Doodskis-video: Borgtoguitspraak gelewer

Oosthuizen (links) en Jackson Donderdag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Oosthuizen (links) en Jackson Donderdag in die hof. Foto: Phillip Bruwer

Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man, ene Victor Rethabile Mlotshwa, in ʼn doodskis ingedwing het, het Donderdag in die Middelburg-landdroshof verskyn waar uitspraak gelewer is rakende hul borgtogaansoek.

Landdros Jongilizwe Dumehleli het Oosthuizen en Jackson se borgtogaansoeke geweier. Hy het gesê die beskuldigdes het die reg om teen sy uitspraak te appelleer. Mense in die hof het hard hande geklap nadat die landdros sy besluit bekend gemaak het.

Volgens Dumehleli het hy die beskuldigdes se persoonlike omstandighede in ag geneem in sy besluit. Dumehleli het gesê hy glo nie die beskuldigdes se vroue en kinders sal honger ly nie en dat hulle families moet intree om te help.

Dumehleli het in sy uitspraak ʼn opsomming gegee van die saak en die beskuldigdes se persoonlike omstandighede. Hy het gesê hy moes vasstel of dit in belang van geregtigheid is dat die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word.

Hy het verwys na die beskuldigdes wat albei getroud is en jong kinders het. Albei het vaste adresse en betrekkings gehad toe hulle in hegtenis geneem is. Dumehleli het met verwysing na die ondersoekbeampte se getuienis tydens die borgtogaansoek weer na Victor Rethabile Mlotshwa, die beweerde slagoffer, se weergawe van die gebeure verwys.

Die ondersoekbeampte het ook versoek dat die beskuldigdes nie op borgtog vrygelaat word nie weens die wye mediadekking wat die saak ontvang het en uit vrees vir die beskuldigdes se veiligheid.

Tydens die borgtogaansoek het die hof onder meer Mlotshwa en die beskuldigdes se weergawes van die gebeure gehoor. Mlotshwa het aangevoer dat hy deur ʼn veld gestap en toe deur die beskuldigdes voorgekeer is. Hy het gesê hy is aangerand en vasgebind en later gedwing om in ʼn doodskis te klim.

Die beskuldigdes het aangevoer dat Mlotshwa koperkabels gesteel het en dat hulle hom ʼn les wou leer. Volgens hulle verklarings wat aan die hof voorgelees is, het hulle nie die bedoeling gehad om Mlotshwa leed aan te doen nie. Hulle het ook gesê Mlotshwa het hulle gedreig.

Dumehleli het egter die bewering dat Mlotshwa koperkabels in sy besit gehad het, verwerp. Volgens die landdros het die beskuldigdes ook nie ʼn saak van onwettige betreding aanhangig gemaak nie. “Dit wys die aanranding was ʼn voorval van brutale rassisme.” Volgens Dumehleli wou die beskuldigdes ook nie bekend maak hoekom hulle ʼn kis in hulle besit gehad het nie.

Dumehleli het gesê daar moet DNS-toetse op die kis gedoen word om te kyk of iemand anders dalk ook daarin was. Hy het ook sy teleurstelling uitgespreek met die ondersoekbeampte se voorlopige ondersoek na die voorval.

Dumehleli het tydens sy uitspraak gefokus op rassisme en vorige uitsprake in die verband. Hy het gesê “rassisme is ʼn virus waaronder die hele wêreld ly”. Volgens Dumehleli aanvaar hy ook nie die beskuldigdes se regsverteenwoordiger se argument dat hulle nie veilig sal wees in aanhouding nie.

Dumehleli het egter ook Mlotshwa se weergawe van die gebeure bevraagteken. Hy het gesê indien die voorval amper ʼn uur geduur het soos wat Mlotshwa beweer, sou hy “doodgegaan het van angs” of erger beseer gewees het. Hy het ook gesê dit is kommerwekkend dat Mlotshwa eers so lank ná die voorval ʼn dokter gaan spreek het.

Adv. John Welch, namens Jackson en Oosthuizen, het aan Maroela Media gesê hulle gaan nie in die stadium kommentaar lewer nie. Hy kon ook nie onmiddellik sê of hulle teen die uitspraak gaan appelleer nie.

Die saak is tot 25 Januarie uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor die doodskis-video op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

Jane ·

Landdros – gaan kyk asb buite die hofsaal hang hulle WIT BABAPOPPE aan pale op en slaan hulle in die gesig. Ek begin al hoe meer simpatie vir die twee manne kry. Aanvanklik was ek vreeslik teen hulle aksies, maar ek sien nou die mense dryf jou teen die mure uit en NIKS word aan hulle rassisme en onaanvaarbare gedrag gedoen nie. Lyk my ou Mhlotswa het ook lekker gelieg, selfs die landdros glo jou nie, maar steeds weier hy borgtog? Vreemd want as jou enige getuie ONBETROUBAAR is, hoe glo jy al die ander goed wat hy gesê het?

