Beurtkrag: Dié dorpe binnekort geraak

Argieffoto

Talle dorpe in die Vrystaat se kragvoorsiening gaan binnekort weer vir tydelike periodes onderbreek word nadat ʼn vroeëre ooreenkoms met Eskom nie nagekom is nie.

Altesaam sewe munisipaliteite in dié provinsie gaan glo vanaf 27 September  hierdeur geraak word.

Dié munisipaliteite is Nala (Bothaville en Wesselsbron), Mantsopa (Ladybrand, Excelsior en Tweespruit), Nketoane (Reitz, Lindley en Petrus Steyn), Dihlabeng (Bethlehem, Paul Roux en Rosendal), Moqhaka (Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon), Tokologo (Boshof en Dealesville) en Masilonyana (Brandfort, Verkeerdevlei, Winburg en Theunissen).

Eskom waarsku inwoners en sakelui om sover moontlik voorsorg te tref om nie verliese te ly nie.

Veral Brandfort is gereeld in die nuus omdat daar ook geen water in die krane is nie, of as daar is, dit so vrot is dat dit mense siek maak.

Die feit dat die munisipaliteit nie geld het om chemikalieë te koop om in die water te gooi nie, speel gereeld ʼn rol. Vroeër vanjaar is ook berig dat boere self ingespring het om skade aan Brandfort se strate te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Eish ·

Kan n mens ordentlike kommentaar lewer op so n wanadministrasie van munisipale sake?

Casper ·

Bekommerde inwoner eks nou al ongeveer 6 maande in welkom en Virginia van my aankoms hier loop daar n drein oor by n verkeers sirkel naby stateway niks word daaromtrent gedoen nie help ASB dit kan cholera veroorsaak en in Virginia is 2 plekke wa pype gebars het en loop soos n rivier al af ini pad en niks word gedoen nie help ASB water is skaars en Groot water rekeninge word nie betaal nie hoe nou gemaak iemand moet ingryp

Eish ·

Dit, my liewe Casper, is al etlike jare die geval. Noodsaaklike instandhouding, vervanging en opgradering is 23 jaar agter. Seker goed 6 tot 8 jaar gelede is beraam dat die kostes vir vervanging van vrot pyperasies, wat is agv totale gebrek aan instandhouding, die stad R1miljard gaan kos. Dus, plan B is om reg te maak na baie lawaai waar dit breek. Die Woord se mos mooi vir ons moenie nuwe wyn in ou sakke gooi nie. Hier bly hul aanmekaar ou wyn in nog ouer sakke gooi, met die gevolg dat baie na aan niks uitgerig word nie. Kyk na jou plaaslike koerantjie, die Vista, hul probeer het geen keer, maar helaas, tevergeefs. Indien jy hier gaan bly, raak gewoond aan Masipaville se bestuur.

JanVanRiebeeck ·

Casper, maar kan jy nognie self ‘n pyp regmaak nie? In my tyd aan die Kaap het ons alles self gedoen…Afrika is rof jong, jy sal moet leer om dinge self te doen….geld kan nie als regmaak nie, veral nie as daar Guptas is wat die helfte steel nie.

Chris Beets ·

Vra vir liewe FW DE KLERK hy is eintlik die groot oorsaak van die gemors waar ons nou in lewe want hy het in reverse gedink nie trait gedink nie.

Cornel ·

My ouers woon in Kroonstad. Hulle het koopkrag waarom moet hulle en soveel ander gepenaliseer word….ai….

Ronel ·

Cornel. Dis maar hoe meeste mense voel wat of koopkrag het of hul munisipale krag op datum betaal.

JG ·

Ja-nee en so saam met die naams-veranderinge het al hierdie ander euwels ook gekom…

Hendrik ·

Dan moet die betalende inwoners groepeer, organiseer, komitee aanstel en gaan onderhandel. Is daar ‘n burgeregte organisasie betrokke? Dan kan die betalende groep mos beding, dringende hof interdik kry ens.

jaco ·

dis almal ANC-beheerde municipaliteite en die ANC-regering het ‘n beherende aandeel in ESKOM. So eintlik pas die ANC beurtkrag op die ANC toe. iewers maak iets nie sin nie.

Dafer ·

Is dit GLAD nie moontlik dat IEMAND kan ingryp om die wanbestuur reg te help nie?????????????

Chris Beets ·

Dafer jong jy moet maar met FW De Klerk die probleem bespreek miskien sal hy die saak oplos hulle se mos iemand wat in reverse dink kry als reg (RED)

A ·

Vergeet van die ongerief en koue bad en en en. Dink hoe gaan misdaad toeneem!

Liza101 ·

Ek bly self in ‘n relatief klein dorpie, maar gelukkig nie in die Vrystaat nie. Inwoners van dorpe moet ophou aanneem alles gaan reg verloop. Die regte wykskandidate moet gekies word en hierdie mens moet druk kan toepas op munisipaliteite om aandag te gee waar dit nodig is. Woon vergaderings by en vra bewyse dat Eskom betaal word, gaan alles 3 keer na en check dit weer ‘n keer! Ons het ‘n paar ystermanne en -vroue in ons dorpie op wie se knoppie jy kan druk en hulle plaas die druk weer op die munisipaliteit. Baie sterkte!

