Maj. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Thabiso Ledwaba, ook bekend as Kagiso Linken, het in Maart uit die hof ontsnap toe hy ʼn vuurwapen op polisiebeamptes gerig het.
Ledwaba is skuldig bevind aan die moord op Uwe Gemballa, ʼn handelaar in luukse motors en sou binnekort gevonnis word. Aanklagte van onder meer moord, poging tot moord, transitoroof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ontsnapping uit wettige aanhouding is tans hangende teen Ledwaba.
“Ledwaba het al in die verlede vir die polisie sewe verskillende name, twee identiteitsnommers en vyf verskillende geboortedatums gegee,” het Netshiunda gesê. “Hy is gewapen en baie gevaarlik. Lede van die publiek word aangemoedig om hom nie self te nader nie, maar die ondersoekbeampte lt.kol. Serfontein op 071 481 3394 of [email protected] te kontak.”
Ek is baie seker hy het hulp van binne gekry
Hoekom was hy nie in voetboeie nie? Nadat hy alreed voorheen ontsnap het??
Oeps al weer ontsnap stem saam met jou hoekom nie geboei nie seker menseregte
Net wit mense word in voetboeie geplaas. Nog nie agter gekom nie?
Hoekom hoor ons nou eers hiervan? Meer as twee maande later. Sjoe!!! Ons is lekker proaktief nê.Wees ore en oë vir jou en jou bure se geliefdes.
So; wat het die wetter ons alreeds gekos? Net om NOG R100 000 verder dalk weer gevang te word? En kyk die gepaardgaande naam… GGGRRRROOT slang in die hof se gras.
Hoekom my kommentaar verwyder as die Adv lankal die soort oortredings binne gevangenis verhore 9 jaar terug erestig oorweeg het? He vra maar net?
As jy lees met wie hy verbind word is hy verseker gehelp om te ontsnap. Iemand het verseker groot geld gekry vir hierdie job.
Hierdie knaap lyk nogal na een van die drie “polisiemanne” wat die mense in Mei in die Vrystaat beroof het. Sien berig elders.
Hoeveel mense het hy nie al intussen dood gemaak of verkrag en beroof nie? Beslis was daar ‘n gekonkel met die polisie lede om hom te help ontsnap. Wat verwag ons in Suid Afrika! as die President kan weg kom met alles hoekom nie die res van die regering se werknemers nie?