Eskom: ‘Ons is nie bankrot’

Argieffoto

Eskom het berigte in die media dat dié kragreus bankrot is, verwerp.

Eskom het in  ʼn verklaring gesê dat hy nie op die spesifieke aantygings wat gemaak is, kan reageer voor die amptelike bekendmaking van daardie besonderhede wat eers vir 19 Julie beplan is nie.

“Met dit in ag genome ontken ons dat ʼn finansiële krisis ons in die gesig staar en dat ons net genoeg kontant het vir die volgende drie maande,” het die verklaring gelui.

Eskom het benadruk dat hul algehele finansiële en operasionele optrede oor die afgelope twee jaar verbeter het en dit het gelei tot ʼn verbeterde balansstaat.

“Eskom het ook genoeg waarborge van die regering se kant af om sy befondsingsplan deur te voer,” het die verklaring gesê.

“Die besonderhede van Eskom se finansiële en operasionele optrede sal Woensdag aangekondig word.”

Eskom het bygevoeg dat hy met aandeelhouers sal ontmoet voor die resultate bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Swartkat ·

Nee Eskom is nie in die rooi nie , daar is genoeg geld vir groot bonusse, ruim skeidingspakette en vir geskorsde werknemers wat by die huis sit. Daar is ook genoeg krag vir almal ,maar daar is te min krag om aan die buurstate te lewer teen goedkoop pryse. Steenkool is ook duur as dit net van sekere verskaffers gekoop word want die ekstra rand in ‘n paar sakke raak baie duur. Luukse karre en 4×4 pryse is duur en die prys van stortkoppe nog duurder.!!!!

Johan. H. ·

As julle sien wat ek betaal ,glo ek julle, dis onmoontlik dat julle bankrot kan wees..Maar ek sal daarvan hou as julle eendag my straatligte kan regmaak, werk al 4 jaar nie.

johnny_walker ·

nou hoekom betaal ons dan so baie vir krag ? hoekom wil julle oral geld leen ?

Johann Marx ·

En dit was die “famous last words” by SABC, SAL en Transnet ook!!!

Werner ·

Wel as mens na jul skuld kyk en hengse lening wat julle nou die dag gemaak het en al die lokasies betaal nie hulle krag rekenings nie is julle bankrot

Ella ·

Dis hoekom hulle nooit nerens kan regeer of in beheer kan wees nie. Alles in hulle hande gaan ten gronde. Gaan kyk op in afrika. Ons voorland.

Andre ·

Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie!!!
Dit het hul al oor en oor bewys.

Johannes van Staden ·

As jy n IMF lening kry is jy nie bankrot nie ….jy is very die punt …so kyk mooi hier kom nog n IMF lening want ons is reeds JUNK status !

Johann Marx ·

As jy 270+ bankrot munisipaliteite op jou “boeke” het as debiteure, dan is jy “tegnies” seker nie bankkrot nie. Maar as jy begin verstaan dat 99% van daai uitstaande “skuld” nooit gaan realiseer nie….dan is jy in jou kanon in!!

Johan Maritz ·

Eskom het die vermoe om sekere individue te verryk , kom ons vat Medupi in Ellisras hoeveel mense het skatryk geword uit die kragstasie maar nie uit Matimba nie . Di e mal pryse wat persone betaal is om akkommodasie te verskaf. Ons hoef ook nie te raai watter staats instansie het die hoogste gemiddelde vergoeding nie.

Anoniem ·

As julle nie bankrot is nie, is daar mos geen rede om die prys vir elektrisiteit so kwaai te wil opstoot nie.

Voorlaaier ·

Ja nee kyk!!…Ou Voorlaaier se krag rekening elke maand hou Eskom in die groen!..( sug)!

Swartkat ·

Met so baie alternatiewe krag bronne soos windplase die hele wereld vol en jan – publiek wat al hoe meer hulle wend tot sonkrag weet mens nie hoekom Eskom nog krag sentrales wil bou nie. Daar is nie eers ‘n oplossing vir die surplus krag wat privaat opgewek word nie. By Eskom gaan dit oor geld – want hulle wil alleen krag opwek en ten duurste verkoop.

