Bok van Blerk en Hanna Grobler verwelkom eersteling

Hanna Grobler en Bok van Blerk. Foto: Maroela Media.

Hanna Grobler en Bok van Blerk. Foto: Maroela Media.

Die gewilde glanspaartjie Bok van Blerk en Hanna Grobler het onlangs vir die eerste keer ouers geword.

Die egpaar se mediawoordvoerder, Jenny Griesel, het die nuus Woensdag aan Maroela Media bevestig.

Van Blerk (Louis Pepler) en Grobler, wat bekend is daarvoor dat hulle uit die kollig bly, het die nuus vir die hele duur van haar swangerskap uit die media gehou.

Hulle is in Mei 2015 deur “diep waters” toe hulle hul seuntjie verloor het. Hy is doodgebore.

Griesel sê die egpaar gaan in dié stadium nog nie enige inligting oor hul eersteling bekend maak nie, behalwe dat beide ma en die bondeltjie gesond is.

Die egpaar sal in Maart vanjaar drie jaar getroud wees.

Van Blerk is hoofsaaklik bekend as sanger en akteur, en Grobler as aktrise en die hoof- uitvoerende beampte van die Hanna Charity and Empowerment Foundation, ʼn liefdadigheidsorganisasie wat hom toespits op die bekamping van armoede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Gerd Lourens ·

Die laaitie se naam is De La Rey…

Baie geluk julle.

Bets Bothma ·

Baie geluk! So bly vir julle! God se seën, liefde en beskerming oor jul toegebid! Geniet die bondeltjie!

Sorika ·

As twee mense dit verdien om ‘n kindjie ryker te word is dit julle twee. Baie geluk julle!
Mag hierdie engeltjie wat aan julle geleen is net vreugde vir julle bring. Bok jy is my seun se held en Hanna jy is my dogter se heldin…bly die mooi mense wat julle is wat voorbeelde stel vir ons kinders.
xxxxx

Yvonne ·

So Dankbaar saam hulle grootste geskenk ooit ‘n bondeltjie liefde !

Susan ·

Baie geluk aan twee wonderlike mense. Mag hierdie nuwe bondeltjie julle baie vreugde bring. En mag die Here julle ryklik seën in die jare wat kom.

Vivian ·

Baie geluk. Mag baba jul baie vreugde en blydskap verskaf. Geniet elke oomblik.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wonderlike nuus. Maroela, maak al die goeie wense aan jhulle bymekaar en oorhandig dit aan die gelukkige ouers. BAIE GELUK aan julle twee.

Janet ·

Dis baie swak dat die berig se hulle het vir die eerste keer ouers geword. Hulle is al vanaf 2015 ouers.

Regtig ·

Regtig Janet, geen gevoel, hul was nie ouers, hul baba is stil gebore, probeer net saam met hul bly wees om ouers te wees, ek was in selfde situasie en ons almal verkies om te fokus op ons kinders. Maroela Media se skrywe is korrek en hul beriggewing is 100% beter en meer akkuraat as enige ander koerant/ leesstof.

Wilmayne ·

Ek stem saam dit is swak, hulle is ouers al van 2015. Hulle 1ste ling sal altyd hulle 1ste kind wees.

Ann ·

Aan “Regtig”, jy het nie ‘n clue van ouerskap nie! Waar op aarde kom jy aan die idee dat mens nie ‘n ouer is as jy ‘n kind verloor nie? “Geen gevoel”? En jy sê jy was in dieselfde situasie? Ek sukkel om dit te glo. Mens is ‘n ouer die oomblik wanneer jy weet jy is swanger.

Mvs ·

Baie geluk julle 2 mag kleinding jul net vreugde gee. Geniet kleine kindjie! Ons sien uit na fotos en artikel!

Alki ·

Baie geluk dit is fantasties om die nuwe jaar met sulke wonderlike nuus te begin, mag die nuwe mensie vir julle baie vreugde is plesier bring, julle gaan wonderlike ouers wees, sien baie uit na foto’s van die kleinding, Die Here se weë is wonderlik

Johan ·

Dit is soos n baie welkome briesie in die lug om n glanspaar te sien wat hul lewens privaat wil hou. Baie geluk jul pragtige mense. Bobby en Karlien vat asb notes.

seenwense ·

Kosbaar en baie geluk met jul bondeltjie. Mag Vader se seen op julle en kindjie rus en Hy julle elke oomblik bewaar. Voorwaar kosbaar om ouers te wees en geniet jul babatjie! Seenwense

Griet ·

Klein mensie gebore 19 Desember 2016.

Baie, baie geluk! Geniet julle geskenk uit die hemel!

