Boer beseer in wegholbrand

Vrywilligers help op een van die plase waar die brand was. Foto: ER24

Vrywilligers help op een van die plase waar die brand was. Foto: ER24

ʼn 56-jarige boer is Woensdagmiddag in ʼn wegholveldbrand op ʼn plaas buite Newcastle in KwaZulu-Natal beseer.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die veldbrand het op twee plase gewoed toe paramedici omstreeks 13:00 daarheen ontbied is.

“Die brand is deur sterk winde aangeblaas. Paramedici het weens beperkte hulpbronne ingespring en gehelp om die brand in bedwang te bring. Omliggende boere en lede van die Newcastle-gemeenskapspolisiëringsforum het ook kom help,” het Vermaak gesê.

Die boer is op die toneel behandel vir matige brandwonde aan sy gesig en hande. Hy is na die Mediclinic Newcastle geneem vir verdere behandeling.

Die brand is later in bedwang gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AG ·

Hi Maroela Media waar is julle nuus aangaande die verkiesings uitslag!!!!!!!

Wat-ek-lees ·

Dit lyk asof die vrywilliger op die kant van die vuur is alhoewel hy aan die voorkant is wat nog moet brand met die wind in sy guns en weg van hom af. Wees net versigtig dat die ‘dooie’ gedeelte nie weer ‘opstaan’, die wind 180º draai, want dan is daar GROOT MARAKAS met jou want jy sal maklik vasgekeer word.
Sterkte aan die boer wat alles in sy vermoë gedoen het om sy weiding en besittings te red.
Dit is alweer tyd vir vure en snaaks genoeg gebeur dit net op dae wanneer die wind sterk waai. Dit laat mens wonder né?

Hendrik ·

Ek sien ouens wat veldbrande gaan beveg sonder ordentlike klere. Jy kan nie veldbrande beveg in ‘n kortbroek, tekkies en t hemp nie. Dit is hoekom ouens verbrand.

Penellope Jones ·

Dalk is klere die laaste ding waaraan mense dink as brand jou of jou buurman bedreig en daar beperkte hulpbronne is? Immers het hulle gaan help anders was daar dalk lewensverlies en groter skade as wat daar reeds is.

Theresa ·

Eerste handse inligting: Jy kan nie vir ‘n veldbrand gou gaan reg aantrek nie. Daar is soms nie eers tyd om als bymekaar te kry vir die veg vir weiding en lewens nie. Dis nie voorbrand wat gemaak was, sodat die man kon reg aantrek en als beplan nie. Met veld wat wyd brand terwyl die wind dit aanstoot, is dit altyd genade dat mense lewend daar weg en uit kom.
Een van die minder lekker tye in enige boer se lewe.

Hendrik ·

Jammer ek stem nie saam nie oor die klere is die laaste ding waaraan jy dink. Dit is juis die eerste ding waaraan jy dink. Klere wat moet gereed le en wag vir jou. Ek weet want ek het al baie veldbrande bestry en weet hoe gevaarlik dit kan wees. Die boer se spuitkanne en klere moet reg le hierdie tyd van die jaar. Baie huisgesinne se pa’s het al so doodgebrand.

Liza ·

Mens beplan nie vir ‘n weghol brand nie! Jy hardloop om te gaan help met die klere wat jy aan het! Daar is nie tyd vir gin en gaap nie! Ek het as jong meisie uit gespring en drade gaan knip sodat perde vat vasgekeer was kon uit, my pa het op die bult vir my gekyk, ek het vreeslik raas gekry toe ons uiteindelik terug was by die huis. Maar mens dink nie aan jouself as diere besig is om dood te brand nie, jy doen net! Sterkte aan boere oral oor!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.