Marietjie ·

Weet julle dit is siek was dit omgekeerd was was daai allank vry gelaat weet wat hul gedoen het was verkeerd gee hul n boete en laat hul gaan hoeveel wat ons ou mense aanrand kry 500 of 1000 rand boete dan praat hul van rasisme

Geregtigheid ·

Liewe genade ek wens ek was naby dat ek hul kon afneem en ‘n saak van rassisme teen hul maak!! Kom mense is jy daar naby is gaan asb en neem ‘n foto, swart en wit sodat hul kan sien dit is wit poppe. Is die gereg geblinddoek as hul die gebou binnegaan. Nee man!!!

Gatvol ·

Ek stem heeltemal saam jou. Ek is so gatvol vir al hierdie regters wat al wat n saak doen teen die Blankes, alles afmaak as rassisme en soos jy se, kyk hoe pleeg die swartes buite die hof rassisme en aan hulle word niks gedoen nie. Dit maak mens siek van hoe ons Blankes vertrap en behandel word. Die ergste van alles is dat die regstelsel van ons land rassisme bevorder en nog daarmee wegkom ook.

Annie ·

Stem saam met Jane – glo my as dit blankes was met swart poppe het die poppe gedans, dan was hullle ook almal aangekla en toegesluit – so onregverdig, maar solank, jy steel, skiet, brand, vekrag en moor in hierdie land is jy ‘n hero maar moenie die skelms wil vastrek nie.

Adam Boshoff ·

Is die regter nie bevooroordeeld omdat dit wit mans is en hy hulle maar net oor die kersgety in die tronk wil hou nie

Wilbro ·

Dis doodgewoon straf voor skuldigbevinding . Rassistiese landdros en ondersoekbeampte.

C Simpson ·

Absoluut!! Ek wil sien wat gebeur as dit anders om gebeur

Gatvol ·

Jy slaan die spyker op die kop. Dis mos deesdae hul taktiek, volgens hulle is dar te veel swartes in die tronke en te min wittes. Ha ha, wat n sirkus

asseblief!!! ·

ek glo in daardie jong mans se onskuld.Ek dink regtig hulle wou hom net skrik maak .Ek glo nie vir een oomblik dat hulle hom eers aangerand het nie .En ek glo nie die voorval was rassisties nie…..en arme jong mense .Maar as jy nou moor kom jy op R 500 borg uit……???

Karma ·

@asseblief!!! … Ek kan nie méér met jou saamstem nie. Ek dink dit was suiwer ‘n kwessie van hulle wou die man bangmaak en straf want hy was op privaatgrond en het – na bewering – koperkabels gesteel. En het enige iemand nou gedink dat ‘n swart regter hierdie twee wit mans borgtog sou gee? Daar was nie eens die vaagste kans nie. Dit is sommer bog dat hy borgtog weier ter wille van hul veiligheid. Dit is RASSISME uitgeskreeu in die hardste stem! En hoe weet die regter dat die klaer nie gesteelde koper in sy besit gehad het nie? Was hy daar? En hoekom het die klaer so lank gevat om dokter toe te gaan? Het iemand hom dalk na die tyd van so bietjie “raad” bedien om die twee boere by te kom? Dalk dieselfde ou wat die video geneem het en versprei het? Nee, dié saak stink van rassisme, want in ander sake, waar aangeklaagdes moord gepleeg het, kry hulle borgtog van R1000.00, maar hierdie 2 boere nie – hulle wat vaste adresse het en geen vlugrisiko is nie? SA JUDICIAL SYSTEM STINKS AND IS RACIAL.

dankie ·

ek glo ook nie hulle wou hom keed aan doen nie. maar net due vrees laat voel wat hulle elke dag daar op die plase voel. vir al wat ins weet was dit in opdrag van hulle base?

Joe ·

Volgens my opinie , het die landros reg op getree om hierdie 2 manne se borgtorg te weier , ongeag ras of kleur !! Dit is steeds skokkend , teleurstellend & tragies wat hierdie 2 beskuldige mans gedoen het , dit is onaanvaarbaar . Hulle gooi net net meer vet op die vuur vir misdaad …. nou word daar ook gevra hoekom al die misdaad , ons as wit Suid Afrikaners moet in teendeel ‘n
voorbeeld wees vir die alle ander nasies , ongeag wat jou vel kleur is !! Het hierdie beskuldiges nie geweet wat die gevolge gaan wees met hulle aaklige , skokkende dade nie …. wel hulle is geen hero’s nie !!

