Drie kritiek ná voorval by Pta-winkelsentrum

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Drie konstruksiewerkers is in ʼn ernstige toestand nadat ʼn vrag glas by ʼn winkelsentrum in Pretoria op hulle geval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is net voor 11:00 na Menlyn Mall ontbied. Een van die werkers was steeds onder die glas vasgepen.

“Paramedici kon daarin slaag om die glas te verwyder en die man te bevry. Die man het ernstige beserings opgedoen,” het sy gesê. Die ander twee werkers is ook ernstig beseer.

Die drie is na verskillende hospitale in die omgewing gehaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann S ·

Ek is n veiligheids spesialis van beroep. In daardie spesifieke mall het ek n paar haar rysende dinge gesien. Ek het een keer daar gaan konsulteer en was daarna nooit weer terug geroep nie, Daar was ook glas betrokke . . . . . . . .as deel van die projek wat ek na gaan kyk het.

Johann S ·

Ek is n veiligheids spesialis van beroep. In daardie spesifieke mall het ek n paar haar rysende dinge gesien. Ek het een keer daar gaan konsulteer en was daarna nooit weer terug geroep nie, Daar was ook glas betrokke . . . . . . . .as deel van die projek wat ek na gaan kyk het.

Elize van T ·

Johan S hierdie voorval het nie in Menlyn Mall gebeur nie, maar die glas het van ‘n voertuig by die Mall afgeval!

M A ·

Nou die dag is ‘n vragmotorbestuurder dood toe glas op hom geval het. Kry hierdie mense nie veiligheidsopleiding nie? Dis hartverskeurend en onnodig.

Saartjie ·

In die industrie waar ek werk, word veiligheidsopleiding gereeld en deurlopend gedoen, maar om die werkers sover te kry om veiligheidsreëls na te kom bly deurlopend ‘n stryd wat nie gewen word nie. Tog as daar ernstige beserings of lewensverlies is, sal die blaam voor die deur van die veiligheidsoffisier en maatskappy gelê word. Ongelukkig het die meeste werkers vandag nog die houding dat “dit sal nie met my gebeur nie”.

Uys ·

Vrag skuif as jy jaag en nie ordentlik ry nie.
Kyk maar net hoe ry die meeste voertuie op ons land se paaie.
Ek self het kode 14.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.