Dooie leeus in Pta-reservaat gevind

Argieffoto

Die karkasse van twee leeuwyfies is vandeesweek in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria aangetref.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, het Vrydag gesê die een leeu se karkas is Donderdag teen 13:30 tydens ʼn leeutoer aangetref. “Sy het bloed op haar neus gehad en bewyse dui daarop dat sy moontlik vergiftig is,” het Bokaba gesê.

“Personeel by die reservaat het daarna begin om die res van die leeus vir hul veiligheid na ʼn kleiner kamp te skuif. Daar is toe besef dat ʼn ander leeuwyfie, Serabi, vermis word. Sy is teen 18:00 dood in die noordoostelike gedeelte van die leeukamp aangetref. Twee dooie kraaie is naby die karkas gevind.”

Die polisie se veediefstaleenheid het ʼn ondersoek van stapel gestuur en op stukke vleis met wit korrels op in die veld afgekom. Die twee karkasse en stukke vleis is na die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal in die noorde van die Pretoria geneem vir ontleding en ʼn nadoodse ondersoek.

“Die oorblywende leeus, twee mannetjies en twee wyfies, sal vir ʼn ruk in die kleiner kamp gehou word vir veiligheidsdoeleindes. Leeutoere is tot verdere kennisgewing opgeskort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ronel ·

Wanneer gaan mense leer om hul pote van ander se eiendom af te hou. En ook dat geen dierproduk werk vir allerhande siektes en bygeloof nie.

Elaine ·

Dan vra die mensdom waarom straf die Here ons? Kyk hoe pas die mensdom op wat vr ons gegee is.

HPV ·

Die Here straf ons nie. Die mens het ‘n vrye keuse. Sou mens egter die verkeerde keuses maak is dit nie die Here se skuld as dit skeefloop nie. Dit is jou skuld alleen. Jy is verantwoordelik vir jou eie besluite. Net soos dit nou in die land gaan was die keuse van die meerderheid mense, nie die Here s’n nie.

Bullseye ·

Watter motivering kan daar tog wees vir sulke sinnelose vergiftigings? Die vergiftigde karkasse kan tog nie gebruik word vir wat ook al nie

M'Lady ·

Die sekuriteits maatreels moet dringend opgeskerp word hier. n Renoster is ook vroer die jaar daar doodgemaak, of is dit weer n “inside job”? Die skuldiges word ook nooit vasgekeer nie.

Jacques venter ·

Weet iemand wat met die Fochville leeus gebeur het?

Is hulle gekry?

Michelle ·

Dit kan nie eers beskryf word vir die vergifting van sulke pragtige diere nie, Daar is nasies wat die laaste lewende dier uit roei, die swart renoster is heeltemal uit geroei. Dit is net onaanvaarbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.