Whitey ·

Ag nonsens, die feit dat jy se Witmense moet die voorbeeld wees, beteken opsigself dat jy dink swartes kan nie die voorbeeld stel nie, en dit is ook rassisme, al probeer jy hoe polities korrek wees. Die swartes staan saam met hulle ‘oortreders’. Die studente het al die universiteite verniel en verbrand en mense aangerand en hulle is ALMAL op BORGTOG uit. Was wat die twee ouens gedoen het erger? NEE dit was nie, hulle verdien borgtog. Weet moordenaars wat die gevolg gaan wees? Ja en steeds pleeg hulle moord EN kry borgtog. Dit is RASSISME om twee manne wat ‘n swart ou in ‘n doodskis ingedwing het borgtog te weier terwyl MOORDENAARS almal borgtog kry. Moord is vir my baie meer skokkend. Die swartes staan saam, die wittes haal mekaar uit!

willehond ·

Hallo ou Joe!!! In watter land bly jy? Beslis nie hier in Suid Afrika nie!!

Eugene ·

Joe ek stem volkome met jou saam! Nou wil ander rassiste hier nog die 2 manne verdedig wat rassisties was . Mense dit is die gevolge van baarbaarse optrede. Maak nie saak wit op swart of swart op wit rassisme is verkeerd. Die magistraat glo ek het die regte besluit geneem.

TDW ·

Kyk weer na die video, as hulle hierdie ou wou seer maak sou hulle sy arms gebreek het soos hulle hom in die kis probeer indruk het. Maar instede pop die arms oral uit. Sonder dat regtig gewig opgesit is. Maak die gehuil jou hart seer? Weet jy hoeveel mense het ons in die buurte gevang dan huil hulle net so, presies dieselfde angsbevange kerm. Want hulle is gevang. Hulle weet as dit onder hulle eie mense was wat hulle gevang is, sou hulle lewendig gestenig word. Hulle is doodsbenoud!! Dis wat gebeur as jy gevang word terwyl jy weet jy het iets onwettig gedoen. Jy begin dadelik met trane en die gesmekery.
Wit Swakkelinge!!! Altyd eerste om te oordeel. Julle! Die mense wat nie deel word aan oplossings nie, wat toekyk terwyl ‘n ander een aangerand word, jy wat liewer weg kyk! Bangbroeke.Ek is moeg vir julle!!Julle is deel van die probleem! Mag julle harte gou verander! Moenie hulp verwag waar jy nooit bereid was om te gee nie! Verander gou! Ons ander is hier vir oplossings, hulpverlening en reg om ons arms stompies te baklei vir ‘n ander. Ons praat nie net nie! Ons doen! Dis ons wat bereid sal wees om uit ons kar te klim en iemand te help wat voor ons gekaap word! Wit swakkelinge … word liewerster so!

Wit en trots daarop ·

Joe, jy is seker een van hulle wat ja gestem het!!!!!!

J ·

Joe!!! Voorbeeld stel vir wie? Vir die plaas moordenaars. My ou jy gaan nie n pos kry in die parlament met jou kommentaar nie. Gaan skink eerder nog enetjie. Dan bel jy n pel en praat daai nonsens met hom.

Drukus ·

Nee man, ons beskik nie oor al die feite nie. Dit wil tog lyk asof die saak uit verband geruk word. Waarom kry mense dan wel borgtog as hulle ‘n ou tannie in haar huis aanrand en haar borste met ‘n strykyster gebrand het? Waarom word daar dan nie poppe buite die hof opgehang nie?

Joe2 ·

Joe1, en intussen word die een blanke na die ander vermoor, daarmee het jy nie ‘n probleem nie ne???!!!

Tess Riekert ·

Draadsitter….. kommie kruiper…. ons Boere word daagliks uitgemoor en hulle moordenaars se borgverhore word nie aan die groot klok gehang nie…. R200 borg en op vrye voet om net nog te plundrr en moor! Tyd dat blankes opruk en hul borg verhore ontwrig!! Wonfer of Afriforum ondersteuning sal bied!

