Christenwaardes in skole: Verset teen hofaksie gesteun

Foto: Don Mcphee/Guardian

Foto: Don Mcphee/Guardian

Die VF Plus steun die hewige versetreaksie teen die beoogde hofaksie wat daarop gemik is om ses Suid-Afrikaanse skole te verbied om Christenwaardes by die skole uit te leef, aangesien dit indruis teen die wese van demokrasie in die land.

Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder, het gesê die reaksie vanuit kerklike kringe en in die sosiale media is ʼn bewys dat die hofaksie van ʼn groep onder die voorsitterskap van Johannes De Klerk Pietersen allerweë beskou word as ʼn heksejag op Christenskap.

Prof. Nelus Niemand, moderator van die NG Kerk in Suid-Afrika, het aan die VF Plus gesê dié kerk voel so sterk oor die aangeleentheid dat hy hom sal voeg as ʼn Vriend van die Hof in die saak. Hy sê ook hy sal dit verwelkom indien die saak eindelik in die grondwethof bereg word sodat daar finaal uitspraak daaroor gegee kan word.

Alberts het gesê dit is duidelik dat die saak godsdiensvryheid bedreig en indruis teen die ‘wese van demokrasie’. “Godsdiensvryheid is van kardinale belang in Suid-Afrika,” het hy gesê. “Dit is deel van enige volwasse demokrasie. In model-C skole geld die beginsel van ouerlike inspraak, bestuur en demokrasie. In daardie skole geld die meerderheidstem en word die etos van die skole op daardie wyse bepaal.”

Volgens hom is die skole eintlik publieke/privaat-vennootskappe, aangesien die ouers ook finansieel tot die skole bydra. Om teen hierdie agtergrond die meerderheidstem in opvoedkundige instansies te wil doof, druis in teen die grondwetlike beginsels van deelnemende demokrasie.

“Daar rus egter ʼn plig op skole en beheerliggame om ook minderhede in daardie skole te beskerm en vryheid van keuse toe te laat,” het hy bygevoeg. “Dus moet leerlinge wat nie deel van enige godsdienstige aksie wil wees nie, die reg hê om daaraan te onttrek.”

Hy meen ook skole en beheerrade moet sorg dat genoegsame dissipline bestaan om ʼn geboelie op enige grondslag aan te spreek, of dit nou ontstaan weens nie-deelname aan godsdienspraktyke, of andersins. “Boelies vind vele verskonings vir hulle dade en die motief daarvan is nie beperk tot net godsdienspraktyke nie.”

Alberts het gesê die organisasie se hofaksie is dus verkeerd gemotiveer en is net daarop gerig om een lewensbeskouing met ʼn ander te vervang. “Leerlinge moet kan leer van die verskillende lewensbeskouinge wat bestaan, maar ʼn demokraties-verkose beheerliggaam moet ook die reg hê om sekere praktyke wat strook met hul lewensbeskouing, te kondoneer,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

HEVW ·

Wie het gese kommunisme is dood? Die sloop van Stalin, Lenin se standbeeld en die muur deur Berlyn was nog altyd oeverblindery. Enige vorm van nasionalisme, volkseiendomlike, godsdiensvryheid moet verwyder word, want dit pas nie die uitgewerkte, beoogde nuwe wereldorde nie. En hulle wat aan die spits daarvan staan, is nie noodwendig anderkant die grootwater nie. Nee hulle is nou minder identifiseerbaar, selfs hier tussen ons. In die bestuur van elke tersaaklike, mees relevante organisasie. Selfs op die kansels van ons kerke.Bestem om te wees vir n bepaalde tydperk en saak. En as hul klaar gebruik is, word hul soos die uitgesuigde lemoene weggegooi. Dan kom die volgende fase in werking met ander afstootlike marionette.

Hanno Visagie ·

Dankie, VF+, vir hierdie standpuntinname. Nou moet julle nog net teen die goddelose evolusieteorie in skole standpunt inneem. Dr Hanno Visagie, MB ChB.

Thys Human ·

Sien nou eers hierdie fanatieke tirade.

Kan die agbare dokteer vir ons net se^\ wat ons in die plek van die evolusiekonsep aan kinders moet leer – en op grond van watter inligting of feite of navorsing of wat ook al?

Wetenskaplikes – veral fisici en kosmoloee – wat soek na bewyse van ‘n “skepping” kry net mooi niks! Nie eens ‘n moontlike teorie nie!

Nico Oosthuysen ·

‘n Dokter wat teen evolusie gekant is? Gmph, ek sal maar net seker maak ek kom nooit onder jou behandeling nie, want jy is heel ooglopend ‘n uiters swak wetenskaplike!

