Boer vas ná ‘aanvaller’ sterf

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn 51-jarige boer van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy Vrydag na bewering ʼn man uit selfverdediging met ʼn mes doodgesteek het.

Albert Gryvenstein, die operasionele bestuurder van Bossies Community Justice, het Saterdag aan Maroela Media gesê die boer, wie se naam nie genoem mag word voordat hy in die hof verskyn het nie, is Vrydagoggend glo op ʼn grondpad aangeval.

“Hy het op die pad tussen Heidel-vallei en Rocky Drift gery toe ʼn jong man, vermoedelik ʼn sluipslaper, sy voertuig met ʼn klip gegooi het. Hy het stilgehou om na die skade aan die voertuig te kyk toe die man glo handgemeen begin raak het,” het Gryvenstein gesê.

Die man het na bewering ʼn klip opgetel en wou die boer daarmee aanval, waarna die boer hom met ʼn mes gesteek het.

“Die boer het daarna my kollega geskakel om te sê daar was ʼn voorval en om ʼn ambulans te ontbied. Die man het nog gelewe toe die nooddienste en lede van die gemeenskap daar opgedaag het, maar is kort daarna dood.”

Die boer is daarna deur die Witrivier-polisie in hegtenis geneem. Pogings om hom op borgtog vrygelaat te kry, was vrugteloos. Hy bly in aanhouding totdat hy na verwagting Maandag in die landdroshof moet verskyn.

Gryvenstein het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om kalm te bly en die reg geleentheid te gee om sy gang te gaan.

“Die boer en sy prokureurs verstaan die wetlike situasie en gee hul samewerking,” het Gryvenstein bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Manny ·

Nou hoe werk dit. Dis mos nie reg nie, hier word n jong dame geskiet en meneer is nie toegesluit nie. Maar daai boer het homself verdedig en hy word toegesluit. Dubbel standaarde …….

Tiger ·

Hierdie “wetlike” situasie waar die boer vir die naweek agter tralies moet sit terwyl HY aangeval was is verregaande.

Ellisras ·

Ek verstaan ook die situasie. Die boer is WIT. Die “slagoffer” is SWART. Die polisieman is SWART. Ek verstaan die situasie.

Wilna ·

Ek stem saam met jou. Daar sit die doodskis paar in tronk asook baie ander gevalle. Daar is duisende plaass moorde gepleeg maar is daar duisende gearresteer????? NEE!!!! WANT HULLE IS NIE WIT NIE!!!

Ronell ·

Jammer vir die boer en sy familie. Die strafproseswet maak voorsiening daarvoor dat jy jou lewe en eiendom mag beskerm, maar ongelukkig is dit nie meer van toepassing op wit mense nie. Ek vertrou die boer se regspan sal hom ten minste in die hof op borg kan kry. Gelukkig is die howe (regters/landdroste) nie so onkundig en wraaksugtig nie en kan die wet reg toepas

Belastingboikot ·

Dit is totale menseregteskending, ons mag nie eers meer onsself verdedig nie en dit regverdig n belastingboikot

Lin ·

Mens kan nie belasting boikot nie. Meeste mense sin word derek van hulle selarise afgetrek en di wat nie doen nie kan tronk straf kry en al jou goed verloor sal nie baie wys wees nie.

HPV ·

Lees ook die berig ”vrou voor verloofde geskiet” waarna die aanvaller laat gaan is. Nou word gevra ons moet kalm bly sodat en die reg sy gang kan gaan Sodat nog dubbel standaarde toegepas kan word! Die boer se reg tot borgtog misken kan word. Goed ons bly kalm sodat die reg sy eensydige gang kan gaan.

Tersia ·

Kom ons gaan Maandag Witrivier toe en betoog ook met plakate soos ons nou al gesien het op TV. Hoogtyd ons doen ook so.

Mike ·

Stem saam met jou HPV dubbel standaarde op sy beste in SA. Help nie om te kla nie want waar kla jy.

wollie ·

Hier is iemand dood, bietjie anders as die ander sake wat hier opgehaal word.

Pieter ·

Die ou wat sy sleutels ingehandig het was die aggressor en het sekerlik vir moeilikheid gesoek en genadiglik gevind. Die slagoffer het homself heeltemal wettiglik verdedig en die aggressor het presies gekry waarvoor hy gesoek het, so Wollie hoekom nou sleg voel oor hy nie meer lewe nie.

wollie ·

Jy mag nie meer geweld gebruik as wat nodig is om die aanval af te weer nie (en lewenbedreigend in die geval). Of dit geregverdig was om die aanvaller dood te maak in hierdie spesifieke geval, sal deur die hof beslis moet word.