Gert Brits ·

Borgtog dien een doel en dit is om te verseker dat die persoon voor die hof, weer in die hof sal verskyn nadat borgtog toegestaan is. So ook n waarskuwing om weer in die hof te verskyn wat deur n landdros gegee word bv waar elke saak uitgestel word en die beskuldigde dan gewaarsku word om weer te verskyn. Weiering van borgtog soos in die geval word nou gebruik om as strafmaatreel te dien. Jy kan nie n persoon straf wat nog nie skuldig bevind is nie. Albei bg het vaste adresse en daar is geen rede om borgtog as straf te gebruik nie. Erge ander kriminele kry borg. Die landdros dwing n sogenaamde rassisme saak af. Wat gaan die klagte uituindelik wees, slegs aanranding, niks meer.

Koos ·

Al wat ek kan se is: los ander mense uit, stap die reguit pad en bly uit die moeilikheid uit. Dit is nie die moeitewerd om vir sulke oortredings toegesluit te word en dan met n krimenele rekord te sit nie.

Kobus ·

Stem 100% saam Koos…..daar is legio voorbeelde van mense wat die reg toets en as hul probleme kry….dan is dit almal se skuld behalwe hul eie….ons is op n mespunt wat rassisme betref….dit moet nou uit geroei word met wortel en tak….al beweer die 2 jongmanne dat hul die ou net wou skrikmaak….dit word nie so gesien…as hul vermoed het dat hy onwettig koperkabel by hom gehad het….magtig man….voer n burgerlike arrestasie uit….die wet laat dit toe…net nie onnodige geweld gebruik

Boertjie ·

Stem “Paul Kruger”. Dis bloot rassisme teen blankes. “Spot light” try hul van hul self af weg hou…. ! Wiel draai maat……

Johann ·

Kan die wetstoepassers dus mense net beskerm as hulle in die tronke aangehou word, maar nie daar buite nie? So asof mens iets by ‘n bank vir veilige bewaring ingee. Baie boere se plaasopstalle lyk al soos tronke, maar hulle is nie eens daar veilig nie, ook voel die staat ‘n veer daarvoor. Wat egter baie kommerwekkend is, maar nie onverwags nie, is die reaksie van die publiek buite die hof, EFF?

Simon ·

O, ons wil tog so graag as rusbankdeskundiges raad gee en opinie uit spreek.
Hoeveel van julle het die optrede by n braai be spreek en goedgekeur we tend dat julle bedoeling nooit is om iemand aan te rand of selfs te beseer nie – skrikmaak JA.
Nou wil ek graag vra. Leef Mlotswa nog? Moes hy medies behandeling ondergaan by n hospitaal? Hoe lank het hy na die insident rond geloop voor hy gaan kla het?
Na alles het hy eintlik nie veel oor gekom nie maar sy eer is geken en hy het nou n spreek woordelike stok gekry om die witman se mee te slaan.
Vergelyk tog nou die wittes se optrede met skerminkels wat by n huis in gaan, die inwoners met kook water of n warm strykyster brand, Verkrag dan ten einde laaste nog vermoor ook.
Wie is die grootste skerminkels? Ek laat die antwoord aan jou oor.

Elo Quinn ·

Ek is op 16 Oktober deur Kaapstad se MyCity bus beseer. Elke dag loop ek in intense pyn. Die mediese proses is onmoontlik om mee oor die weg te kom. Ek verdra liewer die pyn as om nóg ‘n keer deur die DA-beheerde provinsie se stelsel en personeel verneder te word. Dalk verstaan ek hoekom mense lank neem om te gaan kla. Terloops, vermy MyCity busdiens want ek en my vrou is albei beseer tydens ritte, die elektroniese kaartstelsel steel jou krediet, soos gister weer.

Terloops, almal wat so bek rek hier bo: wat sou jul reaksie gewees het as die slagoffer jou eie wit seun was? Meer nog, as die oortreders swart was? Kyk in jule eie harte hoeveel rassisme daar is. Die kommentaarkolom loop dik daarmee. Ook dit is deel van ons groter probleem. Skaam julle.

Jan ·

Elno, gaan kyk na die video, dan vra ek jou dagboek my kommentaar aan jou dan lees jy dit weer na al die hofverrigtinge verby is. Hierdie twee ouens het ‘n oortreder gevang wat hulle ‘n les wou leer, dit het niks met rasisme te doene nie. Die landdros was sommer vandag regter ook en het die regstelsel versaak. Hy hoort nie daar nie.

