Rolanda Marais en haar man, Jozua Malherbe, het Dinsdag hul eersteling, Charlotte James Malherbe, verwelkom.
“Ons is vandag oorweldig met vreugde. Ons het vanoggend ons dogter verwelkom, gesond en beeldskoon,” het Rolanda op Facebook gedeel.
Die egpaar het in Februarie vanjaar by die Old Mac Daddy in die Elgin-vallei in die Wes-Kaap die knoop deurgehaak en in Julie bekend gemaak dat hul eersteling op pad is.
Rolanda het in Julie haar opgewondenheid ook op sosiale media gedeel: “Dit is met groot opwinding dat ek hierdie nuus met julle deel! Een van die dae gaan ons nuwe gesin een lyfie groter word.”
Die aktrise is bekend vir haar spel in die televisiereeks, Vlug na Egipte. Sy was ook te sien in Wolwedans in die skemer en Ballade vir ʼn enkeling.
Sy koer ook gereeld op sosiale media oor Jozua. “Ek dink nou weer terug aan daai wonderlike dag in Februarie toe ek die awesomeste man in die wêreld se vrou geword het. Ek was nooit iemand wat gedroom het van trou nie, maar noudat ek dit gedoen het, moet ek sê dit is totally die moeite werd!” het sy laat hoor.
Baie geluk julle. Die grootste geskenk uit God se hand
Mag sy vir julle groot vreugde en plesier verskaf.
Mag sy ook die Drie enige God van harte lef hê enin Hom opgroei.
dit gaan my te bowe dat jy n dogter n man se naam gee. Of lees ek maar net verkeerd
Ja nee stem saam. Ook eers gedink ek lees verkeerd.
ek het eers gedink hulle van is James!!
Baie geluk met die dogter. Mag sy net so mooi en talentvol soos haar ma wees, en slim soos haar pa. Sy sal seker op haar eerste naam genoem word, en die tweede naam het seker ‘n baie goeie rede. My ma het 4 doopname gehad en is toe aangespreek op heeltemal ‘n ander naam, Dié dat sy haar kinders net één naam gegee het.
Baie geluk met die nuwe pienk voetjie. ‘n Dogtertjie bly ‘n troetel dingetjie en sy sal haar pa ook nog om haar pinkie draai. Dankbaar dat jul albei welgeskape en gesond is.