[Foto’s] Die eerste sneeu is hier!

Lynda Ross in Kokstad in KwaZulu-Natal het dié foto aan Snow Report gestuur

Lynda Ross in Kokstad in KwaZulu-Natal het dié foto aan Snow Report gestuur

Die Facebook-blad Snow Report het Saterdagoggend bevestig die eerste sneeu het in verskeie dele in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal geval.

Lesers van Barkly-Oos en Ugie in die Oos-Kaap het foto’s ingestuur van die sneeu, en lesers van KwaZulu-Natal in Kokstad, Swartberg en Underberg het ook bevestig dit het op die hoogliggende dele gesneeu.

Dit sneeu glo ook in Lady Grey in die Oos-Kaap en op die pad na Port Elizabeth via Cradock.

Dit sneeu ook by die Tiffindell-ski-oord in die Oos-Kaap.

Maroela Media het verlede maand berig die Matroosberg in die Wes-Kaap het met die eerste sneeu vir die jaar gespog.

Besoek gerus Snow Report se Facebook-blad vir nog foto’s en ‘n video van die sneeu in Kokstad.

Hiermee volg foto’s van sneeu in die Sanipas:

Tiffindell-ski-oord in die Oos-Kaap (Foto: Snow Report SA)

Tiffindell-ski-oord in die Oos-Kaap (Foto: Snow Report SA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat-ek-lees ·

BBBBBbbbbbbbbrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Testertjie ·

Die Winter is hier. Ek onthou vroeer jare die laaste naweek van April dan haal jy warm klere uit.

Ina smit ·

Ek geniet dit om Maroela Media te leesdaarom wil ek graag aansluit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.