Vermeende ·

Eskom kan al langkal nie meer silvent wees nie, die min wil nie se hoeveel die rente op die lening is nie. Hoeveel beloop Eskom se totale terugbetalings per jaar?
Elke persoon by Eskom ry n R300 000 tot R400 000 voertuig.
Jy leen jouself nie uit skuld uit nie.
BANKROT!!!!!

Dorus ·

Elke persoon by ESKOM ry nie ‘n R 300 000 tot R 400 000 se voertuig nie.
Die top salarisse,bonusse en kar toelaes word deur die senior bestuursposte verdien.
Die gewone werkersklas se salarisse en voordele vergelyk maar baie swak in vergelyking met bv die myne.

Vermeende ·

Ek is van die grit af, Eskom kan daai krag waarvoor ek duur betaal het nou maar verniet elders lewer, as dit die verbruiker se sentiment is hoe kan Eskom dan nie bankrot wees nie.

Kaalvuis. ·

Eskom is net nog een van die “lewende dooies” wat die ANC regering geskep het. Soos Zombies skuifel hulle op pad na nêrens, verorber alles in hulle pad en laat ‘n spoor van verwoesting agter. F. W en kie het gepraat, nee, belowe daar is wigte en teëwigte om hierdie tipe van vergrype te verhoed. Daai wigte en teëwigte moet nou begin werk want die Zombies staan op my stoep en ek het nie eers ‘ja’ gestem toentertyd nie! Ek het vir ‘n oomblik gewonder om van die ‘ja’ stemmers van weleer te vra hoe ons nou gaan maak, maar hulle het almal Australië toe verhuis.
Ek vermoed dat daar nog donkerder tye vorentoe lê en wag aangesien ons nog nie ons les geleer het nie. Ons bly ons vertroue plaas op mense wat nie ons belange op die hart het nie en nog minder die welstand van ons land. Ons sal moet laer trek en koppe bymekaarsit. Die pad vorentoe is vol slaggate…

Chad ·

Ons ja-stemmers het verhoed dat n vernietigende burgeroorlog sou uitbreek. Jy moet dankie se vir my ja-stem

Jullemoetwakkerword ·

Chad, my ou maat. Jy ly steeds aan die propoganda wat daai tyd gebruik was.

Dit sou nie eers n dag geneem het om die oorlog te wen nie.

Julle ja stemmers moet nou ophou se wat julle voorkom het. Julle wat so slim is moet asb vir ons se wat ons nou moet doen.

Daai ryd het ons die wapens gehad. Vandag is ons niks en wat julle voorkom het gaan anyway gebeur, ons is net baie slegter daaraan af, danksy julle.

Swartkat ·

Eskom is ook maar besig met sy strooptog in Suid Afrika, of jy nou krag gebruik of nie jy moet nog maandeliks ‘n basiese tarief by die munisipaliteit betaal vir beskikbaarheid van dienste.Die munisipaliteit hef basiese tariewe vir elektrisiteit , water, riool en vullis verwydering, of hulle dit doeltreffend doen of nie , betaal sal jy betaal voor die maandelikse sperdatum.

James ·

Die 19.6 bil.wat geleen is by china vir Medupi ,met wie se geld gaan hulle china terug betaal .Medupi kragstasie moes al lankal klaar gebou gewees het.

Vermeende ·

Hier kom groot probleme met Eskom.
Eskom leen geld om meer krag op te wek wat hy aan wie nogal gaan verkoop, Eskom verhoog sy uitgawes vir dieselfde inkomste en huil elke jaar by NERSA vir buitensporige verhogings.

Hoe werk hulle wiskunde, soos Zuma s’n??
Eskom is bankrot!

Elize ·

As hulle dit bly ontken, is dit heel waarskynlik die waarheid.

