Dís wat vlak 4-waterbeperkings in Kaapstad beteken

Theewaterskloofdam (Mei 2017) Foto: David Bradley (@DJDBrad), Twitter

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het Dinsdag voorgestel dat die raad vlak 4-waterbeperkings instel. Indien dit goedgekeur word, sal die waterbeperkings van 1 Junie ingestel word.

Die burgemeesterskomitee het alle watergebruikers gemaan om munisipale water slegs te gebruik om te drink, mee te kook of te was, aangesien die damme ʼn kritieke vlak bereik het en die gebruik steeds te hoog bly.

Hiermee die verskil tussen vlak 3b-waterbeperkings en vlak 4-waterbeperkings:

KategorieëVlak 3bVlak 4
Besproeiing met munisipale water – Dinsdae en Saterdae vir ʼn uur, voor 09:00 en ná 18:00 met ʼn emmer of gieter

– Verbied binne 48 uur ná voldoende deurdringende reën

Verbied
Besproeiing met nie-drinkbare water – Word aangemoedig om dieselfde reëls te volg as drinkbare water

– Verbied binne 48 uur van voldoende deurdringende reën

– Gebruik deur die stad se departemente

 

– Sterk aanbeveling slegs op Dinsdae en Saterdae voor 09:00 of ná 18:00 vir ʼn uur

– Ontmoedig vir 7 dae ná voldoende deurdringende reën

– Gebruik deur die stad se departemente

BadkamerGeen beperkingSpoel toilette met nie-drinkbare water (gryswater of reënwater) word aangemoedig
WaterfonteineGebruik van munisipale drinkbare water word baie sterk ontmoedigGebruik van munisipale drinkbare water word verbied
Swembaddens – Mag slegs per hand opgevul word, en indien ʼn swembadbedekking gebruik word

– Gebruik van draagbare swembaddens verbied

– Swembadbedekkings vir openbare swembaddens word baie sterk aangemoedig

 

– Geen opvul of hervul nie

– Gebruik van draagbare swembaddens word verbied

– Swembadbedekkings vir openbare swembaddens word baie sterk aangemoedig

 

Was van voertuie– Kommersiële karwasserye moet beste praktyke volg

– Informele karwasserye mag slegs emmers gebruik en nie tuinslange nie

– Verbied met munisipale drinkbare water

– Karwasserye mag aansoek doen vir kwytskelding

Fasiliteite– Spuitparke moet streng bestuur word

– Gholfbane, sportfasiliteite, parke, skole en onderriginstansies mag nie nuwe landskappe of sportgronde aanlê nie, tensy besproeiing slegs met nie-drinkbare water plaasvind

– Spuitparke word verbied

– Gholfbane, sportfasiliteite, parke, skole en onderriginstansies mag nie nuwe landskappe of sportgronde aanlê nie, tensy besproeiing met nie-drinkbare water plaasvind

Toekenning van waterGratis 350 literGratis 350 liter
Algehele gebruik per persoon Geen beperking100 liter per persoon per dag word sterk aangemoedig

 

“Die beperking maak ook spesifiek verwysing na ʼn beperking op watergebruik tot 100 liter of minder per persoon per dag. Moenie jou toilet onnodig spoel nie, aangesien 10 toiletspoelings per dag jou hele water-allokasie kan opgebruik,” het raadslid Xanthea Limberg gesê. “Ons verwag ook van gebruikers met boorgate om slegs op die aangewese dae te besproei, aangesien die onbeheerste gebruik van nie-drinkbare water ons almal beïnvloed. Die stad reguleer egter nie boorgatgebruik nie.”

Sy het gesê inwoners in Kaapstad moet aan die waarskuwing voldoen, aangesien dit ʼn “ernstige krisis” is. “Ons kan nie 4 miljoen watergebruikers in die stad 24/7 dophou nie. Meeste misbruik vind plaas agter geslote deure. Elke druppel water wat gespaar of gemors word, maak ʼn verskil aan ons damvlakke.”

Die voorgestelde boetes op vlak 4-waterbeperkings is onderhewig aan die raad en die hofmagistraat se goedkeuring. Dit strek tussen R1 000 en R5 000.

“Ons moet die verbruik binne die volgende week met 100 miljoen liter water per dag verminder.”

Inwoners kan ʼn e-pos stuur aan [email protected] vir navrae of om oortredings aan te meld (voeg bewyse by), of stuur ʼn e-pos aan 31373.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Arno ·

Die Stad weet sekerlik al lankal van die dreigende krisis (meer as ‘n jaar), maar het net nie ernstig genoeg opgetree nie. Spyt kom te laat. Swak beplanning!!

Gert ·

Wie regeer daar in die Weskaap?
Kan ons dankie se aan die DA?
Bid sal werk. Ons moet almal Bid. Hierdie droogte laat my dink aan n wyse man se woorde. Kan nou net net nie onthou wie dit was nie.

Richard ·

Niks te doen met swak beplanning nie Arno.
Die Kaapse metropool groei teen ‘n ontsettende tempo. Mense uit Gauteng en die Oos-Kaap stroom na die Wes-Kaap en spesifiek Kaapstad. Die stadsraad kan net eenvoudig nie byhou nie.

Dalk moet ‘n totale verbod geplaas word op mense uit Gauteng, en die Oos-Kaap wat soontoe heen wil gaan……….

