BLF wil hê FNB4 moet weer aangestel word

BLF-lede het Maandag na FNB opgeruk (11 September 2017) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Andile Mngxitama se Black First Land First (BLF)-beweging het Maandag na die hoofkantoor van FNB opgeruk in ʼn poging om die bank oor te haal om weer vier werknemers aan te stel wat afgedank is nadat hulle politiek op hul werk se sosialemediakanale en in professionele e-posse bespreek het.

Ongeveer 100 BLF-lede het Maandag, onder die polisie se wakende oog, by Gandhi-plein in die Johannesburgse middestad bymekaargekom om na FNB Bank City op te ruk ná ʼn onsuksesvolle vergadering met FNB se uitvoerende hoof, Jacques Celliers.

Siphesihle Jele, Simon Masimula, Sipho Coke en Xolani Nkosi is verlede maand afgedank vir “politieke praatjies en beledigende taalgebruik” nadat die bank verlede jaar vir ʼn paar maande lank hul professionele e-posse en WhatsApp-groepgesprekke gemonitor het.

Hulle het as premium bankiers by FNB in Inanda, Sandton, gewerk.

Die voormalige werknemers glo hulle is onregverdig afgedank en voer aan hulle het hul reg tot vryheid van spraak en reg tot privaatheid uitgeoefen.

Thandiswa Yaphi, algemene sekretaris van BLF, het Celliers daarvan beskuldig dat hy nie swart mense respekteer nie en dat hy ʼn “regimeveranderingsagent” is en gesê die werknemers is afgedank omdat hulle transformasiekwessies by die bank aangeroer het.

Volgens Yaphi het die BLF gesprekke gehad met die vier voormalige werknemers en hulle het ʼn prokureur gekry sodat die saak hof toe kan gaan.

“Celliers respekteer nie swart mense nie. Ons weet Celliers ondersteun ʼn staatsgreep teen pres. [Jacob] Zuma en hy is ʼn regimeveranderingsagent omdat hy Save SA gefinansier het omdat hy die president van Suid-Afrika wou verwyder, al is hy wettig verkies,” het Yaphi gesê.

“Ons sê dat FNB en die bankbedryf getransformeer moet word, want swart mense is ʼn meerderheid. Ons wil nie posisies beklee nie, ons wil die banke besit. Ons wil hê die banke moet aan die regering behoort.”

BLF het twee weke gelede ʼn brief geskryf aan Celliers en ʼn dringende vergadering versoek om ʼn oplossing te vind vir die vier afgedankte werknemers.

Privaat veiligheidsbeamptes en ʼn swaar polisieteenwoordigheid het egter die party ingewag toe hulle in daardie week na die bank opgeruk het en aangesê is dat Celliers nie by die hoofkantoor is nie.

Dis nie duidelik of BLF Maandag met Celliers kon vergader nie.

FNB wou nie kommentaar lewer oor die besonderhede rondom die afdanking van die werknemers nie en gesê hy kan nie in gesprek tree met derde partye oor dié saak nie, weens die “vertroulike aard van interne prosesse”.

“Die bank bevestig dat die saak ʼn deeglike en streng interne dissiplinêre en KVBA-proses gevolg het en dit is byna ʼn jaar gelede afgehandel. Die proses is vertroulik om die regte van die bank en die betrokke individue te beskerm,” het FNB per e-pos gesê. “FNB benadruk dat hy elke werknemer se konstitusionele regte tot privaatheid en vryheid van assosiasie respekteer en ontken die bewering dat privaat kommunikasie gemonitor is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ruben ·

Hoekom volg joernaliste die mense hou op hulle in die nuus sit dan verdwyn die goed

Manie ·

Ek sal baie graag wil weet wie sit met die geld agter die blf. Hulle is opregte rassiste

Luke ·

Irene. Die naam beskrywing staan in die berig. Black first land first. Jy is welkom om dit te google. Jy sal na baie berigte gelei word en al die argumente sien wat die organisasie aanvoer. As jy gelukkig is sal jy ook die naam Bell Pottinger raak lees in van hierdie berigte.

Boerseun ·

As die skoen pas. Verstaan nie hoe liberale dink mens kan nog redeneer nie.

msp ·

Hoe meer aandag die media hulle gee hoe erger sal hulle aangaan. Vat die kollig weg van hulle en die eff en gulle sal stil verdwyn. Aandag gee is soos petrol op die vuur. Hiwrdie tiepe nuus is al uiters vervelig.

Vryheid ·

Hier is weer n voorbeeld van die media wat petrol by die vuur voeg vir n klein onbelangrikke gebeurtenis net om reaksie uit te lok. Die blf gebruik die gratis “exposure” tot hul voordeel.

Ja Wat ·

Selfde met julius se graad…hoekom moet dit die nuus maak..

Frik ·

Baie dankie FNB dat julle sterk staan en dieselfde norme en standaarde handhaaf tov alle rasse…dankie mnr Celliers dat jy ook nie met die groep in gesprek wou tree nie want BLF wil net hê wat ander opgebou het en in hul self kan hul niks positiefs bereik.

De Villiers ·

BLF dink niks anders, en is nie anders, as die meeste lande in Afrika se benadering nie. Uit hul eie het hulle nog niks geskep nie, maar wil alles wat deur die blankes daargestel is, soos die banke, kaap en vir hulle self toeëien, asof dit hulle toekom. As hulle dan so besorg is oor die bestaande organisasies wat hulle wil kaap, waarom skep hulle nie hul eie een nie, en doen daarmee wat hulle wil, maar los ander sin uit. Omtrent alles wat hulle geërf het na 1994, het in duie gestort.

Wouter ·

Moenie weer aanstel nie Hulle behoort genoeg opleiding te he om te weet hulle moet hulle plek Ken Geen politiek op werkgewer webwerwe

G ·

Haha, die regering moet die banke besit? En hulle dink hul geld gaan dan veilig wees? Daar is nie pille nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.