Frieda ·

Ons dogtertjie is gebore die dag toe hulle ontslaan is by Pretoria Oos hospitaal!! Hy was so ongeskik gewees toe my pa wat opgewonde is om weer oupa te word hom geluk wens!! Dis net goeie maniere om te minste dankie te kan sê!! Omdat hulle bekend gemaak is deur ons “gewone” mense maak dit nie dat jy nie ordentlik hoef te wees nie!!

Mariette ·

Miskien ongeskik voorgekom. En seker as hy hier lees sal hy saam stem. Bekomernis…en dit waardeer hulle was en die moontlikheid dat dit weer kan gebeur….dink net!! Miskien sou jy ook so opgetree het…..

Saartjie ·

…. en jy dink nie jou pa het dalk sy privaatruimte betree nie. Ek bestorm NOOIT enige bekende wanneer ek hul weg van die openbare oog raakloop nie. ‘n Hospitaal is privaatruimte en daarom sou ek definitief sy privaatheid respekteer het. Juis omdat die egpaar hul baba se geboorte uit die openbare media wou hou, het hy dalk nie reageer op jou pa se oorweldigende stormloop nie. Vra jou pa om volgende keer nie ‘n bekende se privaatsirkel te betree nie – dink net hoe dit sou gevoel het as jou pa op hom afgekom het op die dag twee jaar gelede (2015) toe hul eersteling doodgebore is.

Linda ·

Hulle het mos dan nou nie vir die eerste keer ouers geword nie! Baie onsensitief om so te sê.

petro ·

Ek is Soooo bly vir julle. ..daai babatjie kon nie vir BETER OUERS gevra het nie!!!!!!!!!BAIE BAIE GELUK BOK EN HANNA

oumie ·

Ag my hart spring uit my bors van trots hul was altyd in my gebede net eergister praat ek en my skoondogter en ek sê ek wonder wat het van Hanna geword sy is doodstil en wraggies hier verras hulle die wind uit my seile baie baie geluk jul drie mag daai bondeltjie net vrede en geluk in jul lewe bring jipeeeeeeeeee x

Dorothy Lombard ·

Ek is so baie bly vir julle twee se klien bondeltjie, Mag hy//sy net vir julle baie geluk en plesier bring, God se ryksste seeninge.

bendons ·

Baie geluk. Bly Ma en kleiding is ok.
Ek lug ‘n glasie oo julle

Janie ·

Ons was by die hospitaal toe hy vir baba en Hanna kom haal het.
My pa, ‘n trotse boer, het opgehelder toe hy vir bok sien staan op en steek sy hand uit na bok “Bok, ons wil net vir jou baie geluk sê met die klein ding”
Hy skut my pa se hand, sê niks en loop weg.
Ek kon die teleurstelling in my pa se oë sien.
Moet nie maak of jy trots Afrikaner is en dan behandel jy jou aanhangers so nie. Sê dan eerder in die media dat jy asb nie wil hê iemand moet jou hand skut of groet nie. Dan los ons jou uit. Die boodskap het gou deur die boeregemeenskap gesprei en almal is teleurgesteld.
Jy dink jy ken ‘n boer….respek is een van die belangrikste fondasies van mens wees en beslis van ‘n boer wees. Om liedjies te sing van boere en Afrikaner harte maak jou nie ‘n boer nie, wie jy is en wat jy doen maak jou ‘n boer!!!

Vanessa ·

Dis hartseer, want sonder ons aanhangers wat hul konserte bywoon en Cd’s koop, sal hul nie ń bestaan maak nie!

Baie bly vir Hanna!! Xx

Marchell ·

Ek stem saam jou. E wat maak hm beter as n ander?? As hy dit ni geweet het ni ons almal gaan eendag die selfde grafstene he.

Anti-Bok ·

Ek is ook baie bly dat die egpaar geseën is met ‘n baba, maar ek moet saamstem met Janie. Bok het een keer by my ouers se kerkbasaar opgetree en hy was werklik super ongeskik. Lyk baie nice op die verhoog, maar glad nie dieselfde mens van die verhoog af nie.

ina Comrink ·

Baie geluk julle 2, ek glo jul baba sal net so geliefd wees soos julle 2. X

Magda ·

Baie geluk Bok en Hanna met die geboorte van julle boneltjie Liefde..God seen

Cheryl ·

Frieda en Janie…. Jul is nie verkeerd nie ek verstaan wat jul bedoel en die teleurstelling om so opgewonde te wees om jul held te sien en sy geluk wil deel en Dan kry jul die koue kant… Mense weet jul wat vriedlikheid en liefde is een ding op hierdie aarde wat NIKS kos nie. Ek is mal oor Bok en Hanna hul is uitstekende mense…. Maar verstaan ook hoe hul aanhangers moes voel op daai stadium. En SAARTJIE ek is nie familie van Frieda of Janie nie hoor ek dink jou kommentaar is onvanpas en ongeskik n hospitaal is n publieke plek en elke een kan sy of ha opine en vriedlikheid gee.