Matt ·

Besoek gerus Brandfort se munisipale kantore. Die kantore staan oop met geen siel daarin nie. Oral is die munisipaliteite in die skuld, maar die kaders kry massiewe salaris en MOET net die nuutste model voertuig ry en ken hulself enorme prestasie bonusse toe. Wonder wat Des Van Rooyen daarvan sal sê?

Amanda ·

ja, dit sien ons. En wat ek nie verstaan nie is dat hulle wegkom daarmee. Is daar nie iemand of iets wat beheer oor die munisipaliteite uitoefen nie…..seker maar net so korrup. Hele spul korrup maar jy moet maar net betaal en betaal.

Riaan ·

Selfbeskikking is die eenigste oplossing. As jy n land wil he wat werk kry mense wat n werkende land wil bou. Dis deesdae maklik om te sien wie breek af en wie bou op. Sterkte aan die mense in daai gebied.

Cherokee ·

Ek is jammer vir die mense wat tydens die referendum in 17 Maart 1992 ‘Nee’ gestem het en nou hul elektrisiteitsrekeninge stiptelik betaal maar tòg beurtkrag ervaar.

??? ·

Sorry vir spel foute as jy skatryk is kanjy van kragopwekkervgebruik maak hulle lag heerlik as almal so kla. Ek het met donkie water gebad en my kinders met chipgeyser warm water. Ek ons is nie vertrasg nie

snoepie ·

Wens net ons kan die tye kry van die beurtkrag. Dan kan n mens probeer beplan. Dalk vroër kos maak of betyds die gyzer aansit.

Gogga ·

Ek woon in dorpie waar 2 bejaarde mense doodgebrand het vroeër die winter in Mantsopa Mun. Dis absolute chaos wat hier heers-ons het party dae tot 36 uur GEEN water, dreine word nie gesuig en vullis word nie behoorlik verwyder nie.Maar die werkers van munisipaliteit lyk of hul meer en meer word! Nou moet beurtkrag net ingestel word- dis absolute chaos! Verder vreet beeste wat in ons strate wei alles op wat hul kan kry met geen wagter in sig nie. Ons is moedeloos!

Manie ·

Ek kry lekker tot in my kleintoontjie vir die sogenaamde nuwe SA wat bestaan danksy de klerk en sy trawante

Casper Labuschagne ·

Dis Afrika, dit moet so wees want dis hoe dit is in Afrika.

Ek is in Kroonstad, waar die munisipale bestuur absoluut onbevoeg is maar hoogs prysenwaardig is vanwee hul lojaliteite aan Ace Magashule en die Zuptas. Die beurtkrag ure word nie vermeld nie, maar ek sal raai die krag sal bedags afgeskakel word want besighede wat krag betaal, sal nie betoog en brand en plunder inteenstelling met die “meerderheid inwoners” wat snags krag gebruik en meestal nie betaal nie.

Casper Labuschagne ·

Schadefreude in die oortreffende trap. Terwyl ek self aftjop, maar ek het brandewyn, rugby en braaivleis om die simptome te verlig.

Chris Beets ·

Ai ai ai wat het FW DE KLERK aan ons gedoen met sy reverse dink wat sal gebeur as jy teen 120km/h in reverse ry ” daar gaan moeilikheid kom ” dis nou presies wat gebeur met ons oor FW De Klerk in reverse gedink het en nie vorentoe nie.

Kannaland ·

Alle liberale mense het ons mislei, hulle was toe heeltemal verkeerd. Ek hoop Europa en VSA leer by ons dat liberaal si8noniem is met vernietiging.

Chris Beets ·

Nee Manie ek sal se De Klerk en sy dissipels die Aaaannnnncccc’s.

Kannaland ·

Ek het my sakebedrywe in die Vrystaat gesluit as gevolg van die ANC se vernietiginde effek op die dorpe, en swart mense sit nou sonder werk as gevolg daarvan. Die ANC is direk betrokke by die vernietig swart lewens, ek hoop swart mense besef dit met die volgende verkiesing. Zuma-ANC is dieswart mense se heel grootste vyand en hulle moet dit weet.

Charmaine ·

As Eskom geld verduister en die Zuptas instop is alles reg….dink nie ek het nodig om verder iets te se nie dit spreek vanself!!

Toppie ·

Kry die mense jammer wat maandeliks stiptelik hulle rekenings betaal , maar nou ook moet lei onder wanbetallers en die munisipaliteit se onvermoe om hulle skuld te betaal aan Eskom. Raadslede het ook seker te lekker ge- eet met die hou van raadsvergaderings op die soustrein. Inwoners moet poog om deur watertanke te koop en water op te gaar en te suiwer vir huishoudelike gebruik en maniere te kry van selfkragvoorsienig om onafhanklik te raa k van die munisipaliteite

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.