Boer kritiek ná fratsongeluk op plaas

Argieffoto (Foto: AfriForum)

ʼn Boer van Delmas in Mpumalanga, vermoedelik in sy 40’s, is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas nadat sy been in ʼn fratsongeluk in ʼn stroper vasgevang is.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het van die boer se plaaswerkers daarin geslaag om sy been van die stroper te bevry en hom toe na ʼn nabye kliniek geneem.

Meiring sê ER24-nooddienste is ontbied weens die omvang van die besering.

“Hy het ʼn baie ernstige besering aan sy been opgedoen en was by die aankoms van die nooddienste in ʼn kritieke toestand. Die man is dadelik behandel met lewensondersteuningsmiddels en is na die Life Glynwood-hospitaal geneem vir dringende behandeling,” sê Meiring.

Volgens Meiring was die boer besig om die stroper skoon te maak toe sy been skielik in die stroper masjien beland het.

Hy sê ʼn ondersoek na die voorval sal van stapel gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dankie ·

Dankie aan/vir lojale plaaswerkers en vinnige herstel vir die boer.

Johan. H. ·

Asof ons boere nie minder word nie,, Pas julle self asb op. Ons is al klaar sekuriteits beampte in ons eie huise. Baie sterkte. kan nie nog oor julle bekommerd wees nie, Dankie wir jou werkers ook!

Ander Annie ·

Baie dankie aan die plaaswerkers vir hulle vinnige optrede. Ons hoop die jong Boer herstel volkome.

Koos ·

Plaas asb. korrekte foto van n stroper sodat ons stadsjapies moet weet hou n stroper lyk.

Gert ·

Maar hoe moet sondagpersoneel ook noodwendig weet hoe lyk ‘n stroper. Dit is daai GROOT trekkeragtige ding wat lyk of gatkant voor ry met die groot haaitande. Hier by ons het ‘n werker in die tande beland en het hulle vir ure gesukkel om hom met gas vlamme los te sny. Uiters gevaarlike masjien.

Daan Erasmus ·

Geen wonder dit was ‘n ongeluk van epidermiese proporsies nie. As ek na die foto van daai gevaarlike stroper kyk.

Sputnik ·

Ek dink John ontwerp stropers, maar op ‘n ander planeet. Hy was maar net toevallig hier.

Nettie ·

Daai foto (hoewel ‘n argief foto) lyk vir my meer na ‘n ploeg/spuitmasjien. ‘n Stroper is mos daai groot goed met die lang “arm” wat koring en mielies stroop, waar die koring/mielies dan in ‘n straal tot in ‘n opvangbank val? Ek is regtig ‘n groentjie ……

Ria ·

‘n Stroper is die masjien wat die draaiende tande voor het, om die mielie te sny en die pitte van die stronk te verwyder en dan deurstuur na sy opgaar bak toe.

Annie ·

My tyd – gaan die berig oor die arme boer of oor hoe ‘n stroper veronderstel is om te lyk?? Julle mis die punt ouens. Regtig…

Theresa ·

BAIE sterkte aan die boer! Wat ‘n vreeslikheid om deur te maak. Hoop sy been kan herstel en dat hy trauma hulp aangebied word vir hierdie besering – nie iets wat enige mens wil deurmaak nie. Dis wonderlik dat sy werkers hom gehelp het.

Terugvoer asb ·

Maroela, doen asb n opvolgberig, sal graag wil weet hoe dit nou met die boer gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.