Anna ·

Geluk Bok en Hanna met julle bondeltjie liefde en mag hy die rede word dat daar altyd ‘n glimlag op julle gesigte sal wees.
Net soos Cheryl stem ek ook saam met Frieda en Janie. Komaan Bok, julle word geseën met so ‘n pragtige geskenk van God. Dit is meer as genoeg rede om uit julle velle te spring. Ek is seker net ‘n skewe trek van jou mond om te lyk of jy glimlag sou die ding gedoen het.

So moeilik ·

Dit is soooo moeilik om in die kollig te wees. Ek neem al jul ervarings in ag Bok, maar n dankie aan n aanhanger en verskoon my asb Oom, ek wil my gesin by die huis kry, sou niks van jou weggevat het het nie. Glo my ek is saam met jul Superbly en sou wou saamjubel van dankbaarheid, dit is n groot seen uit die Vader se hand. Mag jul baba louter vreugde wees!

Cheryl ·

Skies Bok en Hanna baie geluk met jul klein bondeltjie mag God jul séen en baie liefde vir jul 3!!! Enige ouers verdien so geskenk van Bo

Marietjie ·

Baie geluk. Baie bly vir julle. Wys tog vir ons later hoe babatjie lyk.

Hannie ·

Die bests nuus ooit desert 1Jan 2017… Baie geluk…Ons is bly saam met julle….

Miemie Stoltz ·

Baie geluk met julle bondeltjie vreugde. Mag die kleinding julle groot vreugde bring

Lettie ·

Baie geluk julle! julle verdien n bondeltjie vreugde~!
geniet die kleinding en laat weet gou !

Suzy ·

Baie geluk Bok en Hanna!!!!! julle is twee pragtige dierbare mense en verdien net die beste met julle nuwe baba , geniet hom baie en ons hoop hy sal eendag n regte klyn Bok van Blerk word soos sy pappa . (grappie ) Lovies

Willie ·

Ek wonder altyd wat is die van vir so ‘n kleintjie wat buite die huwelik gebore word. Of skep ‘n mens ‘n nuwe van. Vra maar net.

Peet J ·

‘n Bondeltjie ? ‘n Geskenk van die Here word nou ‘n bodeltjie genoem wat beteken ‘n pak vasgebinde goedere (skandelik) .Baie geluk met die geboorte van julle kind mag hy/sy vir julle net vreugde in die lewe bring.

Wim Buitendagh ·

Baie baie geluk. Gaan julle vir ons die kleinding in Maart kom wys in Port Shepstone en sommer jul troudag daar om herdenk.

sariana Holtzhausen ·

Baie geluk aan Bok en Hanna met die baba jul verdien dit deur en deur na hartseertyd met stil geboorte van 1ste swangerskap kan ni wag om eerste fotos van mensie te sien

oni ·

Werklik ons ou volkie moet altyd die perd van seer ry. wens daardie mensies net die beste toe en basta, met die beter weet houding

Marisa ·

Baie Baie bly vir hulle. Maar hulle eerste babatjie sal altyd die eersteling bly en ek weet hoe dit voel, eks self daar deur.
Geniet julle reenboog baba, julle engel kind kyk af op julle.xx

Aubrey Vermaak ·

Baie geluk julle. Mag julle geseend wees na al die diep waters waardeur julle gegaan het. Mag onse Vader julle seen met n dubbele seen. Van al die Vermaakies

Freek ·

Baie geluk Hanna en Louis!! Ons is saam met julle dankbaar en baie bly.

Stephanie ·

Baie geluk Bok en Hanna met julle geskenk van bo. Julle verdien hierdie vreugde deur en deur. Mag die Here julle as gesin altyd beskerm en mag julle net vreugde en geluk ervaar. Mag Hy julle styf vas in Sy hand hou

Charmaine ·

Is dit nou n seun of n dogter?en hoekom is dit n geheim? Kan net een vd 2 wees. Regtig!

Petro ·

Ek stem saam met met jou Janie. n Dag of wat voor Kersfees loop my klein kinders vir Bok raak in n craft winkeltjie by die Grove in Pta. Hulle is 12 en13. Baie pgewonde vra hulle hulle pa om te vra vir n foto saam met hom en toe is hy weg . My seun vra aan die pesoneel waar is hy nou? Se die personeel hy kruip weg in die stoorkamer. Bok !! Nee man mens maak nie so nie. Wie se held is jy? En wie koop jou cd,s Maar in elk geval geluk vir jou en Hanna met die baba

Doempie ·

Petro, hy het sekerlik die reg om inkopies te doen sonder dat hy oorval word. Mens gun ander hul privaatheid. Bekendes is nie ons eiendom nie.

