Departement sal brand-slagoffers bystaan

Argieffoto

ʼn Span maatskaplike werkers van die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het die oorblywende lede van ʼn familie van Philippi, waar twee ouers en hul vier kinders tydens ʼn huisbrand gesterf het, besoek.

Die brand het Woensdagoggend ʼn plakkershuis op die gesin se eiendom verwoes.

Die oorledenes was twee volwassenes, Lukhangele Makhanda (35) en Nosimanye Masitha (35) en hul vier kinders Sinovuyo (9), Sisipho (6), Yamkela (4) en Isivile (2).

“Maatskaplike werkers sal geestelike en ander bystand aan die familie en bure verskaf wat die tragedie sien gebeur het,” het Sihle Ngobese, woordvoerder van die departement, gesê. “Hulle is erg getraumatiseer deur die voorval. Ons streekskantoor sal traumaberading verskaf.”

Die departement sal ook ander ondersteuning soos kos, klere en ʼn tydelike toelaag bied indien nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mk ·

Jammer om van dit tehoor maar wat van die families van Plaas aanvalle

Linette ·

Ses lewens wat verloor is in ‘n brand wat waarskynlik deur hul eie nalatigheid veroorsaak (‘n brandende kers of paraffien-stoof is dalk aan gelos teen die koue nag) is, is min vergeleke met die 47 mense (wit/swart en bruin) wat op plase tot dusver vanjaar al vermoor is. Die Departement gaan berading vir diegene wat die brand aanskou het, gee – maar gee hulle berading aan die oorlewendes/naasbestaandes van plaasaanvalle/moorde? Nee. Die plaasmoorde word nie eens opgelos almal nie – niemand word aangekeer nie en indien daar wel arrestasies is, vat dit járe vir sake om voor te kom en dan kry die moordenaars belaglike vonnisse van so iets soos 15 jaar, waarvan 5 jaar opgeskort is. Bitterlik onregverdig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.