Dot Serfontein oorlede: ‘Die aarde het geskuif’

Dot Serfontein.

Dot Serfontein.

Die bekende Afrikaanse skrywer Dot Serfontein is Vrydagoggend in die ouderdom van 91 jaar oorlede.

Serfontein se seun, Willem Krog, het die nuus op sy Facebook-blad bevestig. Volgens Krog is Serfontein in haar slaap oorlede. “Vir die familie het die aarde geskuif, onherroeplik. Haar lewe, wat ons kinders was, asook haar kleinkinders, het lengte, breedte, hoogte, tyd en ruimte in beslag geneem. Soos sy was, so sal ons haar onthou.”

Serfontein was die ma van die veelbekroonde digter Antjie Krog. Talle kortverhale, vervolgverhale, versamelbundels en ander skryfwerk het uit haar pen gekom, onder meer Water op Mispah, Liefde in die kwepertyd, Vertel! Vertel! en Keurskrif vir Kroonstad.

Serfontein is die derde bejaarde Afrikaanse kunstenaar wat vandeesweek dood is. Die trekklavierkoning Nico Carstens is Dinsdag oorlede en die rolprentmaker Jans Rautenbach is Woensdag dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ai! ·

Tannie Dot en haar man, was groot vriende met Oom Alwyn en tannie Isabel Schlebush en as hierdie groot geeste bymekaar uitgekom het, het n mens se mond oopgehang van al die kennis en staaltjies wat hulle gedeel het. Alhoewel hulle alvier diep spore getrap het, was hulle baie nederig en het hulle hulself nooit te erstig opgeneem nie. Hulle was ook lief vir hulle dorp, Kroonstad. Tannie Dot, ek salueer u! RIV

bendons Serfontein ·

Dot jy rus in vrede in die Hemel. Sterkte aan die familie

Sarie ·

Dis hartseer… Hulle was èlk “gròòt bome” op hul onderskeie gebiede. Dis ‘n swaar slag vir Afrikaans… Sterkte aan haar geliefdes…

chris ·

Ai tog, jammer om te hoor. Sommer 3 groot geeste die afgelope paar dae verloor. Maar ons gun hulle hulle ewige rus aan die voete van ons Vader. Ons simpatie aan hulle families wat deur die hartseer moet werk.

Nico K ·

Sy was my gunsteling skrywer. Haar sketse lees ek oor en oor.

Aitoggie ·

Innige simpatie aan die familie in hierdie moeilike tyd. Ai ons land moes van vele bekendes afskeid neem hierdie week. Dis hartseer

sarie van heerden ·

Die laaste week is van ons mees gesiene mense oorlede en as jy na die ouderdomme kyk besef jy dat nog meer kan kom. Hoeveel armer gaan ons lewes nie wees sonder hul aandeel in ons land en sy mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.