Anoniem ·

Vir die Landdros om te se “dit wys die aanranding was ‘n voorval van brutale rassisme” het hy klaar sy uitspraak gegee, hoekom dan wag vir die verhoor…. ek dink hulle moet ‘n ander (nie-partydige) Landdros versoek en een wat meer bevoeg is… Hoekom moet daar enigsins ras inkom? Die aanranding van daai skooldogters is ‘n enkele voorbeeld maar kom basies neer op: selfe ras aanval is dit ‘aanranding…..’ swart op wit aanvalle is ‘aanranding…..’ maar wit op swart is ‘rassisties en aanranding en moet gestraf word met die hoogste straf denkbaar’. totaal en al belaglik

Philip ·

Hulle behoort borg te kry, wat hulle gedoen het is definitief verkeerd. Maar ons is nou aan die ontvang kant, Verwoerd en Malan kan daarvoor bedank word. Dinge is nou anders om. Ek dink, ons word nog nie so sleg behandel nie. Word nog nie uit ons huise forseer nie, mag nog in die winkels in gaan saam alle ander mense. Maar two wrongs don’t make a right…. Ek is al oud, maar my arme jong kinders moet nou die prys betaal vir die verlede se foute. en hoeveel mense is al vermoor, en die direkte rede is dit wat gedoen is in die verlede. En ons weet wie die ouens was wat dit op ons almal gebring het.

Justsaying ·

@Philip, jy reken ons word nog nie so sleg behandel nie? Genade bly jy onder n klip. Nee ons word nie sleg behandel nie….ons word UITGEMOOR. Ons ouens van dae word eers gemartel vir ure lank, soms…net soms daarna verlos uit ‘n helse vernedering, pyn ens. Soms word hul vir dood agtergelaat. Baie van hierdie oumensies word eers n dag of twee later gevind, En jy sê ons word nie sleg behandel. As jy wakker word is jou koffie koud

Jenny ·

Daar was geen blankes in die hof gewees nie, want hulle was met ‘n slim set weerhou om in die hof in te gaan. Toe hulle kon ingaan was daar nie meer plek gewees vir enige blankes nie. Wat noem hulle dit nou? Hierdie hele saak moet aan die buiteland uitgewys word asrasisme teen ons blankes. Die waarheid word nie vertel omtrent hierdie saak nie, in die guns van die beskuldigdes nie.

Tess Riekert ·

Jennie daar was 10 blankes in die hof…. Ons het ons pad oopgeveg en toe die anc ons van ons sitplekke wou afdruk het ons ewe hard terug gedruk. Dit was nie op tv vertoon nie!!!

Pietser ·

Ag wat, dis mos lekker in die tronk. Behoort nie ‘n probleem te wees nie, spesiale ete Kersdag, ens.

Koos ·

Hierdie twee beskuldigdes is klaarblyklik gewone wit plaasmense wat 24/7 in n oorlogsone leef waar swart kriminele heeltyd op loer is om die man te vermoor en die vrou en vroulike kinders te verkrag sonder dat die staat hulle beskerm. Ons lewe in n “failed state” waar derduisende moorde en diefstalle strafloos plaasvind. Hulle het waarskynlik n boendoe hofstraf toegepas, want om die saak aan te gee help net niks. Ons niggie(32) is verkrag en vermoor en 12 jarige dogter verkrag op plaas. Die staat is ons vyand

henrietta rust ·

Dalk moet die blankes wat die hof verrigtinge bywoon ook nou maar twee swart poppe kry en dieselfde doen. Dan kyk ons wat gebeur.

GG ·

Klaer erken self hyt huis toe geloop na voorval, maar vat oor 2 maande om by n dokter uit te kom omdat hy kama te seer het om te loop. Word wakker Afriform. Om borg nie toe te staan nie is rasisme van die regeering se kant af. Wat is die klag dan nou eintlik. Kan Afriform nie help dat regverdigheid hier geskied nie. Hierdie word n voorval wat die regeering wil gebruik om wittes n punt te bewys, sonder om na die reg te kyk

dg ·

Dankie Simon vir die waarheid. Al die mense wat se die twee is so verskriklik, hoop net nie daar sluip iemand op jou erf rond of breek by jou huis in as jy daar is nie daardie persoon het mos regte en dan het jou regte verval.

GG ·

Kan Afriform nie ingryp en geregtigheid laat seevier nie. Waarvoor betaal ons dan ons lede geld. Dis n belaglike uitspraak van die Landros. Hys die groot rasis en sy regeering

Van ·

Dis als polities gemotiveerd spanmaats – hulle gaan die ding uitrek en se apartheid en rassisme is nog altyd lewendig in die minderheid…….! Hoekom klap almal kastig hard hande oor die twee borgtog geweier is?!

Alida ·

En niemand praat oor 5 of 6 swartmans wat ‘n wit gesin aanval in die middel van die nag en hul kele afsny nie. Die woord ras is ‘n vloekwoord in SA. Die hele storie het handuit geruk net omdat dit 2 blankes was.

