Droogte-krisis: Boer neem glo eie lewe

Andries en Esti le Roux. Foto: Via Facebook

Skaars nadat daar gewaarsku is dat boere in die Noord- en Oos-Kaap “totaal hulpeloos en vinnig besig is om hoop te verloor” terwyl hulle moet toekyk hoe hul vee te midde van die vernietigende droogte vrek, het dit aan die lig gekom dat ‘n boer sy eie lewe geneem het.

Andries le Roux (38) van Matjiesfontein het twee weke gelede sy eie lewe geneem. Imtiaz Sooliman, hoof van die hulpverleningsorganisasie Gift of the Givers, het Donderdag gesê Le Roux was ʼn gerespekteerde lid van die gemeenskap en pa van drie pragtige kinders, onderskeidelik ses, agt en 10 jaar oud. “Hy kon dit nie langer verduur om sy gesogte diere verder te sien ly nie. Sy vrou, Esti, is gebroke en kan om verskeie redes nie teruggaan plaas toe nie.”

Die organisasie het Dinsdag gesê boere in die twee provinsies gaan maande lank al gebuk onder die aanslae van die knellende droogte en ʼn boer het homself twee maande gelede te midde van die swaarkry geskiet.

“ʼn Boer en sy vrou het onlangs 157 kalfies probeer red wie se ma’s te swak en ondervoed was om na hulle om te sien – slegs agt van die kalfies het oorleef. Die boer wou selfmoord pleeg,” het Sooliman gesê.

Die kans dat nog boere tot hierdie desperate besluit kan oorgaan, is ʼn werklikheid. “Die boere het breekpunt bereik en is nie in staat om vir hul diere en gevolglik vir hul gesinne te sorg nie. Hulle moet toekyk hoe hul gesogte diere elke dag voor hul oë kwyn. Hulle is heeltemal hulpeloos en vinnig besig om hoop te verloor. Die diere het desperaat voer nodig. Die droogte het al die weiding verwoes.”

Sooliman het gesê dringende ingryping is nodig om verdere tragedies onder die mense en diere te verhoed.

Gift of the Givers het met behulp van Elizabeth Visagie, ʼn vrywilliger wat die welstand van die boere op die hart dra, ʼn tipe inbelsentrum op die been gebring in ʼn poging om voer vir die boere in te samel. “Vrygewige boere van oor die hele land skenk voer vir dié wat dit desperaat nodig het en dit word dan regverdig verdeel.”

Gift of the Givers het die vervoer van verskeie vragmotors gefinansier wat honderde ton voer moet aflewer. “Ons oorweeg dit nou om ʼn vragmotor en sleepwa aan te koop wat spesifiek gebruik sal word om hierdie projek nog verder uit te brei.”

Sooliman het gesê die voer wat geskenk word, sluit sojabone, gras, mielieblare, lusern en ander tipe voer in. Boorgate, watertenks, JoJo-tenks en die aanplant van nuwe voer vorm alles deel van die hulpverlening. Baie van hierdie ingrypings word deur Gift of the Givers gefinansier.

Springbok, Eksteenfontein, Aberdeen en die omliggende gebiede is steeds in kritieke nood, het Sooliman gesê. Hy het vragmotor- en sleepwa-maatskappye wat kan help met die aankoop van die vragmotor en sleepwa of enige ander maatskappye wat op ʼn mede-handelsmerkbasis hiermee wil help, genooi om die organisasie te nader.

Hulp kan ook verleen word deur persoonlike betrokkenheid by die projek of deur middel van finansiële skenkings. Besoek Gift of the Givers se Facebook-blad vir meer inligting en bankbesonderhede vir geldelike bydraes.

* Die berig is gewysig sedert dit die eerste keer gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Irene ·

Dis verskriklik hartseer! Dankie aan dr Sooliman vir wat hy en sy organisasie probeer doen! Ek dink nie almal besef hoe hard sy organisasie vir mense in nood, van alle rasse, werk nie.

