Boer, werker op Limpopo-plaas oorval

Foto: Heritage Protection Group

Foto: Heritage Protection Group

ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek nadat ʼn boer en ‘n werker op ʼn plaas naby Koedoeskop in Limpopo deur vier aanvallers oorval is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Petrus Johannes Venter (59), ʼn plaasbestuurder, en een van die werkers op die plaas is Maandag in die vroeë oggendure in hul onderskeie slaapkamers deur die verdagtes oorval. Die aanvallers was glo met ʼn panga en ʼn sambok gewapen.

“Venter en die werker is aangerand, maar hulle is nie ernstig beseer nie. Die aanvallers het geld geëis, maar daar was nie geld op die perseel nie. Die verdagtes het toe met plasma-televisiestelle en ander huishoudelike items gevlug,” het Otto gesê.

Volgens Heritage Protection Group (HPG) het die aanvallers in ʼn bakkie gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gerd Lourens ·

My hart gaan uit na die boere en veral my mede witmense.

MAAR – (1) kyk hoe onbeskerm is die huis en (2) hoeveel keer lees ‘n mens dat die wapens wat in die brandkluis was, geroof is!!!

Word asb wakker en skerp jou sekuriteit op!!!

Marina ·

Mens kan jou sekuriteit opskerp soveel jy wil, die aanvalle gebeur die meeste van die tyd wanneer mens dit die minste verwag en dit is gewoonlik net voor mens rustig raak vir die aand. Onthou, jy moet toesluit, sekuriteit aktiveer en dit is gewoonlik gedurende daai tyd wanneer die mense oorval word, dit is wanneer jy op jou kwesbaarste is. Selfs in die stad wag hulle tot jy by die huis kom, jy MOET uit jou kar klim, jy moet in jou huis gaan maak nie saak hoe skerp die sekuriteit. Bitter min is wanneer die mense slaap. Honde waarsku mens al slaap hulle in die huis maar kan vergiftig word of die kleintjies in die huis word geskop.

Manus ·

Ek stem saam Gerd, dit raak net erger. Ons mense word geroof en aangeval. Almal moet hul sekuriteit opknap en meer paraat wees. Ons ” regeering” stel lankaal nie meer belang om ons wit mense se lewens te beskerm nie.

Tammy ·

Ek is dankbaar hulle het oorleef en is nie ernstig beseer nie. Hoop die skurke word gevang ek kry n swaar straf. Tronkstraf……..

Jef ·

Mens is nerens meer veilig nie ongeag waar jy bly in SA, gelukkig het dit goed afgeloop met die boer en die plaaswerker en ek hoop hulle vang die gespuis wat dit gedoen het.

Knapie ·

Stenig my nou maar; Hoekom word die plaaswerker se naam nie gepubliseer nie. Dit skep die indruk dat die werker minderwaardig is. Die werker is tog nét so belangrik soos die boer/beatuurder en net so erg te na gekom?

Eddie ·

Knapie, ek het dieselfde gedink toe ek die berig lees, altwee was slagoffers maar net een is belangrik genoeg om genoem te word.

Karma ·

@Knapie, terwyl dit seker reg is dat die werker se naam ook genoem moet word, is daar twee dinge wat in ag geneem moet word: (1) Maroela berig net met/oor die inligting wat tot hulle beskikking is en (2) die werker mag geweier het/versoek het dat sy/haar naam nie genoem word nie.

