E-tol uitspraak word gelewer

Argieffoto

Argieffoto

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting Donderdag uitspraak lewer of e-tolwetgewing ongrondwetlik en ongeldig is.

Regter Owen Rogers het verlede week Woensdag die uitspraak uitgestel. Hy het gesê hy moet besin oor argumente oor die Wysigingswet op Vervoer en Verwante Sake.

Die Demokratiese Alliansie het die hof genader om die wysigings ongrondwetlik en ongeldig te verklaar, aangesien die behoorlike prosedure nie gevolg is om terugvoer van provinsies te kry nie. Die wet is as ʼn artikel 75-wet goedgekeur, dus ʼn gewone wet wat nie provinsies raak nie, in plaas van ʼn artikel 76-wet wat wel provinsies raak.

Die respondente in die aansoek is president Jacob Zuma, speaker van die Nasionale Vergadering Max Sisulu, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies Mninwa Mahlangu, minister van vervoer Dipuo Peters, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die Nasionale Tesourie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.