Brand by Hendrina-kragstasie onder beheer gebring

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het bevestig die Hendrina-kragstasie in Mpumalanga sal na verwagting Maandag weer ten volle in werking wees ná ʼn brand by die stasie uitgebreek het.

Een van die transformators het Donderdagaand aan die brand geslaan toe al drie transformators tydens ʼn geweldige wind- en donderstorm skielik afgeskakel het.

“Ons het vyf van die kragstasie se 10 eenhede verloor, dit is 1 000 MW,” het Eskom in ʼn verklaring bevestig. “Dit is egter belangrik om te noem dat daar, ondanks die voorval, geen beurtkrag ingestel is nie en Eskom kon steeds aan die land se kragbehoefte voldoen.”

Die kragvoorsiener het gesê die herstelproses het dadelik begin ná die voorval en die kragtoevoer na die stasie is herstel. “Ons doelwit is om al vyf eenhede teen Maandag weer op die netwerk te hê,” het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Dit is asgevolg van geruikers wat krag spaarsaamig gebruik dat beurtkrag vry gespring word. Eskom kan nie al die krediet kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.