Betogers maak amok in Mokopane

Mokopane se strate. Foto: SAPD

Mokopane se strate. Foto: SAPD

Verskeie strate om die munisipale kantore in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo moes Dinsdag vir verkeer gesluit word nadat munisipale werkers die paaie met rommel, voertuie en brandende bande versper het.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die werkers het glo ook die burgemeester en ʼn raadslid se huis beskadig. Die ontstoke betogers het na die munisipale kantoor opgeruk en openbareorde-polisiebeamptes moes van rubberkoeëls gebruik maak om die betogers te verdryf.

“Die munisipale kantore is gesluit en beamptes kan nie tans diens aan die publiek lewer nie,” het Otto gesê. Die werkers is glo ontevrede oor arbeidskwessies, waaronder salarisse.

Die polisie ondersoek twee sake van opsetlike saakbeskadiging. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die openbareorde-polisie monitor die situasie.

Motoriste wat gebruik maak van die R101 word aangeraai om die N1-snelweg te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Irene ·

Afgesaagde nuus wil dit glad nie meer he op nuus nie regering doen niks daaraan nie nou moet ons die gemors sien en lees

Mij ·

Ek wil beslis weet daarvan, en dit is belangrik om lie land te laat weet, maar ja dit is dieselfde storie, en dieselfde betogers gaan maar net weer vir dieselfde party stem.

Ek ·

Dan sê hulle Penny Sparrow is rassisties omdat sy sè hulle is morsig, wat is dit anders as vieslik morsig en vandalisme

Stev ·

Ek is geneig om met jou saam te stem. Toets die polisie, toets die infrastruktuur en toets die gemeenskap. Vat die resultate en wysig dan hulle planne tot al die stukke van die legkaart mooi in mekaar pas.

François ·

Ag tog, ou nuus. Mors vuil, ruim op & doen dit weer. Daar is ‘n ander woord vir hulle & dis definitief nié dié een wat Me Sparrow gebruik het nie!

Natasha ·

Pateties dis al wat ek as inwoner van die ou dorpie kan se. Dit is hulle mentaliteit, net jammer dat die hele gemeenskap daaronder moet ly. Hoekom word dit in die eerste plek toegelaat. Want die Polisie is slapgat.

Thinus Erasmus ·

Die gepeupel het gestem, die gepeupel kla hul stem word nie gehoor nie, ek dink die probleem le by die stem. Dit het toe nie die “Hemel op aarde” gebring nie!

Boetman ·

Nou weet ek nie meer nie. Hulle wil dan nie die Stem hoor nie! Maar hulle wil die Stem he om so te kan mors.

Wat-ek-lees ·

Dalk ‘n nuwe naam vir die dorp, nl. AMOKOPANE. Behoort goed te pas vir die amokmakers.

Dirk ·

Ai,waar is die dae toe ons nog ń wit regering gehad het,daar was glad nie sulke gemors nie en ons het nog lekker gelewe.Maar nou ja hulle sê nou dis hulle land en hulle kan maak soos hulle wil,wete dat hulle niks sal oorkom nie.Natasha ek stem saam met jou,die polisie is te slapgat of te bang of hulle sluit maar net aan by hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.