Drie buite nuwe winkelsentrum geskiet

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie mense is Woensdagmiddag buite die splinternuwe Mall of Africa in Midrand, Gauteng, geskiet.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by ʼn verkeerslig sowat 500 m van die winkelsentrum se ingang gebeur. Volgens Mathe word daar vermoed dat die skietery met taxi-geweld verband hou.

“Een van die gewondes is glo ʼn omstander wat raakgeskiet is, terwyl die ander twee beseerdes vermoedelik taxi-eienaars is,” het Mathe gesê. “Die omstander wat geskiet is, is reeds per helikopter na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem. Die ander twee beseerdes word steeds op die toneel behandel en sal per ambulans na ʼn hospitaal geneem word.”

Mathe het gesê minstens vier mense is op die toneel in hegtenis geneem en nog inhegtenisnemings word glo verwag.

Die polisie kon nie onmiddellik bereik word vir kommentaar nie.

Meer as 100 000 mense het Donderdag tydens die Mall of Africa se amptelike opening na die winkelsentrum gestroom. Klante het beweer dat verskeie motors die betrokke dag by die sentrum gesteel is, maar die sentrumbestuur het dit ontken en gesê die motors is buite die sentrum se perseel gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sakkie ·

Hoe puttig … hou aan winkel sentrums bou vir die mense om te kom koop met skuld … terwyl die nasie kla hulle het nie werk of blyplek nie!

Liefie ·

Ag liewe hemel sakkie hou tog op kerm en dink tog met daai grys stof tussen jou ore!. Sentrums wat gebou word gee werks geleenthede. Werks geleenthede gee geleentheid om geld te verdien en as jy geld het kan jy n huis koop en kos. As jy nie geld het nie moet tog nie dink almal het nie. Wil jy nou wraggies vir my vertel jy het geen skuld nie…..skrik tog wakker vriend!!! It is called life!!!. Hou tog op kla en lewe n bietjie.

Grap ·

Hulle moet meer winkelsentrums in voorheen benadeelde areas bou sodat almal naby ‘n winkelsentrum is

Liefie ·

Die mall is nie n euwel nie en ek dink hy het nogal n skrikwekkende suksesvolle oop maak week beleef. Die feite dat daar nou….LET WEL….naby die mall n skietery was het absoluut niks met die mall te doen nie. As die mall nie daar was nie en daar was nogsteeds n insident wie sou dan die euwel wees? Dit is net n soetsappige manier van die media om die mall se naam by die insident in te sleep en duidelik is logika en begrip nie baie hoog op mense in SA se lys nie want enige aap wat die berig lees sal agter kom die insident het nie op die gronde van mall of africa plaasg gevind nie maar eerder buite op Allandale weg…..dus regering grond.

stef ·

My man werk in Sunninghill. So week terug by die einste plek het taxis rondom hom afgetrek en die pad afgesper. Hy en ander motoriste was te midde taxi-geweld. Verskeie partye het mekaar met sambokke rondom die motors bygedam. My man was bang hulle begin op mekaar skiet en dat hy met geen uitgang in die middel van alles sou sit. Gelukkig het een taxi padgegee wat die verkeer weer kon laat vloei. Klink of hierdie stuk pad ‘n paar vyande het???!!!

stef ·

My man werk in Sunninghill. So week terug by die einste plek het taxis rondom hom afgetrek en die pad afgesper. Hy en ander motoriste was te midde taxi-geweld. Verskeie partye het mekaar met sambokke rondom die motors bygedam. My man was bang hulle begin op mekaar skiet en dat hy met geen uitgang in die middel van alles sou sit. Gelukkig het een taxi padgegee wat die verkeer weer kon laat vloei. Klink of hierdie stuk pad ‘n paar vyande het???!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.