Eskom-skuld: Nog dorpe van vandag sonder krag

Argieffoto

Argieffoto

Talle dorpe in Noordwes en die Noord-Kaap sal vandag sonder elektrisiteit wees, soos Eskom voortgaan met die implementering van beurtkrag in ʼn poging om munisipaliteite te dwing om hul agterstallige skuld te betaal.

Eskom het gesê beurtkrag sal van vandag af in die Naledi, Lekwa-Teemane en Kgetlengrivier-munisipaliteite ingestel word, wat Vryburg, Stella, Bloemhof, Christiana, Koster en Swartruggens insluit. In die Noord-Kaap sal die Ubuntu en Renosterberg-munisipaliteite se krag afgesny word, wat die inwoners van Victoria-Wes, Richmond, Van der Kloof, Petrusville en Philipstown sal raak.

Die krag sal elke weeksdag tussen 06:00 en 08:00 en 17:00 en 19:30 afgesny word, asook naweke tussen 08:30 en 11:00 en 15:00 en 17:30.

Sedert Eskom aangekondig het hy moet noodgedwonge sekere munisipaliteite se kragvoorsiening afsny in ʼn poging om die miljarde rande wat aan die kragverskaffer verskuldig is in te vorder, het verskeie van die munisipaliteite betalingsooreenkomste met Eskom gesluit om te verhoed dat hul krag afgesny word.

Eskom het Woensdag gesê die Madibeng- en Maquassi Hills-munisipaliteite in Noordwes het intussen ook die “veilige lys” gehaal.

“Ons is uiters bemoedig deur die reaksie wat ons tans kry en wil al die munisipaliteite bedank wat die moeite gedoen het om hul rekeninge te betaal en betalingsooreenkomste vir hul agterstallige skuld te sluit,” het Matshela Koko, Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, gesê.

Eskom het in sy verklaring gesê die besluit om munisipaliteite se krag af te sny was nie ʼn maklike besluit nie, maar eerder ʼn laaste uitweg vir die kragverskaffer. “Ons troos ons aan die feit dat ons alles in ons vermoë gedoen het om die uitstaande skuld op vriendskaplike wyse in te vorder,” het die verklaring gelui.

Eskom het ook genoem dat hy volgens wet en sy kragverskaffingsooreenkomste met die munisipaliteite by magte is om die elektrisiteit geheel en al af te sny, maar sê hy het verkies om ʼn sagter benadering te volg deur dit slegs sekere tye van die dag af te sny.

“Ons sal die nakoming van die betalingsplanne en die betaling van die huidige rekeninge van die munisipaliteite streng monitor en enige wanbetaling sal daartoe lei dat die krag sonder verdere kennisgewing afgesny word. Munisipale kliënte word aangemoedig om met hul onderskeie verskaffers te skakel om die nuutste inligting oor die munisipaliteite se uitstaande skuld te kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Frans C ·

Eskom pluk nou die vrugte van ‘n wanordelike verlede waar die ANC sy lede tot wanbetaling aangemoedig het om sodoende Blank beheerde stadsrade finasieël op die knie te bring en die land onregeerbaar te maak.

Nou na 21 jaar word betalende inwoners gestraf vir die roekelose optrede van die ‘kaders’
en ly almal.Wat help die optrede as die skuldiges eenvoudig in hul poste bly sit en niks oorkom nie.

En dit terwyl dit in 2015 berig is dat:’Escom paid R24,4 million to its three senior executives last year and rewarded its top brass with R62.8 million in performance bonusses since load-shedding first shut down South Africa’s gold mines in January 2008.’
Bron ‘My broadband.’

Hoe het hierdie mense ooit aanbewind gekom? Ja dit bly maar lekker om breê rieme uit ander man se vel te sny.

