Die bekende sanger Gerrie Pretorius en die skrywer Johan Bakkes se reis na die Tristan da Cunha-eilande in die Atlantiese Oseaan is Dinsdag tydelik in die wiele gery nadat hul “ondersteuningsboot”, Trekker II, aan die Cape2Rio-vaart onttrek is.
Pretorius en Bakkes het die reis na die Atlantiese Oseaan verlede week onderneem as deel van opnames vir die kykNET-program Leef jou reis met Gerrie Pretorius. Die hoofeiland is piepklein met ʼn bevolking van minder as 400, en die idee was om te sien hoe mense daar ʼn bestaan voer.
Trekker II, ʼn seiljag wat deur die Suid-Afrikaanse Vloot gebou is, het Dinsdag meganiese probleme begin gee en water het die seiljag binnegedring.
Dié meganiese en lekprobleme het egter veroorsaak dat Trekker II Dinsdag aan die Cape2Rio-seiljag-wedvaart onttrek moes word. Al agt bemanningslede aan boord is ongedeerd.
Dié gebeure het egter daartoe gelei dat planne om na die Tristan da Cunha-eilande te reis tydelik onderbreek word omdat die reis nie kan voortgaan sonder ʼn ondersteuningsboot nie. Pretorius en Bakkes is in dié stadium op St. Helena en dié reis, wat in dieselfde tyd as die Cape2Rio plaasvind, het verseker dat Trekker II as ondersteuningsboot kan dien.
Trekker II, oftewel Voortrekker II, het sy Cape2Rio-debuut in 1982 gemaak. Dié seiljag-wedvaart strek oor die langste afstand in sy soort in die Suidelike Halfrond – ongeveer 3 500 seemyl. Lande soos Duitsland, die VSA, Australië en Angola neem ook aan vanjaar se vaart deel.
Die Wow- en Dark Matter-seiljag is ook aan dié vaart ontrek weens meganiese probleme.
Suzaan Keyter, kykNET-mediawoordvoerder, sê die span verwag om teen 9 Januarie te weet of die tweede been van die reis voortgesit kan word.
Die program sou na verwagting in Junie op die kassie te sien wees.
Die reis kan gevolg word op die Cape2Rio-webwerf.
Ag dis nou jammer. Sterkte ouens!
Vroeer ook bekend as die VOOTREKKER II as ek reg onthou?
(Wonder hoekom naam verander is…)
VOORTREKKER II
Dit staan in die berig.
Is dit die korrekte foto van Johan Bakkes?
Dagsê SP
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die foto is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Die Johan op die foto is Johan Rademan en nie Johan Bakkes nie.
Dagsê Muriel,
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die foto is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Verstaan ek reg dat die SA Vloot die boot gebou het???. Waar het die fondse vandaan gekom om dit te doen. Is die SA Vloot ‘n BBBEEE besigheid. Iets nie lekker met die skip
Dis in die vroeë 1980s gebou, maar dan was dit mos ‘n projek van trots, nie korrupsie en wanbesteding nie, nê?
Maroela M, julle bedoel seker Bertie Reed het dit al vantevore gestuur?
Dagsê W
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Ek weet nie waarom hulle so n omslagtige reisprogram gekies het nie. So ver ek weet vertrek daar elke 2 of3 weke n posboot uit die Kaap met vooraad en pos na Tristan. Kon hulle nie gereel het om met dié te gaan nie?
Toe moes die ondersteuningsboot ondersteun word.
SA Vloot het ook sy trots verloor soos alles in die nuwe SA.