Duisende by Mall of Africa-opening

Die opening van Mall of Africa op 28 April 2016. Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Die opening van Mall of Africa op 28 April 2016. Foto: Twitter via @crimeairnetwork

ʼn Versekeringskenner het Donderdag Johannesburg-motoriste gewaarsku om waaksaam te weens teen voertuigmisdaad en diefstal by winkelsentrums nadat talle motors glo gesteel is toe die Mall of Africa gister die eerste keer sy deure geopen het.

Lizette Erasmus, hoof van versekeringkundigheid by IntegriSure, het gesê die taktiek van misdadigers om die elektroniese sluitstelsel van motors te onderbreek en sodoende te verhoed dat inkopiegangers hul motors sluit, is ʼn landwye tendens by inkopiesentrums.

“Sulke geleenthede [soos die opening van ʼn inkopiesentrum] is vatbaar vir strafregtelike aktiwiteite en dit is wanneer sluitstelselonderbrekings (car jammings) en diefstal gebeur. Daar was onlangs ’n voorval waar duisende inkopiegangers in ʼn ry gestaan het vir die opening van ’n nuwe winkel en ʼn hele paar voertuie is as gesteel aangemeld in die onmiddellike omgewing rondom die winkel,” het Erasmus gesê.

Die opening van Mall of Africa op 28 April 2016. Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Die opening van Mall of Africa op 28 April 2016. Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Volgens bewerings op sosiale media is 15 motors Donderdag by die Mall of Africa gesteel wat 7 000 parkeerplekke het. Vanessa Fourie, die woordvoerder van Mall of Africa, het gesê 98 860 mense het teen 17:30 deur die sentrum se deure geloop.

Fourie het egter ontken dat enige motors uit die parkeerterrein gesteel is. “Ons het die gerugte gesien en dit is nie waar nie. Geen voertuie is op ons perseel gesteel nie. Ons het polisie rondom die sentrum en al ons parkeerterreine is toeganklik. Ons het vasgestel dat die gesteelde motors buite die parkeerterrein gesteel is waar ’n mens in oop ruimtes en langs die straat kon parkeer,” het sy gesê.

“Ons parkeerterrein het toegangsbeheer en word deur veiligheidskameras gemonitor. Die polisie is besig met hul ondersoek en sal aan ons verslag lewer.”

Die opening van Mall of Africa op 28 April 2016. Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Die opening van Mall of Africa op 28 April 2016. Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Lt.kol. David Mahloromela, woordvoerder van die polisie in Midrand, wou nie oor die saak kommentaar lewer nie en het gesê ʼn formele verslag sal uitgereik word sodra die ondersoek afgehandel is.

Intussen was daar Donderdagoggend hewige verkeersopeenhopings op die N1 op pad na die inkopiesentrum en rondom die Waterfall City-gebied. Teen 12:00 moes die Mall of Africa noodgedwonge die valhekke sluit weens die erge verkeer. Die valhekke is ongeveer ʼn uur later weer oopgemaak.

Die Mall of Africa, die grootste enkelfase-ontwikkeling in die Suidelike Halfrond, spog met meer as 300 winkels en ʼn vloeroppervlak van 131 000m². Die ontwikkelaars verwag dat die sentrum minstens 15 miljoen mense jaarliks sal trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Swaer ·

Sien dit was nag gewees daar. Sal maar wag tot al die opgewondenheid oorwaai voor ek ‘n draai daar sal gaan maak. Winkels seker 100 % verhuur – ek self by ‘n winkelsentrum gewerk, bestuurskantoor altyd ‘n grap gemaak met die ” opening soon” dan het ons maar altyd saggies gesê: ja, “and closing shortly”.

alida ·

Het die mense nie werk nie? Wat maak hom anders as Menlyn en Woodlands – seker maar net groter.

Ruby ·

Dis simpelgeit om in daardie massas te probeer inkopies doen.

Wonder waar werk party wat so kan geld spandeer of dit net of saam te kan steel.