Kobus ·

Stem Frans C…Hier in Vryburg ondervind ons die beurtkrag vanaf Maandag soos tye deur Eskom bepaal…Maandag aand het die krag half 8 aan gekom,maar binne n halfuur van lig was die krag weereens af tot kwart voor 10 die aand asgevolg van n lyn van Eskom wat gebrand het….As mense dink dis n plesier om hierdie onderbrekings te ervaar….DINK WEER….As ons krag gesny word asgevolg van wanbetaling deur die publiek….dan berus ek my daarby….MAAR DIE HELE SOGENAAMDE BLANKE WOONBUURT HET VOORAF BETAALDE METERS…COLLRIDGE HET NIE METERS…HUL HET GETOI TOI….TOE SIEN DIE MUNISIPALITEIT AF VAN DIE IMPLEMENTERING DAARVAN…HUHUDI KRY KRAG DIREK VAN ESKOM….vanaand is hier n vergadering met almal wat belang het met die Munisipale Bestuur….of dit enigsins sal help…weet ek nie…hier baie voorstelle….MAAR ESKOM MOET OOK SKULD DRA…WANT ASGEVOLG VAN JARE SE WANBETALING DEUR NALEDI…HET SKULD NET TE HOOG GERAAK…

skaduwee ·

In Richmond by Ubuntu munisipaliteit is die krag net af in dorp en nie in lokasie….

Elmarie ·

EK STEM KOBUS WAT VAN DIE TYD WAT DIE KRAG MAANDAG AF WAS? ESKOM DINK NIE ONS MENSE WAT WERK VAN 8-5 SUKKEL OM KOS TE MAAK VIR ONS GESINNE NIE, HOE SE JY VIR SUSSIE OF BOETIE KOS SAL +- na 9 IN DIE AANDE REG WEES?HET IN MY LEWE NOG NIE IN SO VERTRAAGDE PLEK GEBLY SOOS VRYBURG WAAR KRAG MEER AF AS AAN IS NIE,SKOP DIE GROOTKOPPE UIT HULLE POSISIES EN STEL MENSE AAN WAT HULLE WERK KAN DOEN

Jan maak n Plan ·

Kobus hulle het seker die geld wat na Escom toe moes gaan gebruik om vir julle verkeers beamptes daai mooi nuwe swart Mercedes en mooi nuwe rooi BMW en mooi nuwe Wit Golf GTI motors te kon koop. Ek dink Escom moet maar oorals die krag direk aan die mense verkoop.
Sterkte ou vriend.

Ken ·

Sekerlik moet die inwoners van die gemelde dorpe wat hul kragrekenings betaal het regstappe teen die munisipaliteite kan neem?? As jy vir ‘n diens betaal het en dit word nie gelewer nie is dit mos daglig diefstal??? Enige iemand al regstappe ingestel teen die verdomde munisipaliteite wat Eskom nie betaal het nie? Of eis direk van die hoofed van die munisipaliteite self. Nee hel, ek sou groot magallas maak as ek in een van daai dorpe gewoon het. Nou moet hierdie arme mense ly agv korrupte munisipaliteitshoofde….

Dorp in Mpumalanga ·

Ons krag word vanaf die 23 ste afgesny. Hier brand hulle al bande op die snelweg. Wens hulle wil die munisipale kantore gaan besoek met n band of 2. Dalk kry hulle iets reg. Ek betaal getrou my rekening en net die wit buurte se krag word hier afgesit. En die korrupte spul bly nie eers in ons dorp nie, hulle vat elke aand hulle luukste voertuie en ry na n buur dorp toe. En ons betaal die R200 000 per maand salaris.

skaduwee ·

By Richmond in Ubuntu munisipaliteit is slegs dorp se krag af, die lokasie het krag…..

MCS ·

Miskien moet Eskom n besoek afle by elke minisipaliteit en op motors en luukshede van die raad beslag begin le. Ons in Witbank sit van Maandag sonder krag. Dit is ons reg om elektrisiteit tehe as ek maandeliks my “prepayed” krag koop.

snoefie ·

hoe word die eintlike oortreders hierdeur gestraf? die tye wat eskom die krag afsny, is soggens voordat munisipaliteite begin werk en saans nadat hulle klaar gewerk het. munisipaliteite deel huise, munisipale dienste, water gratis uit. as die luukses betaal word soos dit hoort_, gaan daar geld wees om skuld te vereffen. die oortreders is munisipale bestuurders. lê beslag op hulle eiendoms en verkoop dit. dit sal n goeie afskrikmiddel vir wanbetalers wees.

sarie van heerden ·

Sny af elektrisiteit van wanbetalers MAAAR mense met voorafbetaalde krag KAN NIE in die skuld wees nie. Hou daardie mense se krag aan. Hoekom moet mense wat geen skuld het ook belas word met dieselfde boete as niebetalers of mense wat onwettige aansluitings maak?

sarie van heerden ·

Sny af verbruikers wat wanbetalers is maar waarom moet diegene met voorafbetaalde meters ook gestraf word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.