Terselfdertyd wonder ek ook maar of dit nie die einste werker is maatjies is wat die aanval uitgevoer het nie; ‘n mens hoor so baie van aanvalle wat gebeur wat ‘n “inside job” is. En ja, die plaashuis lyk maar taamlik onbeveilig. Maar dit is ook soos Marina hier bo sê: geen mate van beveiliging bewaar jou totaal van enige geweldadige aanval nie. Maar, @Cobusp (hieronder) ons moet jammer voel vir die mense wat so aangeval en oorval word, want waar is ons reg om in vryheid en vrede in ons huise te slaap?

cobusp ·

My magtig man kyk daar is niks beveiliging of sekuriteit…….dus n ope uitnodiging om aangeval te word……n ongeluk wat wag om te gebeur………mense ons boere leer nie of luister nie……..moet mens dan nog jammer voel ………ek vra net die vraag……..

charlene ·

Cobus ek kan nie vir jou sê wat ek werklik dink nie want dan gaan dit verwyder word!!!
Hoekom moet ons in tronke lewe, en hoe weet JY hoe lyk die heining om die plaas het jy gaan kyk. Het JY die deure gaan ondersoek en alles. Jy is `n gewetenlose vent! Ons ons boere soek nie enige iets van mense soos jy nog minder simpatie of empatie. As hulle wil inkom sal hulle inkom maak nie saak hoe goed jy jouself probeer beskerm nie.

Stekte aan die boer en die plaas werker (wat dalk nie wil hê sy naam moet geplaas word nie).

Frik ·

cobusp nie almal is in die bevoorregte posisie waarin jy blykbaar is om geen finansiele tekorte te he nie Op baie plase is dit n geveg om te oorleef wat finansies aanbetref Jou stelling ( Moet mens dan nog jammer voel ) is uiters onsensitief Wees eeder dankbaar dat jy nie in daardie persoon se situasie is nie Hoop jy dink weer

Erik ·

Mens lees gereeld die volgende: ” in die vroe oggend in hulle kamer oorval”. Sluit jou kamer deur in die nag. Dit gaan jou ten minste tyd gee om ‘n oproep te maak of jou wapen te kry. Moenie wakker word met n geweer teen jou kop nie.

Theuns ·

Frik is reg dat baie boere nie die sekuriteit kan bekostig nie. Boere as Burgers van die land is nie veronderstel om sekuriteit as deel van hulle boer bedrywighede te implimenteer nie! Dit is die Staat se werk. Waar is die Kommandos wat ons gehad het? En die Polisie? En die landelike Fluiters in die swart gemeenskap? En die Grensbeheer? Hoe is dit moontlik dat buitelanders die land binnekom in ruil vir ‘n paar skoene? Hoekom is hier ongeveer 16 miljoen buitelanders in ons land? Hoekom het ons n militere minister wat met ‘n Staats Vliegtuig buitelanders die land insmokkel? Dit is net AfriForum, Solidariteit en Steve Hofmeyer wat vir die Boere iets doen. Die propaganda van ons eie mense in Nederland teen Steve Hofmeyer is so effektief dat Steve van sy besoeke daar moes afstel?

janneman ·

Frik, ek stem saam met jou oor Cobus se onsensitiwiteit, maar in dieselfde asem stem ek ook saam Cobus. Lees mooi, die man is n plaasbestuurder en die ander een n werker. As jy n plaasbestuurder kan bekostig, kan jy veiligheidsmeganismes bekostig. Vir minder as R15000 kan jy of n behoorlike alarmstelsel, of n behoorlike tuin “beam” stelsel insit. Ek persoonlik dink dis baie swaksinnig van die eienaar om in vandag se tye so gevoelloos teenoor sekuriteit van sy personeel te staan wat duidelik in behuising bly waar hulle tegelyktydig as sekuriteit vir sy eiendom dien.

Ano ·

Janneman – ek WENS ek kon R15000 se alarmstelsel bekostig. Kan skaars kos koop – wat nog van alarms

Marina ·

Julle laat die almal so maklik klink, ja sekuriteit moet opgeskerp word en en maar onthou die mense slaan toe wanneer jy dit die minste verwag en gewoonlik wanneer jy op jou kwesbaarste is. Dit help ook nie om nou “hare te kloof” omdat die persoon ‘n plaasbestuurder het nie, ons weet nie wat is die boer se posisie nie. Ek is dankbaar dat hulle nog leef!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.