Hanna ·

En die man wat die jong dame sonder huiwering in Montana, Pta geskiet het spandeer nie n dag agter tralies nie… Maar die boer en die KFC-manne word sumier toegesluit? Kom aan, dis mos absurd!

Bruno Stef ·

Wat is nou die verskil tussen die jong dame van Pretoria wat “Point Blank” deur die weermag se motorbestuurder geskiet is en die boer wat vir sy oorlewing moes veg .Die polisie optrede moet konsekwent wees of het elke polisie stasie sy eie wette om na goeddunke uit te voer.

Boswyk ·

Die minister van Sportspolisie het gister gese die wet verskil soms .

Eps ·

Die gemors in ons land word aangeblaas deur die media wat polities korrek probeer wees en hoop die massas sal koerante koop. Dit is die gemoes wat popularisme vir mens bring. Mense verstaan ook nie dat alles ook gebeur omdat indiensname hang van jou velkleur af en nie jou IK en geleerdheid nie.

Blits ·

1. As swart man homself teen n wit man verdedig en die wit man gaan dood word die swart man nie toe gesluit nie.
2. As n wit man hom teen swart man verdedig en die swart man word gaan dood word die wit man toe gesluit.
3. As n wit man n swart man slaan word die wit man toe gesluit.
4. As die swart man 2 vrouens slaan dan word hy nie toe gesluit nie maar loop rond.
5. As n wit mens n swart mens vloek of beledig kry hy/sy boete.
6. As n swart man (BLF) n wit vrou vloek dat die se ha nie kan afwas nie dan kom hy niks oor nie.
7. As n swart man rassistiese uitlaatings maak gebeur niks met hulle nie.
8. As n wit mens rassistiese uitlaatings maak dan verloor hy sy werk en gaan tronk toe of word beboed.
9. As n wit mens n swart mens dood maak en kry borg, dan moet hy groot bedrag betaal.
10. As n swarrt man n wit mens dood maak dan kry hy borg van R500.00
11. As 4 taxi drivers n wit man half dood slaan met n baksteen en dit nog voor M Polisie dan hoor jy niks daarvan nie.
12. As 6 wit mense een man en vrou aanrand en daar geen bloed of merke nie dan is dit poging tot moord en rig van vuurwapen, en jy hoor elke dag daarvan.
SAL SIEN OF MAROELA MEDIA DIE GAAN PLAAS, GLO NIE WANT DIS FUITE EN NIE SENSASIE SOEK NIE.

Dinkmaarnet ·

Blits, jy slaan die spuiker op sy kop. En belowe jou as ons sou Witrivier toe gaan om te betoog en dalk n plek plunder om HULLE voorbeeld te volg word ons almal semier toegeslyt, maar hulle loop altyd net skotfry daarvan.

Marthinus ·

Blitz, jys doodreg…nou moet die witmense bietjie saamstaan jong . Waar in jou lewe het jy dit gesien. Die Mbulula het nie verniet polisie toe geskuif nie…hy is die grootste rasis.

Leahim ·

Heeltemal reg blits en dit is jammer die Da (Randall )en solidariteit Flip Buys is nou so stil ek gaan maandag eerste ding my klein donasie wat ek elke maand maak aan solidariteit stop.

semaarnet ·

Of die advokaat is nie lus om die saak verder te neem nie en skraap die saak.

antonie ·

dit is n feit!: Dit is moeilik om in Afrika te bly! – ek sal bly wees as solidariteit baie dringend aandag skenk aan die voorval, ek maak n baie klein donasie, miskien het hulle dit nie nodig nie?

Ellisras ·

Moet asb nie jou hoop op Afriforum en of Solidariteit plaas nie. Hul praat net groot. Die organisasie OUTA is mense wat iets DOEN. Hul werk nou nie met buret regte nie. Maar hul DOEN dinge op hul gebied.

Suzette ·

Presies soos jy se Blits en almal weet en besef dit!!!!!!

Swartkat ·

Het die boer nie geweet hy is wit en mag nie iemand met ‘n mes sterk nie, oumaat sterkte maar jy gaan wens jy het nie gestop nie.