Kaspaas ·

Dit is bitter erg om sulke berigte te lees. Ek moet iok noem ek was aanvanklik baie skepties oor gift if the givers maar my houding het heeltemal teenoor hulke verander n jaar terug. Hulle verleen hulp aan enige iemand wat dit benodig

Anoniem ·

Ons boer ook. Ons het nie water nie. Ek is so jammer oor julle verlies.

Se net ·

Ek bid dat die sluise van die hemel sal oopgaan en dit soos die geelperske reen vir twee weke sag reen. Meer nog dat die Here sy Gees oor al ons boere en volk sal reen. Sterkte moet nie moed opgee nie ons Hemelse Vader is ‘n genadige God.

pbotha ·

Wees hierdie boere genadig, o God. Skenk tog uitkoms as dit U wil is. Amen

Ria Maritz ·

Ag nee … breek mens se hart.

Soveel hartseer vir sy familie en vriende.

STERKTE AAN ELKEEN VAN JULLE.

Zachrys ·

Ek verstaan iets nie, is dit nie dalk beter om die boere te help deur hul vee na plekke te neem waar dit nie so erg geteister is nie… Plase wat minder erg geknel word, tot die reën kom nie… Die voer en vervoer van die voer is duur en aanhoudend lyk vir my na ń baie desperate situasie. Maar erger nog is om aanhoudend te wil voer aanry… Is dit nie beter om die ouens te help deur hul vee na n beter plek te verskuif nie? Die voer word opgeeet en wat dan? Ek kan 16 hektaar bied wat al klaar begin groen word het en lanklaas bewy is net noord van pta. Maar daar is mense wat beter kan doen… Ek kan sekerlik iemand se teel diere /kern trop vir n paar maande daar laat oorleef Komaan mense…!

Christine ·

Zachrys, ek stem saam met jou dat die oplossing dalk gedeeltelik daarin lê om die diere te vervoer na plekke waar daar weiding beskikbaar is.

HB ·

Zachrys, wat ‘n mooi gebaar om op so manier hulp aan te bied. Ek wens ek het grond gehad om te kon aanbied…ongelukkig net ‘n stadsjapie… maar my hart is net so seer saam met die boere as ek al die ellende sien. Ons moet bid en glo dat die bitter nodige reën sommer gou sal kom. Glo en vertrou.

Karma ·

Ek het dan nou amper dieselfde gedink, Zachrys en Christine. Ek woon in die Hexriviervallei, kom ons sê so 120km van Matjiesfontein af – die veldweiding staan byna kuithoogte. Hoe prakties is só ‘n idee van die beeste vervoer en laat bly tot die veld herstel het in die Hantam en Groot Karoo? Of kom ons sê, water wat geskenk kan word (tenks) vanuit gebiede waar dit nie so droog is nie?

Sjoe, dit is só hartseer dat ‘n boer op die stadium kom dat hy nie meer kan nie. Maar om jou diere te sien ly ……. Sjoe, ek het sommer nou trane in my oë en ‘n groot knop in my keel.

ounooi ·

Liewe broers op die plaas, kyk op. Kyk op, kyk op, kyk op. Dis DAAR waar ons hulp vandaan kom. Maak reg met God en Hy sal ons weer seën met milde reën. Wees dapper in jou geloof.