HKGK ·

Hoe op dees aarde kan Eskom biljoene se bonusse betaal aan onbekwame werkers? Die mense kry mos ‘n salaris om die werk te doen waarvoor hy/sy aangestel is. Wat skreiend is, is die vermorsing. Koeberg het voor ’94 net oor die 900 permenente werkers gehad wat sekuriteit ingesluit het. Vandag is daar byna 3000 “werkers” en die sekuriteit word uitgekontrakteur na ‘n buitefirma. Dan praat ons nie eers van die werknemers wat afgelê is, onbekwame “werkers”is in hulle plek aangestel en toe word hulle weer teen 3-4 maal hulle ou salarisse as konsultante aangestel om die werk te doen wat die “comrades” en swartbemaagtigingkaders nie kan doen nie. Omdat dinge nou werk soos dit veronderstel is om te werk, kry hierdie “bestuurders”nou masiewe bonusse vir werk wat hulle nie sonder die “konsultante”kan doen.
Daar behoort ‘n oudit gedoen te word op alle staatsdiensinstellings om te sien wie die kwalifikasies het om die werk te doen en wie nie. Die dooie hout moet uitgesny word. Dis mos nie logies dat meer as 20% van die werkerskorps in diens van die staat kan wees nie. Di kom daarop neer dat die res wat werk omtrent net werk om die onbevoegde staatsdiens aan die gang te hou.

Jaco ·

mmmm…kom ons kyk…SAL is bankrot, Poskantoor is bankrot, SABC is bankrot….heel moontlik Eskom ook! Nou vrae ek met trane in my oe….WAAROM maar WAAROM wil hierdie patetiese regering dan nog die reserwebank en myne ook nasionaliseer as hulle geen benul het hoe om n firma te bestuur nie! Alles wat hulle wil nasionaliseer sal ook verval tot nog n derdewereldse gemors!!!

marous ·

Het hulle nou al die hoenders en bokke gaan haal wat Zimbabwe hulle mee moet betaal ?

adri ·

Ek dink nie die mense wat in finansiele poste aangestel word weet van ‘n inkomste en uitgawe staat nie hul sien net die inkomste staat, maandend en bonustyd hoe de hel kan jy lenings maak en dan kry mense buitensporige verhogings en bonusse. Bonusse is nie n moet nie jy moet werk daarvoorb en as daar genoeg geld is kan ‘n mens ‘n gewone bonus kry. Ons het ons eie besigheid en ons neem nie eens bonusse nie en as dit is is dit bitter min ons ruk nie die dam onder die eend uit nie.

Eish ·

Die een swanesang op die ander. Ons sal moet wag en kyk wat die geouditeerde state sê. Ongelukkig laat die huidige bestuurskorps van semi staatsinstellings dit nie toe dat hul verklarings ernstig opgeneem kan word sonder onafhanklike verifikasie nie.

Nicolene ·

Natuurlik is hulle nie bankrot nie! So lank as daar belasting is waaruit “reddingsboeie” gegee kan word, is geen staatsinstansie bankrot nie!

Andre ·

Wonder hoe gaan dit met Petrosa,hulle is ook n semi staatsinstelling wat getransformeer is?

Kaalvuis. ·

Hi ou Chad. Dankie vir jou en Zuma. Geniet dit wat oorbly van die land. Sit net die ligte af as jy ook waai…

What a joke! ·

Gee mos maar alles vir mahala vir die buurlande…. Ry mos elk een helse luukse lang slap kar met buitensporige bonusse elke jaar! Wil mos net een kant melk om te betaal ,die ander kry mos alles vir nogmaals mahala….ja wel Eksdom dus wat dan gebeur veral as jy nie eens weet hoe om die job reg te doen nie en net daar is om pap te skep solank dit val ne…nie in die rooi nie ne ja sure….hihihihi so numba 1 altyd sou se….

Pik ·

Ek sal die werkers ondersteun met n staking as hulle die base betaal en verder kry niemand niks volgens my moet hulle n “pay cut ” vat hulle werk net soos die banke die werkers werk hul agterent af kry geen bonusse nie maar in die fin state loop die top bestuur weg met miljoene

Hans ·

Die hele zimbabwe se krag word deur ons gedra,-dis maar afrika,ons probeer al honderde jare om hulle reg te kry maar vergeefs.Afrika moet afgesonder word van die wereld sodat hulle hulle eie ondergang kan bewerkstellig.Anargie is die leuse van AFRIKA.sad but true!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.