EFF weer uit parlement verwyder

President Jacob Zuma Woensdag in die parlement. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma Woensdag in die parlement. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die EFF het Woensdag, kort nadat die party se LP’s weer fisies uit die parlement verwyder moes word, gesê hulle sal nooit toelaat dat pres. Jacob Zuma die Nasionale Vergadering onverstoord toespreek nie.

Die EFF-LP’s het Zuma probeer verhoed om sy begrotingsrede-toespraak te lewer na aanleiding van die konstitusionele hof se bevinding dat Zuma die grondwet verontagsaam het deur toe te laat dat staatsgeld gebruik is aan nie-veiligheidsopgraderings by sy private woning in Nkandla.

EFF-LP’s het een na die ander opgespring en geëis dat Zuma nie toegelaat moet word om die Nasionale Vergadering toe te spreek nie. Speaker Baleka Mbete het aan die party gesê dat hulle die ordereëls van die parlement oortree en het uiteindelik Mbuyiseni Ndlozi beveel om die parlement te verlaat.

Ndlozi het teruggekap en Mbete gevra hoekom hy die parlement moet verlaat. “Het ek my ampseed verbreek? ʼn Ander persoon verbreek sy ampseed, maar jy beveel hom nie om die parlement te verlaat nie,” het hy gesê. Verskeie ander EFF-LP’s het probeer om tussenbeide te tree, maar Mbete het die parlementêre beskermingsdienste geroep om die party se LP’s te verwyder.

“Die parlement is ʼn instansie wat Jacob Zuma verantwoordbaar moet hou. Daar is bevind dat hy die wet oortree het en nog steeds doen die parlement niks daaraan nie,” het Floyd Shivambu, die adjunk-leier van die EFF, buite die parlement gesê. “Ons sal nie toelaat dat ʼn misdadiger ons toespreek nie. Ons sal nie toelaat dat daar geld en ʼn begroting gegee word aan ʼn misdadiger wat net die geld vir sy eie selfverryking en bevordering van sy familie gaan gebruik nie. Jacob Zuma sal nooit vrede in die teenwoordigheid van die EFF vind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

sarir ·

Ou zooms gaan in elk geval net verantwoordelikheid ontduik en giggel. Dit maak geen verskil of hy praat of nie. Hy irriteer my net . Nog meer as hy sy mond oopmaak. Laat hy nou maar die vrugte pluk van die juju monster wat hy geskep het.

Veritas ·

Dalk nie die beskaafde manier om te handel nie maar in Afrika is dit die enigste effektiewe manier. Beveg vuur met vuur.

Deon ·

Ek wens JZ wil verdwyn soos Maroela se berigte…..ai tog…

Tiger ·

Ek geniet dit erg asdie EFF vir zuma so kasty!!My tone krul van lekkerte vir die’ sirkus!

Lance ·

As dit is hoe mense met mekaar omgaan en n voorbeeld moet wees vir hulle volgelinge ….genade wat n gemors !

John ·

President Zuma het destyds die ANC gedwing om president Mbeki uit sy amp te verwyder, maar hy is nie bereid om dieselfde pad te loop nie. Die chaos in die parlement gaan oorspoel na buite wat ‘n groot krisis op alle gebiede gaan veroorsaak veral ook met die komende verkiesing in gedagte. Die ANC-parlementslede wil ook nie hul lekker snoesige posisies prysgee nie. Indien die miljoene armes opstandig raak, en die EFF gaan hulle ondersteuning soek, sal ons moet koes.

Hendrik ·

Ek hoor COPE het hom ook ontrek uit die parlement omdat dit ‘n sirkus is. Nou vra ek die vraag wat soek die ander opposisiepartye nog daar? Hulle kan tog niks verander want alle wette kan deurgevoer word met ‘n oorgrote meerderheid. Moet hierdie LP’s maar nie huis toe kom en vir hulle party meer stemme kom werf/of iets doen vir die gemeenskappe nie sodat hulle meer stemme kan kry vir die volgende verkiesing. Wat is die nut om te sien hoe niks bereik word nie? Sit hulle net daar vir die geld….?

Bach ·

Mense besef julle hierdie sirkussterre verdien elk omtrent miljoen Rand pj met belasting betalers se swaar verdiende geld. Dis regtig om van naar te word.

m ·

Hoe pateties en lagwekkend. Almal lag vir hierdie ou landjie , geen wonder niemand wil mee hier kom bele nie. Die land verarm elke dag meer en meer…………

pieter ·

besef die kieser van rsa dat hierdie narre is besig met ons toekoms.KAN IEMAND NIE VIR DIE ANC SE RSA GAAN BRAND NA DIE VERKIESING WAT DIE OPSTANDE VAN VANDAG NA N VULLETJIE GAAN LAAT LYK. DIE DOM LPS IN DIE PARLEMENT SPEEL OOK MOOI DIE SPEL WAT DIE ANC WIL HE HULLE MOET SPEEL.

E ·

Net weereens ń bewys dat SA nie demokraties is nie! Die anc doen in elk geval wat hulle wil. As hulle nie van iets hou nie word dit net verwyder.
Kommunisme.

Connie ·

Malema wil eintilik die wittes bykom. Hulle probeer ‘n burgeroorlog ontketen van #Rhodesmustfall. Hulle het gedink die wittes gaan up and arms wees. Toe begin hulle met die universiteite. Hulle wil ons uitroei. Dis waantoe die EFF werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.