DA-raadslid dalk gepos oor ‘rassistiese’ uitlating

Argieffoto: DA/Facebook

Argieffoto: DA/Facebook

Die Nelson Mandelabaai-raad in die Oos-Kaap het versoek dat Chris Roberts, DA-raadslid, afgedank word, nadat hy glo ʼn rassistiese uitlating gemaak het.

Roberts het Mongameli Bobani, UDM-leier, glo ʼn “bobbejaan” genoem tydens ʼn raadsvergadering verlede jaar. Roberts is intussen deur die DA se federale regskommissie daaraan skuldig bevind dat hy die party in oneer gebring het. Hy is gedemoveer en met R10 000 beboet.

Kupido Baron, woordvoerder van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het gesê ʼn interne ondersoek is gedoen en Roberts is Donderdag tydens die eerste raadsvergadering skuldig bevind.

Fikile Desi, ANC-raadslid, het hierna ʼn mosie voorgestel dat Roberts nie langer toegelaat moet word as ʼn openbare verteenwoordiger in die raad nie. “Ek stel namens die ANC voor dat Roberts permanent van die raad verwyder word. Ons kan nie hier sit saam met dieselfde mens wat ons bobbejane noem nie.”

Die mosie is deur al die ander opposisiepartye, behalwe die DA, ondersteun. Tydens die stemming het 69 raadslede ten gunste van die mosie gestem en 42 daarteen.

Fikile Xasa, LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake in die Oos-Kaap, sal die raad se besluit oorweeg en ʼn finale besluit neem.

Volgens Baron het al die ANC se raadslede in swart klere by die vergadering opgedaag om ʼn standpunt in te neem teen rassisme.

“Wanneer een van ons ʼn bobbejaan genoem word, voel ons almal die pyn. Ons het die swart klere aangetrek as ʼn simbool van protes teen die vernedering wat swart mense moet verdra weens die rassiste,” het Lithi Suka, hoofsweep van die raad, gesê.

Danny Jordaan, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het gesê rassisme het geen plek in ʼn demokratiese samelewing nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Tanja van der Westhuizen ·

Hy het dalk die ou se van nie mooi uitgespreek nie

Jordaan ·

Partykeer as mens iemand ‘n bobbejaan noem is dit omdat hy in jou opinie iets onnosel gedoen of gese het.

CHRISTA ·

Dis ‘n belediging vir ‘n bobbejaan om met ‘n mens vergelyk te word – nie andersom nie!! Bobbejane en enige ander dierespesie het MEER beskawing in hulle as mense!!!

Danie Kok ·

Ek wonder wie is nou eintlik beledig. Die bobbejane? Of die een wat so genoem is?

Eddy ·

Dit was nie bedoel as rassisties nie.dit was bedoel as n belediging oor sy intellek,nie sy velkleur nie.Word groot!!!

Frederiks ·

Eddy, dit is so dat hul ‘n geweldige kompleks het oor hul velkleur. Iets wat jy nooit sal merk by ‘n Bruine of Indiër met ‘n donker gelaat nie.

Yvonne ·

As jy in evolusie glo is ons ALMAL afkomstig van die aapmens. So waarom nou die bohaai.

Gary ·

Hoekom word dit net aanvaar dat die uitdrukking rassisties is? Verstaan niemand dat dit ‘n idioom is nie? As die skoen pas …..

jaco ·

met sy reusagtige maandelikse salaris as raadslid is R10000 boete seker kleingeld vir hom…

Gary ·

Ek kan enige tyd ‘n wit persoon ‘n aap noem. Geen probleem nie en almal verstaan wat ek bedoel. As ek egter met dieselfde bedoeling ‘n swart man so noem is dit outomaties rasisties. Wonder hoekom?

Piet ·

Party mense moet altyd die bobbejaan agter die bult gaan haal…

Henri ·

Miskien pas die skoen.? weet nie.
vra ‘n vriend van my nou die anderdag vir ‘n “vriend” van hom, hoe oud hy is? Die “vriend” sê toe 26. Sy reaksie was” ek het gevra hoe oud jy is, nie jou IK nie”

Leeutjie ·

Hahahaha goed gese Henri! Ons kulture verskil so en so ook ons humor! Ons blanke nasie se skerpheid word nie altyd positief aanvaar nie. So ook glo ek hulle het ook hul eie humorsin wat ons ook nie altyd verstaan nie.