Mariette ·

Alles goed en wel was dalk nie regte metode maar ek dink ek sou selfde gedoen het. Wat van al die plaas moorde? Wat van ons ou mense wat verkrag en dood gemaak word. Is dit nie rasisme nie? Daar het Julius malema gese as hy president was was di wit mens ancient!!!! Wat van sy uitlatings met sy samekoms wat hy se: we wont kill the white atleast not yet. Daai Victor “slagoffer” is nie eens beseer so wat maak van hom n meer slagoffer as ons mense wat dood gemaak word. Ek dink nie dis regverdig dat hulle opgesluit is nie.

m ·

Sekere tipe grappe is lankal nie meer snaaks in die land nie . Hierdie mense het vir hulle self die grootste probleme veroorsaak. Niks in hierdie land is meer regverdig nie so los maar eerder lawwe grappe want die uiteinde gaan nie baie aangenaam wees nie want die regter gaan verseker nie objektief na hulle saak kyk nie. Hy het klaar besluit wat die vonnis gaan wees……

Alida ·

Hulle was geregtig op borg. Die Landdros was nie objektief nie en moes daardie rondswaaiery van die poppe verbied het. Dan sou mens sekerlik bietjie respek vir hom gehad het.

GG ·

Is daar nie n organisasie wat die twee ouens uit kan kry nie, want die aanranding moet eers bewys word, en dan somer die hele een oogige borg uitspraak aan die groot klok hang vir die wereld om te sien hoe eensydig die wet toe gepas word hier

Justice ·

Landros Dumehleli maak net doodseker dat hul regskostes hemelhoog opgejaag word. Hul appel teen sy bevinding het heel moontlik `n goeie kans op sukses – sterkte.

Jan ·

Die proses is goed gehandaaf, vir elke daad is daar n straf…So sterkte

Alida ·

Jan elke saak het meriete. As jy dink die Landdros se uitspraak was geregverdig kry vir jou. As jy nie kan sien wat hier aan die gang is nie kry ek jou jammer.

chrisp ·

So die daad van moord en verkragting is borg waardig maar die nie?
Verseker dubbele standaarde.

George ·

Skande dat die media en al wat leef en beef so ophef van die saak maak.Waar is die ophef van al die boere wat nou daagliks wreed vermoor word.Skande man.!!

Johann ·

Die edelagbare het hulle dan nou al klaar skuldig bevind. Wanneer die hofsaak voorkom, gaan hulle seker net die vonnis oplê.

Dit lyk my die betoë en getuienis lewer, ondervraging edm is nou nie eens meer nodig nie, dit kies sommer kortpad. O’ja, dan sal hulle darem seker toegelaat word om, om versagting te pleit?

moeg om g@tvol te wees ·

Ek is nie n rasis nie. Het vriende in verskillende rasse maar kom ek se vir jul. Ek is nou so g@tvol vir mense wat in ons erf kom en goed steel, ons het elektrifisering op ons het kamaras op en beems ook nog, maar uit bly hul nie uit nie. Die volgende een wat sy voet in my erf neer sit om te steel of iemand leed aan te doen gaan defnitief vir mnr krieket kolf of n baseball kolf ontmoet. Dan gaan ek seker aangekla word vir aanrading met die opset om ernstig te beseer of selfs moor… Dit is die wat so drugs gebruik wat by ons inkom..(alle rasse) …

Piet ·

Pietser, nie baie van die skywers op hierdie forum was al in die tronk nie, en dit is vir my duidelik dat jy ook nog nie daar was nie. Dis nie grappies vir ‘n blanke ou nie, hoor. Eugene drup so van die liberalisme mens dink eintlik dat sy dalk een of ander vedetta teen die blankes het. Dit is eintlik ironies as mens dink dat haar eie lee koppie is maar ook op die “chopping block”, nes ons ander wat ook ‘n tuiste wil vind in hierdie nuwe land van ons maar dit nie vind nie.

Oom Kalahari ·

Hierdie Landros tree eensydig op en openbaar ten volle dat hierdie saak/aangeleentheid nie op meriete gehanteer word nie en die verdediging moet aandring op ‘n ander Landros wat regverdigheid kan toepas. Daarom word die regsbanke ook na eenkant gedryf om hierdie tipe van optredes/uitsprake te kan regverdig. Sien die ou geles wat “Ja” gestem het is net so kruipers, maar tot die dag wat dit jou en direkte mense gaan tref, dan sal jy gou wakker skrik en ‘n mondvol hê. Ek het wel ‘n Pa, Moeder en broer so afgestaan, maar vergeet kan jy nooit nie en onderdruk alles binne jou. Die manne was dalk verkeerd met hul optrede, straf hul vir dit wat dan nou as so ernstige misdryf op die pale hang, maar dan ook met die nodige regverdigheid en respek regdeur en meriete met tipes van misdrywe. Waarom dan borgtog van hul weerhou?

