Eskom verwyder onwettige verbindings

Foto: Verskaf.

Eskom het Dinsdagoggend groot hoeveelhede onwettige elektriese verbindings in die Etwatwa-nedersetting naby Benoni begin verwyder.

Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het gesê die meeste van dié verbindings was ondergronds by ʼn oop stuk veld naby die Shamase-terrein.

“Hierdie onwettige verbindings is nie ordentlik geïnstalleer nie en is baie gevaarlik vir die kinders wat op daardie stuk grond speel. Dit het ook die kragvoorsieningsnetwerk oorlaai en kragonderbrekings veroorsaak,” het Kgasago gesê.

Kgasago het gesê werknemers van Eskom wat voorheen van dié verbindings uitgegrawe het, is aangeval en daarom het die EMPD en polisiebeamptes hulle dié keer vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Christelle ·

Ek wens hulle wil meer kere optree teen die onwettige verbindings

Vermeende ·

Wat die man eintlik se is, as die verbindings oordentlik gedoen was en geen gevaar vir die kinders ingehou het nie dan was daar geen probleem nie. Aamgesien die SAPD ook op die toeneel was hoekom is niemand gesresteer vir diefstal nie?

ELAINE ·

Hulle moet bietjie Princess in Roodepoort takel daar sal hulle fees vier maar dit lyk of hulle bang is vir hulle.

Action Jackson ·

Ek was vanoggend by Princess verby….meeste van daai installasies is permanent, en dis net DSTV skottels waar jy kyk. Zandspruit lyk nog erger….en die wettige huis-eienaar dok op.

MANIE ·

Hierdie is deel van die siening in die land dat daar geplunder kan word. Al wat gebeur die onnoseles wat nie plunder en steel staar n verhoging van 29% in die gesig. Al wat eskom doen is om die stelery van die guptas en mense op die grondvlak oor te dra met reuse verhogings na die sotte wat betaal. Daar was al verhoging van 400% oor die afgelope tien jaar van eskom

Anoniem ·

Die kabels kan gerus aan ‘n skrootwerf verkoop word, en die opbrengs inbetaal word op die stadsraad se agterstallige elektrisiteitsrekening.

Jordaan ·

“Die verbindings is DInsdagoggend verwyder” – en Woensdagoggend was daar nuwes, want die mense na wie se huise die onwettige verbindings geloop het is skynbaar nie gearresteer nie. As daar geen gevolge vir onwettige optrede is nie, waarom dan ophou daarmee?

SjN ·

Die N12 snelweg lyk op party plekke soos n spinnekop web soos die drade gespan is oor die pad, vernietig die kabels want dit gaan weer gebruik word vir dieselfde kriminele doel.

CHRISTA ·

Dis net bitter jammer ons kan Ekurhuleni Metro nie sover kry om hulle straatligte wat HEELDAG brand af te skakel nie!! Dan sal HULLE Eskom van elektrisiteit kan voorsien!! Meer as 30% van die straatligte brand ELKE DAG HEELDAG!! (Soos water wat in hulle strate loop en slaggate veroorsaak – die slaggate word kort-kort toegestop maar die waterlek word NOOIT reggemaak nie)!!

Boet Fasie ·

Wettige verbindings of nie, hulle betaal in elk geval nie vir enige dienste nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.