Jaco ·

Kyk wat sê Jesus in Mattheus 5 vers 22:
Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ‘n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ‘n idioot, is strafbaar met die helse vuur.

Berhalet Beukes ·

Beoefen liewer goeie oordeel wanneer jy uit die Bybel aanhaal…

Griki ·

Hierdie ou was nie ‘n gek of idioot genoem nie, hy was ‘n bobbejaan genoem. En niemand kan bobbejane gekke of idiote noem nie – hulle is verbasend intelligent. Chris Roberts het n bobbejaan beledig en daarom is hy skuldig bevind.

Danie Kok ·

Jaco, is die ANC dan joú broeders? Miskien moet jy eerder weer Matthéüs 5:22 gaan lees. Gebruik net dié slag die ware Bybel in Afrikaans.

“Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.”
Matthéüs 5:22, 1933/53 Bybel.

Berlahet gee vir jou uitstekende raad as sy jou vermaan om goeie oordeel te beoefen wanneer jy uit die Bybel aanhaal. Ek stel voor dat jy egter ook sal uitvind wie jou broer is en dat jy volgende keer die ware Bybel sal gebruik as jy God se Woord wil aanhaal…

DPJ ·

Ons is nou in die aanloop tot munisipale verkiesing. ANC ry die rassistiese donkie hol rug. Verstaan dit tot.

Pieter.v ·

Die anc dring nou daarop aan dat Roberts geskors moet word,maar wat van die anc raads lid van Oudtshoorn wat nou op die belasting betalers onkoste nou kursusse gestuur word sodat hy kan leer wat is reg en verkeerd, hoekom nie ook Roberts nie. mar ons politisie sal moet leer om hulle woorde tel ,hulle word deur die publiek gekies om ons te verteenwoordig so wees vir die mense daar buite n voorbeeld .

TDW ·

Ek weet nie hoeveel mense ek al bobbejane genoem het nie, want party mense is net vrek onnosel! Almal wat ek al so genoem het was wit. Ek dink daar moet ‘n rassistiese woordeboek uitgebring word, sodat die wit mens kan verstaan wat is rassisties. Ek wonder hoeveel keer is vrouens al white b**** genoem. Of hoeveel keer wit mense al pink pigs genoem is. Maar niemand vat daai persone hof toe nie.
Net so terloops. As die VF+ mense bymekaar gekom het en almal wit gedra het om te wys dat as een wit man beledig word almal beledig word, sou die ANC seker gese het hulle is van die ku klux klan.

GES ·

Ag hulle is tog sooo sensetief. Die nuutste is dat lyftaal ook as rassisties beskou kan word. Dit gaan ‘n wonderlike dag wees as mense oor hulle miderwaardigheidskomplekse kom.

hans ·

Die een groot probleem is dat meeste van ons ongelukkig net Afrikaans en Engels kan praat. Het in verlede agtergekom dat daar onvanpaste ens aanmerkings oor mens gemaak word. Ongelukkig as jy die betrokke taal nie behoorlik magtig is nie dan kan jy die betrokkene nie regtig konfrontreer nie.

Piet ·

Party mense moet ook altyd die bobbejaan agter die bult gaan haal ;-)

Oom Boer ·

Nou-ja toe, kyk net na die paneel wat die oordeel fel dan se dit reeds alles, die sogenaamde “meerderheid”. Nuwe strategiee van die cANCer kaders om DA verteenwoordigers te onspoor voor die munisipale verkiesing. Shame die ou pyn storie het my regtig weemoedig gehad. Miskien moet ek ook maar wit kleertjies dra om my pyn te toon wat ek elke dag moet beleef en deurmaak. As ek net mag vra: Wanneer kry ons nou daai beloofde “Demokratiese Suid-Afrika met die gepoleerde reenboog nasie?

Johannes Meintjes ·

Ons vertrou dat die ANC voortaan permanent in swart gekleed sal wees oor al die rassisme teenoor blankes, o.a. in die werkplek, sedert 1994 …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.