Danie ·

Verduidelik hoe jy die “Ja” stem gebruik om neer te kyk op mede burgers. Ek neem aan jy verwys na die referendrum van donkie jare terug. Hoe sou jy die land nou wou sien.

Alida ·

The Magistrate did not apply his mind to the real facts. He only saw two white men.

Jan ·

Het jy al die woord ‘apply’ in die verklarende woordeboek nageslaan?

Cacophony ·

Verafsku die optrede van die twee binne die hof skaam my vir hullem . Verafsku die optrede van die buite die hof ook net so baie. Kom nou waar is Afriforum of Solidariteit dan nou. Wat doen julle omtrent dit. Lê ‘n klag. As julle klaar iets gedoen het maak dit dan publiek. Jammer om te sê maar ek twyfel of enige van die instansies iets gaan doen om dit aan te spreek want lyk my hulle sal net iets doen as dit voor internasionale rade is en gepaard gaan met groot publisiteit. As ek verkeerd is kan iemand van Solidariteit of Afriforum enige tyd vry voel om die teendeel hier te plaas vir almal om te sien

Wilbro ·

Jy het vrye toegang tot presies dieselfde regsweë as Afriforum en Solidariteit. Doen self iets.

Cacophony ·

En geld groei natuurlil op die man op straat se rug om so ‘n geveg aan te pak of hoe?

Jan ·

Cacophony, skuus ek praat nou dalk uit my beurt hier, ek en jy het ook al verskil, dis natuurlik, ek nooi jou uit, kom braai by my oor ‘n koppie koffie. Ek dink nogal ons kan gesels.

Cacophony ·

En geld groei natuurlik op die man op straat se rug om so ‘n geveg aan te pak of hoe? Verwys my na een saak wat die man op straat ALLEEN aangepak het sonder regshulp en dit dan gewen het. As jy dit kan doen please feel free spring in en doen dit dan op eie stoom. Bottom line daar is geen organisasie wat sal opstaan en ‘n scene maak oor die poppe nie.

Nee Cacophony ·

Dit kos nie geld om ‘n saak te open nie Cacophony dis net ‘n verskoning vir jou om NIKS te doen nie. As jy bv ‘n saak by die MRK aanhangig gaan maak of ‘n saak open by die polisie kos dit jou niks, maar jy wil niks doen nie, net praat en Afriforum moet jou vuilwerk doen. Gaan maak JY as indiwidu ‘n scene oor die poppe, dan volg ons jou.

Justsaying ·

@ Jan, dit is ‘n regsterm wat gereelds in judgments gehoor word. I applied my mind to this…

Jan ·

As die mense net nie uit die noorde die land ingekom het nie, hoe salig sou dit nie gewees het nie?

JB ·

Wat se “regsisteem” eintlik wil beklemtoon is dat blankes geen reg het om enigsins iets te mag doen om nie-blankes in swak lig te stel nie. Ongeag duisende gevalle en bloeddorstige moorde van laasgenoemdes op eersgenoemdes.

Jan maak n Plan ·

Hoe se Juju nou weer – This Banana Republic!!! Hys heeltemal reg. En amper trek ek n Penny Sparrow. Laat ek my bek verder hou.

Jan ·

Ek sien nou vir die eerste keer die video vanaand op die nuus. Gaats, dan wil ek vra, is dit nou waaroor dit gaan? Hulle het verseker nie die ou in die kis met brute krag forseer nie, niemand het tekere gegaan soos waansinniges nie. Dit het nie naby gelyk asof hulle die kis sou of wou toespyker nie. Hulle het nie ‘n brandende band om sy net gehang nie. Hierdie is die grootste ‘sting’ deur die agbare wat ek nog in my lewe gesien het. Hierdie was ook nie naby rasisties nie, hierdie ouens het ‘n oortreder gevang en wou hom ‘n les leer.

Liendempers ·

Ek het dalk erens iets gemis hier. Wie het die video gemaak???

Cacophony ·

Jis Jan ek hoop nie daar wag ‘n kis vir my in jou garage nie??

