Dossier teen ANC geopen by SAPD

Argieffoto

Argieffoto

Die VF Plus het vandag ʼn dossier van meer as 100 bladsye teen die ANC by die SAPD ingedien.

Philip van Staden, die VF Plus se LPW in Gauteng en adv. Anton Alberts, die party se burgemeesterskandidaat in Pretoria, het die klagtes teen die ANC aanhangig gemaak.

Volgens Van Staden is die klagtes ingedien na aanleiding van die afgelope week se onluste in die Tshwane Metro-gebied, nadat die ANC Kgosientso Ramokgopa nie weer as sy burgemeesterskandidaat in Pretoria aangewys het nie.

Die klagtes wat in die dossier bevat word behels sameswering om misdrywe te pleeg, intimidasie, aanranding, saakbeskadiging en aanhitsing van geweld.

Volgens Van Staden is die klagte ingedien teen die leiers van die ANC in Tshwane en Gauteng. Dit sluit David Makhura, premier van Gauteng, Paul Mashatile, ANC-leier in Gauteng, Ramokgopa en George Matjila in.

Matjila is “die moontlike meesterbrein agter die onluste en geweld, wat volgens berigte die ‘Court Classique Resolutions’-SMS na ANC-lede uitgestuur het en het na bewering ʼn vergadering met 12 leiers van die ANC in die Court Classique Hotel in Arcadia gereël om onluste in Pretoria te laat uitbars”.

Van Staden het gesê die VF Plus is vol vertroue dat die reg sy gang sal gaan en dat die aangeklaagdes verhoor, skuldig bevind en gevonnis sal word.

“Die VF Plus kan nie langer toelaat dat onskuldige mense se lewens en eiendom weens politieke ontevredenheid in die ANC bedreig word nie. Vyf mense is reeds dood en daarom beskou die VF Plus hierdie misdrywe in ʼn baie ernstige lig. Die belhamels wat hiervoor verantwoordelik is, sal moet betaal vir al die skade en lewensverlies,” het Van Staden gesê.

Die VF Plus gaan ook volgende week verdere klagtes teen die ANC by die OVK indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

rudi ·

Dankie VF! Die enigste probleem is dat die Polisie ook ANC kaders is. Hul gaan net nommer 1 se instruksies volg om soos gewoonlik alle wit klagtes te ignoreer.

Frik Lotz ·

Goed gedoen deur die VF Plus en nog n rede om VF Plus te stem. Kom mense, sorg dat jul almal op 3 Augustus die VF Plus sterker maak.

Cherokee ·

Haai Frik, die 3rde Augustus is ‘n munisipale verkiesing en kiesers is gebonde om te stem vir beskikbare kandidate. Ek woon in ‘n ANC-oorheersende stad met ‘n sterk DA-opposisie en ek sien nie my weg oop om DA te stem. Buite-stemming bly is dus die enigste opsie.

Martie ·

Cherokee, hoe is dit moontlik dat jy nog nie begryp nie dat jy na regte VIR die heersende party stem wanneer jy buite stemming bly? Stem vir énige opposisie party, verkieslik vir die sterkste een, en sorg só dat die heersende party nie die meeste setels in die parlement kry nie. Hoé moeilik is dít vir party mense om te verstaan?

Paul ·

Alles ‘n verkiesings foefie. Ek meet hulle aan wat op grondvlak gebeur. Ek het nog geen verhoging op my Ongevalle Fonds pensioen ontvang vir 2016 nie. Het al ooral probeer uitvind tot by Zuma klagtelyn,maar kom nêrens reg nie. Het reeds twee e-posse aan Fryheidsfront Plus gestuur vir hulp, hulle erken nie eens ontvangs.
Politici sorg net vir hulself en gee nie ‘n duit om vir die ou op straat.

Helmuth ·

Hoekom is Zuma nie vandag in hegtenis geneem nadat die Hoe Hof vir die tweede keer in die bestek van n maand beslis het dat hy vervolg moet word nie?Daarvoor moet ook n klag van regsverydeling,in my beskeie opinie, gele word!

Gustav ·

Helmuth, jammer om negatief te wees, maar hier gaan niks hiervan kom nie. Die regsgeleerdes skep net werk vir hulself en geen reg sal geskied nie, want die ANC bly in beheer en lag vir ons al die pad

Drikus ·

Dit laat my net nuwe oë na die VF kyk. Dit is ‘n besonder knap stuk inisiatief. Hulle verdien ons steun in die saak, en dalk sommer as party.

snoefie ·

Cherokee dis uit pligsontduiking dat jy buite stemming wil boy. jy voel swart gaan aan jou afsmeer as jy tussen die Bree publiek moet gaan staan om n kruisie te trek.

Ja-nee ·

30 jaar gelede het Pretoria se townships gebrand toe die ANC die land onregeerbaar wou maak om die wit regering uit die kussings te lig. Wat is hierdie keer hulle verskoning?

Tiger ·

Die VF+ het ‘n baie goeie ding aan die gang gesit hiermee.IEMAND moet die anc tot verandwoording roep en hulle dwing om skade vergoeding vir ALLE besighede EN lede van die publiek wat skade gely het tydens en as gevolg van die onluste.Dis tyd dat ons ophou om te kretiseer en eerder te ondersteun.Ek en my man ondersteun Net die VF+ wat die ENIGSTE party is wat opstaan vir die blanke Afrikaner se regte.

Henk ·

Ek vra net ‘n dom vraag. Ek merk hier word verwys na ‘n Court Classique Resolutions SMS wat deur een van die ANC leiers na hul lede uitgestuur is om die opstande aan te hits en aan te blaas. Kan enige een meer lig werp op die onderwerp en waarom word dit nerens in enige media berig genome nie ?.

GES ·

As die VF+ hierdie saak suksesvol kan deurvoer sal dit ‘n ingreep van Bo wees. Menslik gesproke het ek nie veel hoop nie.

Johan ·

Gee vir VF+ n Bells……….as daar dalk n saak is…….hoekom het DA ook nie dit gedoen nie…….?As daar meriete is in die aantuigings kan dit dalk verder gevoer word……stel hou voor DA lede is skuldig aan dieselfde……dink ek nie ANC sal skroom om dit ook te doen nie…….

John ·

Voor ek vir die VF+ sal stem, moet daai + asseblief waai. Asseblief! Watter doel dien dit? ‘n Party moet aktief wees om te groei. Moenie net op die vrese van die witmense reken nie en dan maar net aanploeter nie. Julle mag verbaas wees hoe goeie bemarking, veral onder jongmense en selfs die anderskleuriges, die party kan baat.

jaco ·

die minister van veiligheid en sekuriteit, onder wie die SAPD resorteer, is lid van die ANC; so ook die kommissaris van die SAPD en seker ook verskeie ander top SAPD-offisiere. So die VF-Plus kla die ANC by die ANC aan. Daar sal niks van kom nie.

Lety ·

Vat hom ook hof toe vir die rasistiese “Bring my masjien geweer”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.