Leon ·

Dit verstom my dat intelligente mense, die een klein dingetjie wat mens geloof en Godsdiens noem ook wil wegneem van ons skole. Laat diegene wat niks met godsdiens uit te waai wil he nie hulle eie skool kry, of laat hulle homeschool, sodat hulle kan beleef wat `n klaaglike mislukking hulle van hulle kinders maak. Wil diegene wat anti Godsdiens is dan he dat alle waardesisteme verwyder word in `n land waar die regering nie hulself eers aan waardesisteme of norme steur nie. Wat `n chaotiese derdewereldse land sal ons net nie raak nie………..o jammer ons is reeds een. Laat daar dan moslemskole wees, en Christenskole en vir die wat wil, skole is wat geen godsdiens beoefen nie. Hoekom moet alles en almal altyd integreer.

Christo ·

“…of laat hulle homeschool, sodat hulle kan beleef wat `n klaaglike mislukking hulle van hulle kinders maak.”

Ai ou Leon – ek wens so jy het die “homeschoolers” hier uit gehou! Jou onkunde is verstommend, jou belediging onvanpas en as feitelike stelling, baie ver verwyderd van die waarheid! Ek ken baie (en ek bedoel BAIE!) tuisskoolouers – groot kinders van God – wie se kinders die NSS met verskeie onderskeidings geslaag het EN suksesvol op universiteit studeer! Hierdie mense het meer “GUTS” as die menigtes wat net kan kla… hulle tuisskool in die lig van hul Godsdienstige oortuigings EN omdat hulle juis nie deel wil wees van ‘n onderwysbedeling wat alles wat hulle in glo (waarde sisteme) stelselmatig ondermyn nie…

"Huh!" ·

Leon, Leon, Leon… Mens bly eerder stil as mens nie weet waarvan mens praat nie. Dit is reeds dat ons ons geloof eerste stel, dat ons kinders tuisonderrig doen.

Jy het nou regtig ‘n dom ding kwytgeraak.

rudolf ·

Het ateisme nou n idiologie geword.Hoekom is hulle so onverdraagsaam?As hulle nie glo nie,pla dit my nie,maar hulle laat my dink aan n groep netbalspelers wat n golfklub wil oorneem en eis dat daar nie meer golf gespeel mag word nie.Hoekom het hulle nie die guts om hulle eie skole te stig nie?Al hierdie volksvreemdes het nou maar eenmaal die geneigdheid om telkens bestaande structure te ondermyn.

Thys Human ·

Godsdiens hoort in die huis en die kerk of tempel of wat ook al. Dit hoort nie in skole, die regering, die regbank, die werkplek of waar ook al nie.

Indien mense hulle kinders in godsdienstige skole opgelei wil he^ is hulle ten volle geregtig om private skole daar te stel wat hulle betrokke godsdienskonsep uitdra. Dit geld vir alle godsdienste – en dit word reeds hier toegepas met bv. CVO-skole.

Net Ekke ·

Leon, jy moet asseblief baie mooi dink voor jy ‘n klomp s%£$¥t wil kwyt raak. My kind doen Home Schooling van graad R af en sy is nou alreeds in graad 9, met punte wat ver bo gemiddeld is. Ons is Christene en daar is beslis niks fout met ons kind nie. Gaan doen bietjie navorsing oor Home Schooling voor jy weer wil bek rek, want jy praat duidelik van dinge waarvan jy niks weet nie.

Sjert ·

Stem allie pad saam Thys.

Onderrig instellings soos skole, kollege’s, universiteite is daar om vaardighede, kennis ens aan te bied.

Bevordering, bekendstelling en uitbreiding van die gelowe is die taak van die betrokke geloofsgemeenskap, oftewel die instellings wat die onderskeie gelowiggeite ondersteun. Vanaf die ouerhuis, kerke, godsdiensorganisasies, tot by oom Daantjie en sy kalwerhok….

Daar is genoeg diepgaande en bykans onoorbrugbare verskille tussen die inwoners van hierdie land. Om gelowiggeite/ongelowiggeite wat uiteindelik ‘n baie PERSOONLIKE saak is, ook by te sleep, verhef die aangeleentheid na ‘n vlak waar dit nie behoort te wees nie.

J Schwartz ·

Ek kan nie verstaan dat ‘n geleerde dokter (Dr Hanno Visagie) die evolusieleer uit skole verban wil hê nie. Hy is seker ‘n fundamentalis wat glo die wêreld is in 6 dae gemaak.