CW ·

Richard, Kaapstad is een van die stadigs groeiende stede in Suid-Afrika met 54% groei sedert 1994 en is veronderstel om die invloei maklik te akkomodeer. ‘n Dorp soos Rustenburg het sedert 1994 in ‘n stad ontaard en het met 400%+ groei in dié tydperk dieselfde hoeveelheid inwoners soos Bloemfontein maar Rustenburg sit nie met waterbeperkinge nie en sy infrastruktuur hou tred. Vir elke ou aan die Rand wat Kaap toe trek trek daar 2 Kapenaars Rand toe…

ha botha ·

Sit die probleem reg voor die plaaslike regering se deur.
Hengse ontwikkelings vind plaas…kyk maar wat in Sunningdale gebeur. Smaak my erfbelasting is die grootste trekkrag.
Hoekom is daar nie al lankal voorsiening gemaak inagnemend die henge groot onwikkelinge die laaste paar jaar.
Die informele behuisings areas word al groter. Het al opgemerk dat van die buitekrane heeldag loop. En moenie met persentasies kom nie..hul word uit duim gesuig om n aanvarebare prentjie te verf.

Michael ·

Wanneer gaan hulle begin om ontsouting aanlegte te bou ……maar beplan om nog ‘n standbeeld vir Mandela die 500 en 60 en 2 een in Suid-Afrika by die Waterfront op te sit mens sou dink ‘n DA beheerde provinsie sal sy prioriteite reg hê.

Lynni ·

Aan Rerig, hoekom sê ons moet ons bekeer. Ons bid my vriend. Vierkleur het nie eens vir jou geantwoord nie maar toe moet jy jou paar sente ingooi. Trotse Kapenaar wat hard bid.

Charles ·

Gebed alleen gaan nie help nie, maar ook gesonde verstand! Stem saam met die skrywer aangaande die geweldige uitbreidings in en om Kaapstad. Volgens statistiek het meer as ‘n miljoen mense die afgelope paar jaar, die gebied ingestroom. Dus een en een is: die stad is uit op geldmaak en baie meer mense gebruik water!

Ai ·

Ek hou die Kaap in my gebede, ja dis jammer ons land se leiers sal eerder geld steel as om geld uit te haal om Israeliese tegnologie te nader. Meeste van hulle water is gesuiwerde seewater, dis hoekom hulle n oase in die woestyn is. Ons het ook twee of miskien drie (sover ek weet) van die operasies maar dis nie naastenby genoeg om ons hele land te voorsien van water nie.

Martin ·

Wat gaan ou Angus doen.? Die mense kort water. Nie Miljoene rande se inspuiting vir sy boerdery en soos vir die Stad Bloemfontein nie.

Johannes Meintjes ·

Mens lei dan af dat Vlak 1 denke toe nooit ingeskop het nie. Sonkrag ontsoutings aanlegte wat ook krag opwek en landboutonnels kan instandhou, nadergesleepde ysberg of verhoogde watersuiwering van gryswater word nie oorweeg nie. Kernkrag en landsburgers onder toenemde druk is maar deel van die belastingbetaaler se vrot lot in die Nuwe SA en in die DA se Kaap.

Jeanne ·

Die huidige watertekorte is ‘n goeie voorbeeld van uiters kortsigtige beplanning vir die Wes Kaap, wat net gemotiveer word deur politieke oorheersing. Ek is ook ‘n DA ondersteuner, maar die oorstroming van dorpshuiskomplekse en beplande hoe digtheid- behuising vir kiesers wat nie eers tradisioneel vir die DA stem nie, is onvolhoubaar. Die laaste twee jaar se lae reenval het duidelik gewys dat die probleem nie reenval op sigself is nie, maar onvolhoubare voorsiening. Ons moet ons groen spasies onderhou om die reenval in ons gebied te bestendig. Die grootste gat in die osoon is bokant die Sahara woestyn waar niks groei nie. Plantegroei, nie meer mense, wat bo-op mekaar bly nie, is ons redding. Die donderstorms en hael wat ons met die eerste reens ervaar het, is goeie voorbeeld van wat gebeur as ons nie ons groen spasies kan onderhou nie. Grys water maak net grond brak as mens dit heeltyd gebruik. Ontwikkelaars moet gedwing word om grys waterstelsels in plek te he voor hulle begin bou en om baie meer groen spasies te onderhou binne die hoogs opgeboude huise en woonstelle. Bid vir ‘n yskoue winter met baie sneeu wat in damme smelt!

Engela ·

Haai weet julle, die DA kan nie reën bestel nie! En hoekom stroom die Gautengers en Oos-Kaapse mense soontoe? Oor dit lekker is daar!!!

CW ·

Vir elke ou aan die Rand wat Kaap toe trek trek daar 2 Kapenaars Rand toe…

Vissie ·

‘n Bekende bouer van Calvinia kom klop vanmiddag hier op Vanrhynsdorp op pad huis toe aan om te verneem of ek hom nie bietjie water kan gee nie. Ons het sy tenk van 25 liter volgetap en hy is daarmee huis toe vir huisgebruik vanaand, want in sy tuisdorp is daar feitlik geen water meer nie. Ons sit self hier in die noordweste met ‘n waterkrisis, en dit was alles te wyte aan ‘n gebrek aan versiendheid by die owerheid. Die waterskaarste dreig al lank, maar dis mos inkomste om water aan die huiseinaars te verkoop. As die watertoevoer gesny of veeminder word, neem die inkomste af. Hulle sal wag tot dit feitlik te laat is en dan maak soos nou hier waar ons beperk word tot water net vir huishoudelike gebruik. Ons huistuine is stofgate, En in Kaapstad? Ons hoor gedurig van planne en beraadslagings, maar wat word werklik gedóén? Berade en konferensies spaar nie water nie. Inteendeel, die konferfensiegangers sit elkeen met ‘n yslike fles water voor hulle op die tafel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.