Een dood, drie beseer in Brits-skietery

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man is dood en nog drie gewond toe hulle Dinsdag by ʼn sakeperseel in Brits in Noordwes geskiet is.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorledene is ʼn Somaliese burger. Die vier mans is na bewering deur vyf ander Somaliese burgers aangeval.

“Volgens voorlopige inligting het die verdagtes ʼn gebou binnegegaan waar die slagoffers besig was om items te verpak. Die verdagtes het glo op hulle losgebrand en het toe weggehardloop om inhegtenisneming te vermy,” het sy gesê.

“Die slagoffers is na die Brits-distrikshospitaal geneem waar een van hulle aan sy wonde beswyk het. ʼn Saak van moord en drie van poging tot moord word ondersoek.”

Volgens Moleko het die verdagtes in ʼn swart Ford Focus gery wat geen nommerplate gehad het nie. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael ·

Die land se grense is oop en die Afrika burgers wie se tuislande tot niet is stroom in

François ·

Maak maar die grense oop dat daai maergatte & ander gespuis kan inkom! Shame, hulle ly mos aan die anderkant. Word wakker!

tamboti ·

Die nuwe SA is die vergestaltenis van die amerikaanse slagspreuk; “land of opportunity” vir al die Afrika lande se misdadigers en sindikate. Hierdie uitlanders met hul misdaad het klaar nes geskop en sal nooit weer hierdie land met sy vrygewige en ryk “sagte” teikens verlaat nie.
Sodom en Gomorra.

Koos ·

tamboti, Danna Snyman het in een van sy boeke gekryf dat Pretoria in die res van Afrika bekend staan as Half-London. Die gebruik het blykbaar onstaan vir die inwonder oppad na Engeland en as hulle Pretoria bereik het is hulle halfpad. (Met respek aan Dana en uit my geheue). As hulle dan SA bereik, dan bly hulle hier as hulle sien hoeveel dit kos om oor die waters te gaan, en hoeveel dit kos om terug te gaan. en dan jip, gaan onse groot president ook nog na Marabastad (Binne Landse Sake) om te hoor wat hy vir die arsiel soekers kan doen!!! Plaas hy vra wat hy vir sy land kan doen, nie wat sy land vir hom kan doen nie!! (Pres. JF Kennedy VSA).

DPJ ·

Bring grensbeheer terug en misdaad sal met rasseskrede af neem. Alle lande het goeie grens beheer.

johny ·

Hartseerste van alles. Laaste blanke president van die land het geweet dat al hierdie gaan plaasvind en oningeligde blankes het hom gevolg

Dee ·

En nou probeer hulle hulself verontskuldig deur hom (alleen) te beskuldig.

tamboti ·

Ja ek was nog klein, maar hierdie situasie was reeds as onvermydelik voorspel met die beplanning van die Driekamer parlement, ons kan seker teen hierdie tyd aan die ja-ers se; sien julle ons was reg – gee die pinkie en hulle sal alles gryp.

elmarie ·

Daai dag toe ons verkoop is aan die komienuste het ek ge weet hier kom baie moeilekeid nou pluk onskudiige mense die vrugte van die dwaase

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.