Die Tshwane-metropolisie het Woensdag ʼn waarskuwing aan motoriste gerig oor paaie wat geraak gaan woord weens ʼn beplande optog.
Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê lede van die munisipalewerkersvakbond Samwu gaan Donderdag die strate invaar en veral die middestad gaan geraak word.
Die betogers gaan om 09:00 by die ou Putco-busstasie in Marabastad bymekaarkom en vandaar na Tshwane Huis, op die hoek van Lillian Ngoyi- en Madibastraat, beweeg.
“Van die busstasie af beweeg die groep in Strubenstraat oor die Kgosi Mampurustraat-kruising waarna hulle regs in Sophie de Bruinsstraat gaan draai. Van daar gaan hulle oor die Johannes Ramokhoase-straatkruising en gaan hulle links in Madibastraat beweeg tot hulle by Tshwane Huis opdaag,” het Mahamba gesê.
Die groep gaan na verwagting teen 12:00 of 12:30 ʼn memorandum daar oorhandig.
Metropolisiebeamptes gaan ontplooi word om die optog en strate wat geraak gaan word te monitor.
Motoriste word gewaarsku om die strate wat geraak gaan word te vermy en van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Ek hoop ander Pretorianers weet watter strate om te vermy. Ek het ongelukkig nie ‘n idee waar al hierdie genoemde strate is nie! ?
Lillian Ngoyi = Van Der Walt Str Madibastraat = Vermeulen Str
Kgosi Mampurustraat = Potgieter Str Johannes Ramokhoase = Proes Str Sophie de Bruinsstraat = Skinner Str
Dankie Phillip ek het ook nie n idee waarvan hulle praat nie het die hof nie die metro beveel om die name terug te vernoem nie ???
Nou praat jy, ek is ñ vreemdeling in Jerusalem met hierdie vreemde name! Nou vra ek die vraag, wat het dan geword van die hofuitspraak wat gewen is teen hierdie moetswillige naamsveranderinge?
Ek was oortuig die berig is totaal verkeerd want waar kry jy sulke vreemde straatname in ons dorp. Die ouens het dan JA gestem dat die grootste vrede op ons neerdaal en almal rustig en veilig sou wees maar helaas weet ons nou nie eens waar ons in ons eie dorp is nie. Die wigte en teenwigte word seker nog voorberei sodat dit in werking kan tree. Ek hou maar duimvas ek verdwaal nie as ek in die stad moet rondry nie.
Wat van die regte van die motoriste wat die paaie moet gebruik? Dit lyk my tel nie. Slaegs sekeres het “regte”.
Hoeveel besighede gaan weer geplunder word? (En wat nie geplunder word nie, word dalk afgebrand!!) Die eienaars moet hulle besighede baie goed dophou en selfs kameras hê wat als kan opneem!!
Sal terug skool toe moet gaan om straat name te leer
Interessant hoe die mense wat die minste doen,die meeste kla en ander se lewens ontwrig.Kyk maar na die toestand van ons sypaadjies,vullesverwydering,instandhouding van paaie,begrafplase en parke,om nie eens van die publieke vervoerstelsel en diens in munisipale kantore te praat nie!Pateties.Gee die werk vir mense wat wil en kan werk.