EFF: ‘25 redes waarom Guptas moet waai’

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die EFF het weer geëis dat die Gupta-familie die land moet verlaat en 25 redes hiervoor aangevoer.

Die EFF se eerste rede is dat die familie wat pres. Jacob Zuma as vriende erken en sakevennote van sy seun is, glo besluitneming in die land beïnvloed rakende die omstrede kernprogram. “Die Guptas beïnvloed Zuma rakende die kernkragooreenkoms  aangesien hulle aansienlik gaan baat by die ooreenkoms deur uranium te verskaf,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

“Die kernkragooreenkoms sal Suid-Afrika in ʼn reuse- fiskale krisis dompel.” Ndlozi het voortgegaan deur te sê Zuma het Nhlanhla Nene as minister van finansies gepos aangesien die Guptas hom glo voorgesê het om dit te doen en dat die familie beheer het oor sleutel- staatsbeheerde maatskappye soos Eskom, Transnet, SAL en Denel.

Volgens die EFF het die Guptas ook ʼn invloed met betrekking tot die uitreiking van mynlisensies deur die regering. “Daar is premiers van die Vrystaat en Noordwes, ministers, voorsitters en uitvoerende hoofde van staatsbeheerde maatskappye in hul netwerk van invloed.”

Julius Malema, leier van die EFF, het Zuma verlede week tydens ʼn mediakonferensie daarvan beskuldig dat hy “oor ʼn bord kerrie” vir die Indiese familie beheer gegee het oor sleutelregeringsbelange. Malema het die Guptas aangeraai om Suid-Afrika te “ontruim” en het bygevoeg dat hulle nie meer veilig is in Gauteng nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rudi ·

EFF is gif self maar ek stem saam met hul dat Russiese kernkrag ons land gaan sink want die koste is absurd. Selfs sonkrag is goedkoper. Slegste “deal” in die geskiedenis van SA en net EFF wat groot lawaai maak

François ·

Snaaks, nê Rudi?! En dit is ook omtrent die 1ste & enigste keer dat hy iets sê wat sin maak. Die ander is dalk besig om rassistiese aanmerkings op die sosiale media uit te snuffel. Niks beter om te doen nie. Hulle moet baie vervelig wees.

DPJ ·

Ek sien nie 25 redes wat hy aan gevoer het nie. 2of 3 wat sekern herhaal word.

Illa ·

DPJ, miskien was Maroela Media ons genadig en het besluit om net die redes wat enigsins sin maak met ons te deel. Dit pas my.

GES ·

Die ANC en Zuma kon nie vir Malema flous nie. Wat het geword van die DA of het dit nog nie tot hulle deurgedring nie?

Nico ·

Die edele rooi baret sal nauurlik nooitkorrup wees nie. As hy sou president word sal hy meer Guptas as Zoomer om hom vergader.

Liewe Heksie ·

EFF is werklik bang vir die guptas klink vir my soos n tokkelosie of boogieman Maar nou ja so sal die gezoom van die bye aangaan tot al ons heuning ook op is

Johan Smit ·

Al stem ek glad nie met die EFF se beleid saam nie,teken hulle punte aan soos bv Zuma en die konstitisionele hof.
Malema is n besielende leier vir sy mense,hy en die EFF gaan nog n groot invloed he op nasionale politeik,hy sê en doen dinge wat die mense wil hoor.
En as Guptas in sy visier is ,kan hulle verseker van n “rough ride “wees,veral as Zuma “gefall “het.

alida ·

Malema self is ‘n nar maar daar is darem een ding waarvoor ons hom moet krediet gee en dit is dat jy vir Zuma keer op keer in ‘n hoek het. Kan nie wag vir vanaand as hy weer met sy manewales begin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.