Piet Pompies ·

En so betaal die verbruiker die prys vir die Inkopie sentrums. Die winkel eienaar betaal ten duurste vir huurgeld en moet sy produkte se pryse opjaag om vir die huur te kompenseer. Gedurende Desember 2015 het ons Billabong T hemde vir R150 by die “factory shop” in Jeffreys Baai gekoop. Dieselfde T hemp kos R395 in Nelspruit se winkel sentrum. Sal graag meer winkels vir mans in sentrums wil sien, Midas ens waar ons by kan inloer terwyl die vrou haar inkopie doen

Karma ·

Piet, waar kom jy daaraan dat die verbruiker die prys vir die inkopiesentrums betaal? Dié tipe sentrum het gewoonlik groot konsortiums van aandeelhouers en/of eienaars wat hengse bedrae se skuld (leningskuld) aangaan om inkopiesentrums op te rig, te open en aan die gang te hou. Daar is duisende ure vooraf ingesit om die vatbaarheid (“viability”) van so ‘n winkelsentrum te bepaal, duisende rande gespandeer aan noodsaaklike marknavorsing, argiteksontwerpe, om huurders te bekom ens. ens. ens. en dan kom daar eers die konstruksie. Daarna vat dit gemiddeld nog so vyf jaar voor ‘n inkopiesentrum gevestig is. En, het jy ook gedink dat daardie Billabong T-hemp wat jy by die fabriekswinkel gekoop het, ‘n namaaksel is, daarom is dit soveel goedkoper as dié in die Nelspruitse inkopiesentrum?

lynette ·

So bly ek was nie daar nie!!!!!!!!! Raak sommer siek as ek tussen sulke massa mense moet beweeg.

Penellope Jones ·

Vir n paar redes is ek baie dankbaar:~

1) Dat ek nie daar naby woon nie.
2) Dat ek nie oor die nuuskieirige kooplus beskik nie.
3) Dat ek nie ooit na die winkelsentrum Hoef te gaan nie.
4) Dat ek presies dieselfde wat ek nodig het, (nie moet he nie) erens anders kan bekom.

KP ·

Karma jy probeer baie slim klink, wie dink jy betaal die skuld wat aangegaan is om die plek te bou, die huurders van die winkels natuurlik.

JJ ·

Met so baie siele sou ek sukkel om asem te haal en my ore sou dit nie hou nie. Sal wel daarvan hou om te gaan kyk hoe lyk die sentrum, maar sal maar ‘n paar maande wag.

Oom Kalahari ·

Dit is goed gevestig en lyk na ‘n pragtige sentrum wat ek glo die omliggende gemeenskappe tot voordeel sal strek om hul inkopies en besighede daar te kan doe. Tog ys ek as ek die massas sien en dink aan al die kriminaliteits faktore wat daar dalk nog mag plaasvind en hoop dat die sentrum ongeag van veiligheids kameras (wat soms in gebeurtenisse blykbaar nie aktief was nie) tog van die nodige menslike veiligheids/beskermings faktore voorsien is. Publieke veiligheid en fie nodige gerusstelling dat dit 100% veilig is sonder toeslaan van booswigte in massas om te roof en of blote argumentasies en aanrandings op mense te kan verhoed. Ek glo van harte daar is na alle faktore en beplannings gekyk en nagekom, maar is soms so goed soos die eerste insident wat plaasvind en dan eers die nodige ontbrekeninge te wil instel na die skade aangerig is. Wens die bestuur en klante alle plesier, suksesse en voorspoed met hul besighede asook met die inkopies en wees paraat te alle tye asb. Sterkte.

Elza ·

volgens ‘n vrou van Zimbabwe wat oral werk doen by huise, se sy in Zimbabwe steel die mense nie, hulle kry baie swaar ja, maar word inhegtenis geneem sou hul moor, steel en geweldadig optredes probeer, geen”strike” en nog ander kan bygevoeg word…kan ons owerhede dan nie ook leer by “die” land nie?…
dienslewering kos geld, staak in Suid Afrika, toi toi en pa versperings..r en breek af en brandende bande en klipgooiers… moor….verkragtings…..gaan aan asof dit wettig is…kom aan owerhede….tree op

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.