Willie ·

Wat doen hul dis mense soos Burre Burger en BIN wat die boere help

Melanie Albertyn ·

Dit is so jammer. My hart bloei vir die wat agterbly. Die ding van boerdery is jou opponent is die natuur, geen geld of menslike mag kan dit beheer. Daar word so maklik gesê ‘ Laat u wil beskik’ wat as jou God nie nou reen stuur, dis dalk Sy wil. Ek is n boervrou en ken droogte. Moenie oordeel as jy nog nie gesien het hoe diere vrek van hongerte. Diere is nes mense, hulle het kos en water bodig om te oorleef.
Ons as mens onderskat so maklik die mag van die natuur, jou opponent is jou Skepper.

naomi ·

Jammer om te se, maar ons het heelwat skenkings al bymekaar gehad vanaf Maart2017 van boere in Delmas en Bronkhorstpruit, maar geen organisasie was bereid om vervoer koste te sponsor nie, die skenkings le steeds hier….na vele probeerslae, oproepe, briewe ens….en die mense wat wel wou help wou geld uit ons boere se skenkings maak om die voer aan hulle te verkoop…dis die tipe volk wat ons is…….

Pikkie ·

Kontak Burre Burger – Droogtehulp, of Caring Daisies. Albei is op facebook. Burre is in Vredendal, en Caring Daisies in Pretoria

Boetman ·

Dis nie maklik om in SA te boer nie. Sterkte aan famielie en boere in droogtenood.

Boetman ·

Gifr of the Givers. Julle is vir almal ñ voorbeeld. Dit is nie maklik om in SA te boer nie. Sterkte aan famielie en boere in droogtenood.

Boetman ·

Gift of the Givers. Julle is vir almal ñ voorbeeld. Dit is nie maklik om in SA te boer nie. Sterkte aan famielie en boere in droogtenood.

Mathilda ·

Boetman, dis nie maklik om in enige land te boer nie, elke land se boere het hullen krisisse soos natuurrampe, droogtes, oorspoelings ens. So is dit hier in Amerika ook. Maar buiten al hierdie dinge waarden boere moet sterk staan, het die boere in SA nog die bekommernis oor hullen persoonlijke veiligheid ook. Dis inderdaad nie maklik om te boer nie.

jannie ·

Ja nee,as jy nog nie self met jou eie oe gesien het hoel ly so n dier van hongerte en dors sal jy nie kan verstaan waardeer die mense gaan nie.Almagtige God onse Vader,bring verligting vir die mense op die plase en waar daar teespoed is,seen n iedere en elk van hulle…..amen

Helene ·

Daar is baie bloed aan die Regering se hande. Skreiende skande waardeer ons mense en diere op ‘n daaglikse basis moet deurgaan. Vergewe hulle Vader, want hulle weet nie wat hulle doen nie!!

Patrys ·

Ek oordeel nie. Maar nou bly die arme vrou alleen agter met 3 kindertjies!

Jakoba ·

Depressie is baie erg…mense kom op ‘n punt wat niks meer saak maak nie, nie die familie nie niks nie, n diep donker gat waaruit die persoon nie kan kom nie. So iemand het geen hoop meer nie. Mag God sy familie vertroos. Mag die hemele open en mag die regering van Suid Afrika God se vuurig oordeel oor hulle kry vir nou en vir altyd.

Seeg ·

Hartseer om te lees. Erg om te weet jou president se maatjie het n troue van miljoene gereel met geld wat juis bedoel was om sulke boere te help.

Gwen van Wyk ·

My hart breek as ek die berigte lees maar is ook gevul met dankbaarheid vir mense soos Burre, Caring Daisies en nou ook Gift of the Givers. Mag God uitkoms gee! Wat selfdood betref is so ‘n arme mens nie meer regdenkend nie weens die aaklige omstandighede en is daarom vergewe. Ons gewone mensies sal maar net ons afhanklikheid moet erken en op ons kniee bly. Sterkte aan die gesinne en families wat geraak word.

Antonie ·

Andries se verhaal is so skokkend maar raak elke landbouer Die mededeel saamheid v meede landbouers kan ni genoeg waardeer word ni Ek het gister 2 tef bale en 2 grondboontjie hooi ontvang van skenkers wat onbekend is aan my /ons Vandag word dit verwerk om maks benutting te verseker Baie baie dankie vir almal wat betrokke is om ons te help Dankbare Merwevile

trots afrikaans ·

Liewe Hemelse Vader ons bid dat U asb. vir onse boere genadig en behulpsaam sal wees. Alle Lof aan Onse Koning.
Boere ons vertrou God sal jul help.

