Eerste van vyf nuwe Airbus A330-300-vliegtuie vir SAL

SAL A330-300 (Foto: SAL)

SAL A330-300 (Foto: SAL)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het die eerste van vyf nuwe Airbus A330-300-vliegtuie in ontvangs geneem om sy huidige roetenetwerk uit te brei en doeltreffendheid te bevorder.

Die nasionale lugredery het Saterdag in ʼn verklaring gesê die oorblywende vier vliegtuie sal na verwagting later vandeesmaand en vroeg volgende jaar afgelewer word. Die A330’s sal SAL se bestaande langafstand en plaaslike en streeksvloot komplementeer, wat die 10 A320’s, wat verlede jaar afgelewer is, insluit.

Die A330-300’s bied die jongste tegnologie, is omgewingsvriendelik en bied “ʼn gemaklike vliegervaring,” sê die SAL.

Die jongste A330-300 se vliegafstand is 6 350 seemyl, of 11 750 km, en kan roetes van tot 11 ure aanpak. Die vliegtuig, wat Vrydag in die land aangekom het, het sitplek vir 249 passasiers met 46 in premium besigheidsklas en 203 in ekonomiese klas.

Die SAL het gesê dié vliegtuie help die lugredery om sy netwerk in Afrika en verder uit te brei.

Musa Zwane, waarnemende uitvoerende hoof van SAL, het gesê die nuwe vliegtuie bring noodsaaklike doeltreffendheid en is ʼn positiewe impak op die lugredery.

“Dit is ʼn belangrike mylpaal vir SAL in die konteks van sy langtermyn-omkeerstrategie wat drie jaar gelede aangekondig is,” het Zwane gesê. “Ons bly verbind daartoe om seker te maak dat die lugredery finansieel onafhanklik raak en dié vliegtuie is ʼn stappie in die regte rigting. Volgens ons vooruitskattings, sal ons teen 2021 gelykbreek voor ons weer winsgewend word.”

SAL het in September ʼn verlies van R4,67 miljard vir die finansiële jaar tot Maart 2015 aangekondig nadat dit ʼn jaar lank geduur het voor die finansiële state bekend gemaak kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

John ·

Kom ons hoop Vader Kersfees kan dit bekostig… anders sal hy ‘n springbokkie of twee moet verkoop…

Buitestander ·

Gaan die vliegtuie so lank kan hou met die instandhoudingspan?

Andre ·

Die repo-man staan gereed om dit weer terug te neem. SAL sal nie eens die eerste paaiement kan betaal nie.

Eugene ·

Kom ons wees bietjie positief mense! Sterkte SAL tenspyte van julle foute en teleurstellings die afgelope tyd veral in die direksie.

Waarheid ·

Gesegte staaf uitkoms..Hou en bou as enige standard VAL vergeet maar terugkom KOS te veel dws INSTANDHOUDING verg INGEBORE INGESTELDHEID.. BAIE MEER as net PRAAT DIS DOEN en ONOPHOUDBAAR soms wonder vergoeding net PLIG EN VERANTWOORDINGSIN wat TROTS SUIDAFRIKAANSES vereenselwig.

zoom zoom ·

Hoekom skenk SAL nie een van die nuwe vliegtuie aan zuma nie. Dan het jy mos n luukse straler wat baie spasie het.

Landsverraaier ·

Goed om nie een wit gesig in die fotos te sien nie – ten minste is SAL voledig getransformeer, of vinnig oppad na so status. Die toekoms lyk blink!

Adam Boshoff ·

Ek wil positief wees maar ek kan nie As hulle nie winsgewend kon wees met die huidige vloot nie hoe gaan hulle dit nou doen Is daar darem genoeg vlieëniers om hulle in die lug te hou en laastens kan een van die vliegtuie nie vir Zuma gereserveer word nie

trevor ·

ek verstaan nie. SAL het geld nood maar uitspandeer vir vliegtuig en hoe betaal want hulle het nie geld nie.

Pilot ·

GELD MORS BY SAL. Van vliegtuie regdeur tot pilots en skoonmakers……. almal oorbetaalde gravey train ryers

Stan ·

Hoe belê enige regdenkende mens kapitaal op ‘n sinkende maatskapy?

Retha ·

Ek wil ook sê ek sien géén witgesiggie nie. WAAROM NIE!!!!!

Oom Kalahari ·

Dit is verblydend om te sien SAL is besig om vooruitgang te maak en wens jul alle sterkte en voorspoed toe vir die toekoms. Bou voort op die groot suksesse.

Se maar net ·

Of dit nou R1 of R11mijoen is vir hulle maak dit nie saak nie. Ek dog die SAL is bankrot, en wie gaan die instandhouding doen

Lance ·

Kan saa asb net n wins begin maak en ophou belasting gelde vat en mors !

Kobus ·

As daar mooi na die foto’s gekyk word….lyk dit asof die vliegtuig in n moewiese plas water staan…is die Dinky Toy eers af gespuit sodat dit SPIER WIT moet vertoon….of is dit hektoliters sjampanje wat gemors is op n vliegtuig wat nog nie eens n naam het nie….vra maar net….

Johanna Botha ·

Ons weet almal SAL het nie geld nie …nou koop hulle nie een nie maar 5 nuwe vliegtuie en nog meer oppad ….met watse geld word die goed nou gediens wil ek weet …ek vermoed sterk hier kom weer n ding …of korrupsie of belasting betaler se geld moet weer help want hulle kan maar netnie lyk my n wins maak nie

Lance ·

Mens kan eintlik verstaan dat die stootdende omgekrap raak as dit so gaan

dries ·

Ag nee wat ,ek glo nie meer die storie dat SAL nie geld het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.