‘Bordeeleienaar’ breek glo by polisiekantoor in

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 27-jarige vrou wat daarvan beskuldig word dat sy in ʼn polisiespeurder se kantoor ingebreek het om haar man se reisdokumente terug te steel wat vroeër deur die polisie afgeneem is, het Vrydag in die Bellville-distrikshof verskyn.

Jacqueline Seymour (27) van Oakglen, ʼn buurt in Bellville, is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Daar word beweer dat Seymour ʼn bordeel bestuur het en ʼn besoeker erg aangerand het nadat hy glo geweier het om te betaal. Sy is hierna op ʼn aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem.

Daar is Vrydag aan die hof gesê terwyl sy in polisieaanhouding was, het sy ʼn verklaring aan die polisie afgelê waarin sy haarself betrek by die ontdekking van ʼn gebrande lyk op die N7-snelweg. Hierdie voorval word steeds deur die polisie ondersoek.

Seymour het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte van inbraak en diefstal nadat sy na bewering in ʼn speurder se kantoor ingebreek en reisdokumente gesteel het waarop die polisie vroeër beslag gelê het. Volgens die klagstaat het Seymour ʼn koevert met amptelike dokumente, sleutels, haar man se paspoort en haar motor se dokumentasie gevat. Sy staan ook tereg op ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg.

Die saak sal na die Bellville-streekshof oorgeplaas word en Seymour moet weer op 28 Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Iemand wou nie betaal het vir sy plesiertjies nie – hy het seker gedink hy doen kwaliteit beheer. LMGA.

johann cb ·

Dit is seker haar lekkerste bron van inkomste! Of is dit maklikste? (^_-)

Cherokee ·

Sy klink wild maar sy’t nog nie ant Stienie ontmoet nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.