EKKE ·

Familie van hierdie boer. Soek julle n ordentlike regsverteenwoordiger?? Ek ken n uitstekende een wat hoë profiel sake al gehad het!!!

Annette Stander ·

Die aanvaller is alweer die “onskuldige slagoffer”. Dit is mos sy reg om die wit boer aan te val. Hier kom alweer brande, toi toi, plundering en verwoesting!

Mielie ·

Dis duidelik dat daar 2 stelle wette is. Een vir blankes en die ander vir die res van die land. Ongelukkig is die stel vir blankes nie aan ons bekend nie en blykbaar n geheim wat deur wetstoepassers aangepas soos hulle goeddink.

buks ·

Gerrie sal help want hy is baie goed en hy is aan die goeie mense se kand.

marous ·

Sal goed wees as MM publiseer welke sake hy namens Afriforum begin het.

Ellisras ·

Huh. Watter Gerrie. Die een wat ek van weet trek al maande ‘n goeie salaris. En het nog NIKS sigbaar gedoen nie. Regstelling hy was al ‘n paar keer op TV

Danie ·

Gerrie is NIE n verdedigings prokureur nie. Maar n PRIVATE VERVOLGER. Daar is n reuse verskil tussen die twee

Gogga ·

Ek stem 100% saam met jou Mielie! Ons blankes sal ALTYD verkeerd wees

brt vd merwe ·

Wat help dit om hier te baklei en te raas? Vra eerder kommentaar op hierdie en soortgelyke diskriminasie teen wittes van Pik Botha, FW deKlerk en Roelf Meyer wie se wigte en teewigte bitter min indien enige regte van witmense waarborg. Wat daarvan Roelf gaan spreek sy pel Cyril en se hy wil die land terug he . . .

Gatvol ·

Ek het raad…….as jy blank is, verdedig jouself, kontak niemand en gaan huistoe….

dovaz ·

Stem saam. Maak soos a hond, drup op dit, skop sand oor en loop weg

Sê maar net ·

100% in die kol. Verdedig jouself en gaan huis toe. As jy jou by die huis verdedig – bel jou regspan

Drikus ·

Wat is daar om te verstaan. Waar is Witrivier polisie se gesonde diskresie? Selfverdediging, of wat?

FM ·

Moet nie moed opgee nie. Hulle wil die boer verneder in die tronk tussen skelms. Dis sleg, maar ondersteun asb die boer. Ons moet mekaar ondersteun. Afriforum help asb.Ek is n Afriforumlid en vra asb mense om aan te sluit. Ons moet uit een mond praat. Hou aan om aan te hou!!!!

Danie ·

Absoluut. Afriforum is ons enigste hoop. Sterkte in getalle

Wat!!!! ·

Wat! Die moet stop. Kom beplan n optog na die hof vir hierdie boer. Ons stem moet dik gemaak word dat daar is twee kante van n snytjie brood. Die wet botter hom soos dit hom pas. Ons almal is SS Burgers swart, wit, briuin ens. Hoekom word die misdadiger beskerm.? Sies julle wetelose SAP. As dit anders om was sou julle tien teen een rede gesoek het om nie hom toe te sluit nie en sou sê, daar is nog geen inhegtenisneming gemaak nie en die saak word ondersoek. Ons raak nou siek hiervoor.

Swartkat ·

In Witrivier, net soos in die res van die land dink die polisie nie, hulle kyk net na kleur en sluit alles wat na wit lyk toe. Alles wat na wit lyk kan ook maar vermoor en aangeval word dit is maar deel van die land se statistiek en ok.

cecilia van staden ·

Ja dit is nou n wit mens maar nie n swart mens ,die wit man kan niks doen nie maar die swartman kan alles doen , dit is net so kry jy n verkeers boete hulle kom weg met moord hulle kan ons boere dood maak en kom daarmee weg my hart gaan uit vir die boer staan vas ons land se wit mense moet saam staan en BID DIE HERE SAL ONS NIE LOS IN ONS ELENDE NIE

Nita ·

Ek wag nou net vir daai getuie wat skielik gaan opdaag en met video en al bewys dat die arme slagoffer nie n voet verkeerd gesit het nie. Die moordadige boer was sommer net lus om iemand met n mes dood te steek.

