bekendes sien wil ek voorstel dat jy jou horisonne verbreed.

Genoeg ·

Dit is maar net weereens ‘n bewys dat ons elkeen so met ons eie dinge besig is dat ons nie werklik tyd vir ons naaste het nie.

Hartseer ·

Dit is verskriklik hartseer dat hy niemand gehad het wat hom gemis het vir 2 weke nie

Sy niggie ·

Soos in die berig vermeld het Rudolph ‘n kluisenaarslewe gelei. Sy ma is reeds oorlede, sy pa is in ‘n ouetehuis baie ver van Pretoria en sy broer woon ook baie ver. Ons is baie hartseer oor sy afsterwe. Hy was ‘n uiters talentvolle skilder wat verskeie pryse gewen het. As jy nie die storie ken nie, moet nie ‘n ander se keuse van leefwyse veroordeel nie.

Ek stem ·

Ek stem saam met “sy niggie”. Daar’s altyd mense wat eiertjies te lê het sonder dat hulle enige insig of agtergrond van iets iemand het. “Don’t tell me how to tie up my laces until you have walked in my shoes.”…..

Sy ander niggie ·

Marianne, mens moet nooit vra wat jy kan google nie. En soms is feite vreemder as fiksie. Mag jy nou vrede vind, Rudolph.

*Sy Woefie* ·

Sy Niggie, Is daar n manier om in kontak met jou te kom i.v.m sy hond (Bull Terrier). Ek was daar om te sorg dat die woefie na n veilige plekkie kon gaan. Ons sal graag meer inligting wil he i.v.m die woefie asb

susan ·

Wat klink nie vir jou lekker nie mense wat kies om te leef soos hulle dit verkies. – hy sou waarskynlik nie sy mond so uitspoel oor ander mense nie

Koos ·

Dit gebeur. My kollega wat alleen gewoon het was alles behalwe ‘n kluisenaar – en hy was 3 dae dood voor ons hom gevind het.

Ekke ·

So hartseer! As ek eendag nie meer enige familie naby het of niemand oor het, sal ek maklik eers weke later gekry word. Hou van alleen wees. RIP

ALLEEN BY CHOICE ·

EK OOK, ek hou van alleen, stilte, my eie geselskap,, each to its own, ons ou nasie kan leer om te laat leef en jou eie lewe te ly, en dissssss wat so wonderlik is, ons is uniek, vat elkeen soos jy hom kry,,,,,,,,,,,,, uniek,,,,,,,,,,,,,,,,,

Mars ·

Rudolph was nie altyd ń kluisenaar nie. Ek het ń paar keer baie lekker by hom gekuier in sy ongelooflike mooi, boheemse huis. Hy was ń briljante skilder en die mense wat nie van hom weet nie, is bloot net oningelig. Die lewe het hom in afsondering gedruk. Dis ń groot verlies vir die kunswêreld. Hy was ook ń groot Afrikaner met ń bewondering vir die boere-generale. Hy sal gemis word, maar hy’s nou op ń beter plek. Rus in vrede Rudolp.

Sy Niggie ·

So waar. Rudolph was ‘n fantastiese talentvolle kunstenaar, met ‘n sagte hart, ‘n groot liefde vir sy ma, sy ouma en sy tannies. Hy het alle lewe waardeer, tot wurmpies en spinnekoppe. Hy het baie opgeoffer vir sy ma, maar ja, ongelukkig het die lewe een mense hom nie altyd goed behandel nie. Dit was vir hom makliker om van die samelewing te onttrek. Ek sal nooit vergeet hoe hy by sy ma se graf gehuil het met haar begrafnis. My hart het gebreek vir hom daardie dag. Ons is baie hartseer oor jou dood. Rus in vrede, liewe neef Rudolph.

Mars ·

Hy was nie van hierdie tyd nie. Om by hom te kuier was soos ń “time warp”. Hy was ń fassinerende karakter. :-)

steven ·

RIP,R. In die wêreld wat jou so erg donker gedruk het,is jou nou vry.
Ons gaan jou.mis.

Mars ·

Hy was nie van hierdie tyd nie. Om by hom te kuier was soos ń “time warp”. Hy was ń fassinerende karakter. :-)

Ken2 ·

Volgens wat ek van hom gehoor het was hy n baie spesiale en hoogs intelligente mens wat baie vir ander omgegee het.

thinus ·

Hoogs intelligent,uiters begaaf,amazing artist.hart van goud omring deur pik swart wolke. Jy is nou in beter plek,mnr…

Philip Uys ·

Jis , verpletterd !. Mees begaafste kunstenaar wat ek geken het en ‘n briljante brein . Ek voel verplig om uit Shakespear se Julius Caesar aan te haal ; ” Why , man, he doth bestride the narrow world like a Colossus; and we petty men walk under his huge legs ,and peep about to find ourselves dishonourable graves .” Rus sag ou grootte , jy is vry . P

Susan ·

Is dit régtig nodig om ‘n foto van oorlede Mnr. Rudolph Vosser te plaas? Ek dink dit is uiters onvanpas! En dit is vir my regtig ontstellend. Plaas dan asb. ‘n foto (as julle moet) waar hy nog gelewe het sodat mense hom kan eien, en nie die slegte laaste foto onthou nie.

Sy niggie ·

Susan, daar is geen foto van toe hy klaar oorlede is nie? Maak jou oë oop voordat jy ‘n tirade post. En google is jou vriend. Hierdie is ‘n foto van een van sy vriende se fb af. Ek staan verstom oor wat mense als hier kwyt raak….

Sy niggie ·

Jammer, die foto is van Flickr en dit is ook so aangedui….

WonderNet ·

@ Susan. …Regtig? Lyk dit vir jou soos ‘n wrg ontbinde liggaam? Dalk moet jy ‘n bril of twee aanskaf…

Ollie ·

Vir my wat saam met hom op skool was was dit absoluut fassinerend om by hom te gaan kuier en in n ander wêreld in te stap wanneer jy in sy kamer instap. Vir ons was hy Rudi. Ons dierbare maat waar jy nou is kan ons nie wees nie maar weet jou nagedagtenis sal ons eer. Ek koester die klein ou glasplaatjie waarop jy vir my rooi hartjies in 1982 geteken het, met jou naam nogal daarby en n potloodskets in my dagboek van dieselfde jaar en jy wat in potlood n aantekening maak en kla dat ek heeltemal té energiek is, jy konnie n mooi skets maak en dít terwyl jou pa, ons rekeningkunde onnie probeer verduidelik waarom daar nou n debiet saldo moet wees! Ons verstaan vandag nie die somme nie maar hoop om jou eendag weer te sien.

*Sy Woefie* ·

As daar enige iemand is wat ons kan help met informasie i.v.m met sy Bull Terrier sal ons dit opreg waardeer. Die woefie is tans in “Foster care” en is veilig. Baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.