Cacophony ·

Liendempers dis sekerlik die beste vraag nog. Wie ookal hy/sy is ook kniediep in die poef. Dalk gaan hy/sy nog tevoorksyn kom as staatsgetuie.
Nogal jammer daar is nie klagte vir onnoselheid nie want wragtie hoekom hulle die crap gaan staan en versprei het op social media is ‘n oopboek vraag. Het hulle regtig gedink daar gaan niks van kom as iemand dit sien. Dommer as grond

Manie ·

Ek dink die landdros is self bietjie rassisties. Hoe kan hy sê dit sal goed wees as hulle kersfees agter tralies deurbring. Is hulle nou sommer skuldig bevind sonder n verhoor. Gaan leer by julle president hoe om uit die tronk te bly

Liendempers ·

Ek bly in die dorp. Soms stap ek na die sentrum so kilo van my huis af vir brood en melk. Soms is ek ook haastig en laat. MAAR, dit gee my nie die reg om kortpad deur die buurman se erf te vat nie. En ek laat my nie vertel dat die mannetjie gedink het dis maar oraait om deur n vreemde man se grond kortpad te vat nie. Ek is seker hy het n tv en is bewus van al die plaasmoorde. Ek sal virseker nie kortpad vat deur n vreemde se plaas nie. Tensy ek natuurlik afsetplek het vir iets soos koperkabels en hulle net daar hang for the taking……..dis mos ornaments en hang vir die mooigeit of hoe?

Johann ·

My waarneming na ek nou die video gesien het, ek skaam my vir ons regslui, ek skaam my vir die landdros wat vandag vir die gehoor gespeel het.

John ·

Die landdros le toe sommer ook ‘n eiertjie deur te vra of die witmans nie dalk ‘n dooie van sy kis besteel het. Praat van onpartydig… Miskien word die dna van die doodskismaker nou teen hulle gebruik. Slim. Die woede en haat op die gesigte van die landdros en die spul in die hof het boekdele gespreek. As die valbyl nog in die mode was, dan was die twee se koppe al af sonder dat hulle ‘n sprak gesprook het wat nog hul families gegroet het.

Izak ·

#boerelegioen neem kennis van die vooroordele in die regbank. Detail van elke rassisme insident word volledig bewaar. Daar kom ń dag waar die owerheid sal pa staan vir HULLE STILSWYE wanneer doodslag op ń wit persoon deur ń swart moordenaar stilswye goedgekeur is. In elke individuele geval sal hulle moet antwoord. Daardie dag sal ek nie graag in die STAATSHOOF se skoene wil staan nie.

Westerling ·

Dié kastig “onskuldige” natuurkind is moontlik ‘n ou kabeldief wat al herhaalde kere betrap is en aangekla was en waarvan die saak dadels van gekom het. Gelukkig het die beskuldigdes vanuit die staanspoor goeie regsverteenwoordiging gekry.
Blankes in SA is siek en sat vir al die kriminaliteit en DUBBELE STANDAARDE.
Maar die waarheid sal uitkom. Net jammer Oosthuisen en Jackson moet nou Kersfees inni tronk deurbrjng.

Boer boetie ·

Nee wat… hierdie hof uitspraak is ‘n populistiese rassistiese een. Hierdie manne het iemand verneder – dis al! Op watse gronde word hulle in die tronk aangehou. Slegs een rede… hulle is wit. Here help ons.

Piet ·

Ek glo die saak sal so afloop, die openlik rassistiese BEE landros gaan in sy swak engels ‘n uitspraak lewer wat groter is as wat enige plaasmoordenaar nog ooit ontvang het. Hulle apel sal slaag want daar moet vir die buitewereld gewys word dat hulle ‘n “regverdige” verhoor kry. Dan sal hulle tyd in die tronk verlaag word want almal moet mos nou “tevrede” gehou word. Die EFF sal protesteer dat dit nie verlaag moes word nie en nie ‘n haan sal kraai oor 2 manne wat nooit in die tronk moes gewees het nie. Jou straf word dus deur die gevoel van die “mense” bepaal en nie deur die feite ter tafel nie. Mens het die selfde ervaar gedurende Oscar se verhoor.

Alida ·

Jan gaan vind uit by iemand wat iets weet jou prokureur sal vir jou verduidelik wat “apply his mind” beteken.

Alida ·

Ag Maroela sluit hierdie storie nou asb af ons het regtig genoeg gehad daarvan. Vra die joernaliste om ander stories te gaan soek. Genoeg is genoeg.

sarie van heerden ·

Vir weke moet ons kyk na die doodskisnuus. Volgens kykNet beriggewing is al meer as een plaas moord per dag gepleeg!. Hoekom hoor ons nie daarvan nie? En deurentyd word die arme doodskisslagoffer bejammer. Weet mense hoeveel probleme boere het met voete wat paadjie na paadjie oor hul grond loop om later in erosievore te verander?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.