Drie vas vir inbraak by hoofregter se kantoor

Foto: SAPD/Twitter

Foto: SAPD/Twitter

Drie mense is in hegtenis geneem in verband met die inbraak die afgelope naweek by hoofregter Mogoeng Mogoeng se kantoor in Midrand.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê die drie mans is in Mamelodi in hegtenis geneem. Hy het gesê die polisie het op ongelisensieerde vuurwapens, vervalste identiteitsdokumente en ʼn motor beslag gelê. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Phahlane het gesê die polisie is nou op soek na ene Nkosinathi Msimango, wie se naam opgeduik het tydens ondervraging van die ander verdagtes. Volgens Phahlane kan Msimango moontlik die polisie met meer inligting bystaan.

Hy het gesê dit is nog nie duidelik of “inligting van binne af ontvang is” en tot die rooftog gelei het nie. Die moontlikheid word egter ondersoek. Phahlane het gesê hy kan nie sover enige besonderhede oor die verdagtes bekend maak nie, maar het wel bevestig hulle is nie werknemers van die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling nie.

Phahlane het gesê ʼn veiligheidsevaluering sal by Mogoeng se kantore gedoen word. Hy het ook bevestig die toerusting wat gesteel is, is nog nie teruggevind nie.

Maroela Media het vroeër berig minstens 15 rekenaars, wat sensitiewe inligting bevat, is vroeg Saterdagoggend uit ʼn kantoor in Midrand gesteel, wat onder meer menslikehulpbroninligting van regters en werkers van die kantoor van die hoofregter bevat.

Die kantoor van die hoofregter word deur ʼn private veiligheidsmaatskappy beskerm.

Lees alle vorige berigte oor Mogoeng Mogoeng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Who cares ·

VAS? ag asb julle laat my lag, hoor ons weer van hierdie mense nadat hulle VAS is? Jammer maar ek glo dit nie meer nie. Hulle word aanvanklik gevang en almal slaak ‘n sug van verligting dan word hulle weer vrygelaat op R50 borgtog of sommer net vrygelaat, en hier sit al ons ou naiewe AFrikanertjies (ek ingesluit) baie beindruk met die feit dat die skurke GEVANG is, tot daar weer ‘n berig kom van dieselfde ouens wat erens anders weer aangejaag het.

Justice ·

Waar is die rekenaars en vir wie het hulle die opdrag uitgevoer? Hulle is veiliger agter tralies – op straat is hul lewens nie nou `n duit werd nie.

Johann ·

Hoe weet n “terloopse” dief presies watter rekenaars waar te “steel”? As dit n eksterne privaat ondersoek was kon ei dalk glo wat gesê word…maar aikonna…dit SKREE van n inside job met “politieke” motief. Nie dat ons kan staatmaak of glo wat ons “intelegensie” dienste vorendag kom nie!

Jan Jooste ·

Darem ironies dat twee van die verdagtes op die foto uniform dra? Die derde is dalk in die speurtak?

Ronel ·

4 mense wat 15 rekenaars wegdra? Iemand het seker ogies toegeknyp wat die kantore moes oppas…

Darius Els ·

Nog n instansie van cANCer wat ” private sekerheid” gebruik,nes polisie kollege en seremoniele eenheid van weermag!
Soldate en polisie kan nie eers hul eie veiligheid hanteer nie,HOE DAN NOG DIE BURGERS SIN?

Scalla ·

Hoekom gebruik maak van private sekuriteit, dit is mos n bewys dat hul nie bevoeg is om hul take uit te voer nie.

snoefie ·

het jy nog nie geleer nie? alles in staatsdiens moet deur eksterne kanale, middelmanne (&vroue) en derdepartye gaan.

zoom zoom ·

Waar is die bewyse om die storie geloogwaardig te maak. Seker nie die foto voor die berig .

Snuffels ·

Gaan soek die rekenaars in die Hawks se gebou…
Viva, Zupta, VIVA!

Swanna ·

Ek het amper bly geword. Gedog dit is die drie oo die foto.

Johann ·

Pragtig man, nou gaan julle die plaasmoorde sommer vooraf keer. Dan wil ek nie die eie lofprysinge hoor nie.

popeye ·

As jy my vra word 3 mense (wat aan die polisie bekend is as krimineel) “geframe” vir hierdie misdaad want dis soooo belangrik om ‘ n “vinnige” sogenaamde verbloemde sukses te behaal. Kop in een mus! Ons glo niks meer nie! Wonder hoekom ons so liggelowig is in hierdie land?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.