Willem Bronkhorst ·

Maar die weermag an wat ‘n jong blanke vrou tromop geskiet het is op waarskuwing vrygelaat! Is daar nog enigeen met verstand in hierdie land wat NIE kan sien wat oop en bloot hier afspeel nie? ENIGEEN!!!!

Ockie ·

Die man word toegesluit want hy is wit maar wat van die weermag lid wat n wit vrou koëlbloedig skiet en dit op kamera. Hy word slegs op waarskuwing vrygelaat want hy is nie wit nie.

Chrisjan ·

As lid van AfriForum,versoek ek julle om daai boer in Witrivier te gaan help.Jul reaksie sal bepaal of ek lid gaan bly of nie.Die polisie daar moet aangekla word van rassisme.

Danie ·

Stadig nou. Ek is seker Afriforum sal optree as dit nodig is. Intussen kan die boer se prokureur hom verteenwoordig. Afriforum het al male sonder tal namens boere opgetree om grondbesetting te verhoed. Ons het regtg vir Afriforum nodig. Ons kan nie sonder hulle nie. Hoe meer lede hulle het, hoe meer kan hulle doen

Catryn ·

So as ek langs pad stop as my voertuig beskadig word met klippe mag ek myself nie verdedig as ek aangeval word met klippe of pangas nie
Duidelik het die liberaal verligte ruiterwag 2 verskillende regswette aan regsbank gegee in 1994 waarmee ons blankes verder gemelk word … nes die kfc en doodskis gevalle

Steenkool ·

Hierdie arme ou het een fout gemaak. Hy het die nooddienste gebel ipv net aan te ry nadat hy die klipgooier uitgesort het.

Della ·

Tipies…ons moet staan om gemartel en vermoor te word – die Staat en SAPD is nie juis vreeslik suksesvol om misdaad onder beheer te bring en te stop nie. Moet ons maar stilstaan en dat ons kinders en gesinne uitgemoor word terwyl die staat meer geld en tyd spandeer om die “boer” te vervolg as wat hulle die eintlike moordenaars vervolg – ek sien glad nie dat hulle al enige daadwerklike oplossing het nie en neem misdaad toe instede van af…as my lewe of die van my gesin bedreig word sal ek reg in eie hande neem. Hierdie land met sy regstelsel doen tog niks om ons te beskerm nie.

Ben ·

Hy moet sit mar die weermag man wat die vrou geskiet het is vrye voet hy dink hy word aangeval en skiet. Die boer word aangeval en moet om self met n mes verdedig hy sit soms wens ek mens kon n krag woordjie in werk sonder om afgeskop te word

joe ·

mense ons slaap. ons moet begin voorberei. Siener het alles voorspel en ons is te blind om terug te draai as volk na die Vader. Ons het n’ gelofte gemaak in 1838 wat ons nie hou nie. Ons aanvaar ander Godsdienstige tempels as reg in ons vaderland maar ons verwag die Vader moet ons beskerm. word wakker mense en besef dat ons begeerte aan materiele dinge ons net verder weg vanGod dryf

Eish ·

Met respek aan Siener en Joe. Die Woord maan juis dat ons versigtig moet wees om n gelofte aan die Almagtige te maak want Hy is in die hemel en ons op die aarde. Laat jul woorde daarom min wees. Ek distansieer my met respek, daarom van die gelofte.

Dirk ·

Baie bly daar is darem polisiemanne en prokureurs en regters daarbuite. Almal se kommentaar hierbo dui op absolute onkunde.

Elke voorval daar buite het sy eie unieke stel feite waarop ‘n diskresie uitgeoefen moet word. Julle vaal want in al die aangehaalde voorvalle het julle net die verslaggewer se feite. Dit is duidelik baie beperk in die geval van die berig.

Maroele se politieke dans is een van neutraliteit. Nognooit ‘n berig gesien wat standpunt in neem nie. So waarom die geblaas?

Danie ·

Dis waar , die feite sal in die hof uitkom, maar daar is wel dubbele standaarde en 2 stelle reels vir wit en swart. Het jy dit nog nooit agter gekom nie ?