Steven Neufeld ·

As usual, Christians will continue to justify segregation in public schools in school hours. Despicable.

Shannon ·

Disagree.
Religion, not Christians.
Most of the Truth is hidden – according our own preference.

Meisie ·

Ai mense, julle praat van onverdraagsaan en dit en dat, ek glo Leon het nie bedoel dat alle homeschool kinders en ouers van die duiwel is nie. Sy punt, glo ek, is dat die mense wat nie Godsdiiens in skole soek nie,kan maar hulle kinders uiit die skool haal en hulle self tuis probeer leer, wat in elk geval dan in `n gemors sal ontaard. Ons weet die meeste homeschool kinders en ouers is ordentlike Christelike mense, dit is juis oor wat in ons skole aangaan dat hulle die kinders uitgehaal het!! En Thys Human………. jy praat snert!!! Dit is juis omdat daar geen God in ons Parlement is nie, dat dinge so agteruit gaan!! As hulle meer in God glo en soos ware Christene lewe en teenoor mekaar optrree , kan daar dalk nog `n toekoms vir hierdie land wees!!!

Christo ·

Meisie – jy trap inderdaad steeds in die gat waarin Leon hom bevind… waarop grond jy jou stelling dat “kan maar hulle kinders uit die skool haal en hulle self tuis probeer leer, wat in elk geval dan in `n gemors sal ontaard.”? Dis nou totale snert… en wys ook op jou onkunde! Hou op om mense (wat jy van geen kant ken nie) te beledig in jou poging om jou punt te probeer maak – verbeter eerder jou argument!

Rina Hauptmann ·

Ai! Mede boeties en sussies in Jesus. Hoe kan ons mekaar so wil aanval. Dit gaan nie oor tuisskole of wat ook al. Dit gaan oor onkundige mense wat ons Hemelse Vader wat uit ons skole ens wil verban. Is ons nie nou juis besig om oorlog teen mekaar te voer nie ipv om saam te staan teen hierdie heksejag teen Christene.
Ekt hierdie iewers raakgelees. What Happens When You Take God Out Of Schools
Makes you think…….
In light of the recent shooting in Massachusetts, let’s see, I think it started when Madeline Murray O’Hare complained she didn’t want any prayer in our schools, and we said OK.
Then someone said you better not read the Bible in school…. the Bible that says thou shalt not kill, thou shalt not steal, and love your neighbor as yourself. And we said OK.
Dr. Benjamin Spock said we shouldn’t spank our children when they misbehave because their little personalities would be warped and we might damage their self-esteem. And we said, an expert should know what he’s talking about so we said OK, we won’t spank them anymore.
Then someone said teachers and principals better not discipline our children when they misbehave. And the school administrators said no faculty member in this school better touch a student when they misbehave because we don’t want any bad publicity, and we surely don’t want to be sued. (There’s a big difference between disciplining and touching, beating, smacking, humiliating, kicking, etc.) And we accepted their reasoning.
Then someone said, let’s let our daughters have abortions if they want,and they won’t even have to tell their parents. And we said, that’s a grand idea.
Then some wise school board member said, since boys will be boys and they’re going to do it anyway, let’s give our sons all the condoms they want, so they can have all the fun they desire, and we won’t have to tell their parents they got them at school. And we said, that’s another great idea.
Then some of our top elected officials said it doesn’t matter what we do in private as long as we do our jobs. And agreeing with them, we said it doesn’t matter to me what anyone, including the President, does in private as long as I have a job and the economy is good.
And then someone said let’s print magazines with pictures of nude women (and nude men) and call it wholesome, down-to-earth appreciation for the beauty of the female and male body. And we said we have no problem with that.
And someone else took that appreciation a step further and published pictures of nude children and then stepped further still by making them available on the internet. And we said they’re entitled to their free speech.
And the entertainment industry said, let’s make TV shows and movies that promote profanity, violence, and illicit sex.
And let’s record music that encourages rape, drugs, murder, suicide, and satanic themes. And we said it’s just entertainment, it has no adverse effect, and nobody takes it seriously anyway, so go right ahead.
Now we’re asking ourselves why our children have no conscience, why they don’t know right from wrong, and why it doesn’t bother them to kill strangers, their classmates, and themselves.
Probably, if we think about it long and hard enough, we can figure it out. I think it has a great deal to do with “WE REAP WHAT WE SOW.”
Dear God,
Why didn’t you save the little girl in Michigan?
Sincerely,
Concerned Student
AND THE REPLY
Dear Concerned Student,I am not allowed in schools.
Sincerely,
God

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.