Kaspaas ·

Ja, dit is n’ skreiende skande, die wat kan en moet help, help net hulself en hul maatjies.
Ons regering is heeltemal afwesig, en het n’ traak-my-nie- agtige houding )-:

Johanna ·

Asseblief ons Hemelse Vader, laat dit reen waar dit moet. stuur asseblief vir ons boere baie reen. asb.
So jammer vir hierdie vrou en haar kindertjies. so jammer.
dis ongelooflike hartseer!

Ek ·

Ek woon in Springbok en regering het sopas weer droogtehulp aansoeke begin. Dis nie n mooi gesig hierdie droogte nie glo my

Penellope Jones ·

Alle voorspoed en gebede vir Esti en die kinders en ander familie.

‘n Familied wat jare gelede geboer het, het baie genoem dat hy wil gek word van angs en simpatie as die skape en beeste agterdeur toe kom om te vra vir water en hy nie kan gee nie want daar is nie.
Dit was ‘n geweldige droogte en toe die reen uiteindelik kom, het feitlik alles weggespoel met die oorstromings.
Ek gebruik nie die uitdrukking van iets wat ”nie vir sissies is nie”, maar om suksesvol, volhoubaar en toekomsgerig te boer is nie ‘n grap nie, is “nie vir sissies nie”.

Voorspoed aan alle boere wat gebuk gaan onder die droogte.
Byt vas,

Gogga ·

Ons voel bitter jammer vir die familie. Mag jul Krag van Bo ontvang.

Gogga ·

STERKTE aan die Boere, mag ons geseën word met goeie reën.

Sandra ·

Ja ons het platteland toe getrek vir rus en vrede…. Maar nee nou nog meer probleme . Hier is nie water nie. My man het ewe skielik begin drink en ver van dokters. Mis mt mooie Boland.

Jenny ·

Mense, as ons die boere wil help, kom tot bekering, keer terug na God, ons Here Jesus Christus. Ek weet mense hou nie van dit wat ek nou sê nie maar die waarheid is die waarheid. Ons bid en bid maar hoekom gee God nie gehoor nie? Daar is ‘n rede. Kyk daarna, ons moet na onsself kyk en ons verhouding met God om die gebede dat God hierdie land genadig moet wees, aan te hoor.

Bernie ·

Waar is ons so genaamde regering met hulp, voor 1994 sou daar baie hulp gewees het, useless amptenare

celia ·

Waar kan mens geld inbetaal om te ondersteun?Elke bietjie help.Is daar n bankrekening vir Gift of the Givers vir droogtehulp aan boere?

celia ·

In die Burger van vandag is die volgende berig: “AgriForum eis dat ANC moet se oor plan met wit mense”” na aanleiding van n opmerking dat “witmense soos paddas stadig lewend gekook moet word”die opmerking deur Cyril Ramaphosa in die vroee 1990’s. Die ANC se 25 jaar – strategie om witmense te hanteer.

Koos ·

Maroelamedia wat is die nut daarvan om ‘n kommentaar opsie daar te stel en dan filter julle dit so erg dat al die kommentaar dieselfde toon het ? Geen debat, geen vrae, geen alternatiewe menings – klink my die moderator/s is bra verkramp as jy my vra.

Louw ·

Waar is ons government, met hulle droogte hulp? O Ja, daar word eerder duur motors gekoop, oorsee gegaan, geld ingeploeg in n dooie SAL. so die plan is dan, Laat die boere als verloor. Dan vat hulle die grond en gee dit vir die wat nie n bydra kan maak tot voedsel sekuriteit nie, Wat nie vir hulle self eers kan sorg nie. Wat die belasting betaaler elke maand moet onderhou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.