Blits ·

Dirk, ek dink jy moet weer al die berigte gaan lees oor elke saak van wit teen swart en swart teen wit, lyk my jy hou nie meer tret nie en jy mis die ding ver vandag, dit gaan nie oor soos jy dit gestel het oor die geblaas van skere dine nie maar meer oor die feit dat ons regstelsel n klug is, die groot rede hoekom ons dit sê is die eensuidige aanval teen witmense en swart mense wat n walk in the park kry as hulle moord pleeg of aanrand, die weegskaal weeg ligter in die swartmens se kant en die witte chop vieslik af, die volle ma van n vervalle regstelsel deur korrupte polisie mag en n minister wat geen ondervinding het van enige wetstoepassing nie en dan n vervolgings gesag wat ook in die Gupta en Zuma sak is.
Die wit mense trek aan die kortste end en geen genade nie, geen hulp deur die polisie of regering vir ons boere of witmense in die algemeen nie.

Sal sen of maroela de gaan plaas

Ouman ·

SAPS is net so korrup en onbevoeg soos Zuma en sy bende. Het geen tyd of respek vir SAPS oor nie. Sleg, misdadig, ongedissiplineerd, korrup, onbevoeg en nikswerd is woorde wat indieselfde sin as SAPS gebruik moet word.

Piet Viljoen ·

Dis waar, as jy ry teen 120km/uur en 1kg klip tref jou is dit soos ‘n projektiel uit ‘n kanon. Dit maak dood as dit jou tref. Skade aan jou kar as dit jou kar tref. Dis poging tot moord, saakbeskadiging, en en en. Nog NOOIT is enige proteslid so aangekla of gevonnis nie. Een minder, werk vir my ook.

Danie ·

Dit is die beste wat ons kan doen. Sterkte in getalle. Almal behoort by Afriforum aan te sluit. Amper 200 000 lede. Hulle het meer lede nodig

Wendy Stols ·

En waarom is al die plaasaanvallers wat al hoeveel boere en hul families vermoor het nie toegesluit nie? Waarom die een boer wat homself verdedig het en die waarheid gepraat het. Swak man!

w ·

FW en sy gespuis het miljoene. Kan maklik emigreer en ons ander moet ma agterbly en di k vat

wollie ·

Wees kwaad vir jou apartheidsargitekte dis hulle wat jou in die gemors laat beland het in die eerste plek. Maar i.p.v daarvan blameer julle die mense wat die gemors probeer regmaak het toe die land ‘n kookpot geword het.

Danie ·

FW het nog nooit die land verlaat nie, en wat as hy oorlog verklaar het ? Sou dit n oplossing wees ?

Meatloaf ·

Ek het elke kommentaar gelees. Dit het tyd geneem, maar ek het. 97% wat ek gelees het, beskryf een vers. Ons alger was of daar tydens die voorval, of ons almal het n vidio gesien begind en einde. Maar raai, 97% was nie daar, en niemand het nog n vidio gesien. So wat se dit vir my. Eensydige haat, haat en nogmaals haat.

Danie ·

Jy was ook nie daar nie. Jy weet ook nie wat gebeur het nie

Coenraad ·

Die feit dat die man ‘n boer is het tog boggerol met die berig te doen?

Uncle P ·

Afriforum .. Julle bêl my mos altyd vir nog geld,, Help die man dan kan ons praat

Oom Kosie ·

Die boere en gemeenskap en AfriForum moet asb die beskuldigde se veiligheid in die tronk monitor. As hy saam met ander misdadigers opgesluit is, is dit lewensgevaarlik vir hom. Hulle moet dringend aandring op n aparte sel net vir hom. Tree dadelik op asb. Betoog nou totdat hy in aparte sel is. Moenie wag vir Maandag.
Ek stel voor 50 jong fris Afrikaners maak aanklagtes van aanranding teen mekaar sodat hulle ook in die selle kan beland om “ons 51 jarige middeljarige boer” op te pas. Hierdie omie is ons almal se omie.
Onbeskryflike dade is al teen onskuldige Afrikaners gepleeg in tronke.

Skepties ·

Ja, wat sal n mens nou sè van ons sogenaamde regstelsel. In sy hel in!!!!

wollie ·

As jy op ‘n Vrydag in hegtenis geneem word, gaan jy heel waarskynlik in die polisieselle bly tot eerste hofverskyning wat eers die Maandag gaan wees (en wanneer jy kan aansoek doen om borg). Tensy dit ‘n geringe oortreding is en jy polisieborg kry.