Louise ·

Baie baie geluk, julle 2! Gesondheid vir julle almal en al my beste wense en liefde

Babsie ·

Baie geluk Bok en Hanna ek was saam met jul seer oor die verlies van babaseuntjie maar is so opgewonde oor die nuwe kleinding hoop ons kan hom/haar binne kort ook ontmoet of net sien mag dit vir jul n groot vreugde en baie liefde wees baie geluk

Francie ·

Daar is ‘n tyd en plek vir alles. Dis ongelukkig so dat daar mense is wat só selfsugtig is dat hulle vergeet om soms terug te staan en ander se privaatheid te respekteer. Om dit nog aan ‘n groot klok te hang, laat my dink dat daar nie veel hoop is dat hulle tot beter insigte gaan kom nie.

nicci.doula ·

Hierdie is NIE hulle ‘eersteling’ nie. Dit is hulle TWEEDE baba. Die eerste enetjie is in die hemel. Baie geluk met julle tweede babatjie Bok en Hanna. Ek wens julle NET vreugde en vrede.toe. nicci.doula

Magriet le Roux ·

Baie geluk met die geboorte van julle tweede kind. Ons glo en vertrou hy sal n sterk jong man word

Magriet le Roux ·

Ek het nou al die kommentaar gelees en goeie magtig mense kry julle nie skaam nie!!! Die man is nie deur julle bekend gemaak nie, hy het hard gewerk en opgeoffer om te kom waar hy is. Niemand dwing julle om sy konserte by te woon nie. Hy en sy vrou het n baba ontvang, is dit so moeilik om net te sê geluk? Die geboorte vd kind en hulle leefwyse en behoefte aan privaatheid het nie julle goedkeuring nodig nie, hierdie berig gaan nie oor julle nie!!!!!

PJN ·

Baie geluk Bok en Hanna!!! Wat ‘n wonderlike geskenk van Bo. Mag hierdie kindjie vir julle baie vreugde in die lewe veskaf.

Ja mense gee vir Bok en Hanna asseblief net hul privaatheid en ruimte. As hulle die heeldag moet loop en groet en geselsies aanknoop, handtekeninge loop en uitdeel en fotos saam met die publiek neem, dan sal hulle nie ‘n lewe van hul eie hê nie en die heeltyd moet jy ander selfsugtige mense tevrede stel met ‘n vroom gesig. Respekteer hul besluit om die aangeleentheid vir eers uit die openbare oog uit te hou. Elke mens het tog seker die reg om te handel soos wat hy/sy goeddink. Dis tog nie te veel gevra nie. Niemand kan nou ‘n aanname wil maak dat Bok ongeskik is net omdat hy nie wil maak soos die mense wil hê hy moet maak in die openbare oog nie.

treurgrond ·

Baie baie geluk Bok en Hanna – whoopi sal ek se – geniet geniet geniet wat voorle. Dankie Jesus vir die groot geskenkie van Bo af.

Ronel Steenkamp ·

Baie geluk pappa en mamma.
Die nuus het my hart lekker warmer laat klop!

Sandra ·

Ek dink Bok was net benoud as hy met een person vriendelik is, sak die hele hospital op hom toe. Hy was darem na alles nie “aan diens “nie. Mense besef nie wat se spanning ‘n tweede swangerskap bring na jou eerste dood gebore is nie. Hy was dalk baie emosioneel en moes die pose hou en net weg te kom. Ag nee mense, hou op om oor nonsens te debater. Baie geluk Bok en Hanna.! Ek is baie bly vir julle.

Raine ·

Baie geluk julle 2. Mag die baba vir julle net vreugde en liefde bring.

Roenel Van Staden ·

Ek stem ook nie saam met die ruimte stories nie, bekendes wou bekend wees met n rede en in die publieke oog wees. Behandel jou aanhangers met respek as hulle jou raakloop. Hulle sit jou brood en botter op jou tafel. As hulle saam met jou bly is oor jy n tweede kans gekry het op ouerskap se darem dankie en verskoon jouself as jy nie tyd het on met jou aanhangers te praat nie. Magriet jy het ook nie die reg om vir mense te se hulle hoef nie die konserte by te woon nie. Mense spandeer hard verdiende geld om hul gunsteling sanger te sien en baie maak moeite en kom van ver om Afrikaanse sangers en afrikaanse musiek te ondersteun. Sangers kan dan vyf minute afstaan en groet en dankie se, maak nie saak wat jou omstansighede is nie, hierdie omstandighede was van vreugde en blydskap, deel dit ten minute met jou omstander wat net jou hand wou skud en in jou vreugde feel. As Bok nie van die publiek hou nie, moet hy homself dan van die celebrity mark verwyder waar hy nie in ons gesigte hoef vas te kyk nie, sodoende hoef by nie ons geld te vat en hoef hy ons nie konserte toe uitnooi nie, ons sal dan maar Steve se konserte bywoon want by het altyd tyd vir sy aanhangers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.