Gert ·

Wette waarvoor daar JA gestem is Wollie. Waarom apartheidsargitekte blameer?

wollie ·

Dit is so oud soos die berge. As jy op ‘n Vrydag in hegtenis geneem word dan sit jy in die tronkselle tot minstens die Maandag wanneer jy voor die hof verskyn, dis nie iets nuuts nie (tensy jy polisieborg kan kry vir iets gerings). Boonop kan die polisie jou geduende die week 48 uur agter tralies hou voor jy voor ‘n hof moet verskyn. Dis nie nuwe wette nie.

Meatloaf ·

Wat ek se Drikus, die verhouding tussen die sogenoemde “reenboognasie” word dalk, en dalk deur die Regering met opset geskep vir eie gewin. Dit sal nie die eerste maal in geskiedenis wees as dit wel die geval is nie. In vele lande, veral Afrika was dit al suksesvol toegepas, en kyk wat het gebeur. Miljoene en nogmaals miljoene lewens was verwoes Wereldwyd deur n enkele diktator en sy volgelinge. Stook haat tussen groepe, en siedaar, volksmoord wat haarfyn beplan was.

Magda ·

Dit is my boetie se dogter se man… ?? Bid asb vir haar …

Deon ·

Die blankes se menseregte word so verkrag, en nie Solidariteit, Afriforum, DA wend hul tot die werelds menseregte komissie sodat die Suid Afrikaanse Regering Internasionaal voor n Internasionale hof verantwoording kan gaan doen vir wat in ons land aangaan nie.

Ons lees daagliks van skending van die blanke se menseregte, en wat word daaraan gedoen….?

Nog moeilikheid ·

Ek hoor daar is nou moeilikheid op majakaneng naby brits omdat n boer n lemoendief doodgeskiet het. Die storm gaan die SA media seker more tref.

Mel ·

Ek verstaan dit nie!! Help my., want ek verstaan dit nie!!!!!!!
Hierdie man word aangerand – dan steek hy uit self-verdediging……

In ‘n ander berig lees ek van ‘n man wat trompop ‘n vrou in die bors skiet – en hy is op vrye voet!

Ek probeer regtig positief bly – ek probeer regtig nie oproerig voel oor alles wat gebeur nie. EK probeer regtig hard om nie kleur te sien nie – maar ons LAND vernietig dit vir ons!!!
Ons tekort aan regverdigheid vernietig dit vir ons…….

Red ons land!!!!

msp ·

All Lowvelders must feel sad about this incident because it means you will be arrested and jailed if you try to protect yourself or your family. True South Africans have no right to protect them self any more. I AM REALLY ASKING THE GUYS WHO LOCKED THE FARMER UP WHAT MUST WE DO IF WE GET ATTACHED BY A CRIMINAL? WE REALLY NEED TO KNOW BEFORE WE ALSO DO IT WRONG…

msp ·

Ek is persoonlik baie bekommerd en ook verward. Wat staan my te doen as ek of my geliefdes aangeval word. Vir my lyk dit dat ons maar moet stilstaan sodat die kriminele kan doen soos hulle wil. Dis waar dat ‘n mens nie die reg in eie hand mag neem nie maar as daar geen een is om my en my geliefdes te help as daar ‘n aanval is nie wat dan? Ek probeer nie slim wees nie ek vra maar net sodat ons as Suid Afrikaners ook kan weet wat ons moet reg doen sonder om in die tronk te beland.

Theresa ·

Ry met jou voertuig wat jy getrou betaal. ‘n Persoon wat NIE op plek bly waar hy mag nie, gooi jou voertuig met ‘n klip. Waarom? NATUURLIK vir ‘n kriminele rede!! Daar is nie ‘n speletjie van kom ons speel gooi my kar met ‘n klip dan lag ons lekker saam nie. Bizarre optrede met meer bizarre manier van doen om die verdediger op te sluit wat homself verdedig het. Ek kan nie wag om te sien of geregtigheid hier seevier nie en of dit net nog ‘n geval is van vee die ware feite onder die mat van misbruik in nie. A nee a, waarom was hierdie man gekeer om uit die selle te bly??

Annamarie Olivier ·

Afriforum en Solidariteit en Outa is die beste manier om iets gedoen te kry.
Onthou net hulle het ook mense om te betaal daarom het hulle maandelikse bydraes nodig.
Die mense wat hulle kritiseer; behoort julle aan hierdie organisasies of is julle net ‘n klomp “moaners” wat net kan kla.
Eerder iets doen as niks doen

Helen ·

Wonder nou net of die minister se wag wat n rower dood geskiet het om die minister te beskerm nog nie gearresteer is nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.