Eskom-vrou glo vermoor oor sy wou praat

Thembisile Yende

ʼn Tegnikus wat verdink word van die moord op ʼn werknemer van Eskom, ʼn vrou wat as vermis aangemeld is, het Maandag in die hof verskyn. Tydens dié verskyning is die gebeure wat moontlik tot die moord aanleiding gegee het, aangehoor.

Die verdagte, David Ngwenya (43), het Thembisile (Thembi) Lucia Yende (29) glo vermoor nadat hy vermoed het dat sy ʼn koperkabeldiefstalsindikaat wou oopvlek. Hy het in die Springs-landdroshof verskyn waar hy aangekla word van moord met voorbedagte rade.

Die saak moes uitgestel word nadat Ngwenya sy mandaat met sy vorige regsverteenwoordiger beëindig het en Maandag ʼn nuwe verteenwoordiger gehad het.

Die saak is tot 18 September uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig Yende se ontbinde liggaam is op 29 Mei in ʼn ongebruikte kantoor van Eskom se Pieterboth-substasie in Springs aangetref. Werkers by die stasie het die polisie ontbied nadat hulle bewus geword het van ʼn onaangename reuk in die geslote kantoor.

Yende is op 17 Mei deur haar ma as vermis aangemeld nadat sy dié betrokke dag nie ná werk teruggekeer het huis toe nie.

Die polisie het die vermistepersoonsaak na ʼn moordsaak verander toe daar later die week vasgestel is sy is vermoor. Kapt. Johannes Ramphora, woordvoerder van die polisie, het destyds gesê die nadoodse ondersoek toon Yende is verwurg. Sy het ook kneusplekke opgedoen wat die polisie laat vermoed dat sy en haar moordenaar moontlik in ʼn struweling betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theresa ·

Die gesteel, geplunder, gebrand, betreding, oortreding, in die sonnige Suid-Afrika is ‘n klad op die land se naam.

Heldin ·

Thembesile Yende, jy is ‘n heldin, so jammer jy moes met die hoogste prys vir jou eerlikheid betaal. Ek dink ondanks die groot hartseer, moet jou familie ongelooflik trots op jou wees, mag dit hul troots wees, jou Ma en Pa weet hulle het jou met die beste waardes groot gemaak en niks en niemand sou dit ooit kon verander, wow dit is die mooiste getuigskrif vir hulle. Die wat dit beplan en gedoen het sal hul deel kry en hul gewete sal iewers begin werk en daarna slaap hul nooit weer een nag rustig nie!

SNEL ·

Heldin, jy vat ons woorde uit ons monde uit, stem 100% saam met jou, haar ouers kan baie trots op haar wees, net jammer so goeie en opregte persoon moes nou met haar lewe betaal het.

botterblommetjie ·

Toe ek jonk was en flieks gekyk het hoe mense bang is om te praat want hulle word vermoor, gemartel en geintimideer het ek altyd gedink, gelukkig in ons land gebeur dit nie. Deesdae weet ek nie hoe is jy ‘n eerlike polisieman of enige iets dervoege nie, want jy word geskiet, gemartel, ontvoer, vermoor ens. Hoe kry mens ooit weer die balans reg…. Hoe gaan mens ook die korrupsie, gewetenloosheid, toitoikultuur, afbrand en sommer nog erger dinge keer…. Hierdie 1 pragtige mens wou die eerbare regte ding doen… Sy het met haar lewe geboet vir haar eerlikheid… (ergste is, hy het dit nog net vermoed)…. Kinders word geleer praat as iemand jou wil seermaak… Ons land leer ons deesdae, bly stil of…..

Nico K ·

Ek sal graag wil weet watse leidrade daar was om die polisie op die verdagte se spoor te sit. Dit lyk na goeie speurwerk.

Bekommerd ·

Is daar nog keer aan al die diefstal, korrupsie en moord wat in ons mooi land aangaan. Oral hoor mens van klein besighede, groot besighede, munisipaliteite, regerings en ek wil ook mediese hierby insluit. Ai vir eerlikheid (dalk gierigheid omdat nie deel van die “deals” nie) vermoor te word – wys jou wat mense doen. Kyk hoe word verkeersreels verkrag. Elke more dan ek die Here vir veilig by die kantoor kom of terug by die huis. Wat kan gedoen word om alles reg te stel?

Swartkat ·

In die wonderlike sonskyn land is ‘n lewe niks werd nie. Die mense ontsien geen lewe om te kry en te doen wat hulle wil nie. Tyd dat iemand die “guts” het om die doodstraf weer terug te bring. Kriminele dink nie aan menseregte as hulle ‘n lewe neem nie, so hoekom moet hulle menswaardig behandel word en hulle regte deur die wet beskerm word. Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand!!!!!

botterblommetjie ·

Juis omdat sy “guts” gehad het dat sy oorlede is…

VanAfrika ·

Nico K

Deur middel van n kollega se skootrekenaar en sy het haar familie vertel

Johanna Botha ·

Hoop die skuldiges word gevang vir haar moord en hulle korrupsie ….die land is SO VROTTTT !

Premier ·

Die ooskaapse premier se kantoor het gebrand op selfde tyd toe premiere van gauteng en limpopo se kantore brand of vloed. Dis ook die premiere wat teen stortkop faksie is. Vandag is ooskaap premier se ma oorlede. Waaraan? Is haar dood nie dalk ook n dreigement nie?

?!? ·

Dis so hartseer – op die oorspronklike berig het ene Kobus baie lelike aanmerkings gemaak teenoor haar en háár verdink van diefstal, korrupsie … selfs nadat haar liggaam gevind is, was sy voorwaarde voor hy verskoning sou vra vir sy aantygings teen haar dat dit eers bewys moes word dat dit nie selfdood was nie.

Nou is sy juis vermoor oor sy edel en eerlik was en korrupsie wou blootlê en opgestaan het vir dít wat reg is; ek hoop werklik die rusbankaanklaers en -regters leer hieruit en plaas eerder in die toekoms ‘n wag voor die mond en vingers voordat kommentaar gelewer word wat diep en seer wonde sny in familielede en geliefdes wie se harte wat reeds stukkend is.

Susan ·

Ja Kobus, dink ‘n bietjie voor jy net begin oordeel. Dit is ons probleem in die land. Almal het ‘n eier te lê op ‘n lelike manier, en later as die waarheid uitkom, moet jy jou kop in skaamte laat hang. Dit is hoekom ons soveel rassehaat . Dink voor jy praat. En dit geld vir almal. Nie net vir Kobus nie.

popeye ·

Ai, tragies dat boewe moord pleeg om kabel diefstal toe te smeer. Ja Kobus, daai kommentaar was op 26 Mei. Stem saam met?!? , jy sal moet skuus sê. Sterkte aan Thembi Yende se familie om deur die dinge te werk.

?!? ·

Kobus het op 1 Junie 2017 om verskoning gevra; ongelukkig eers nadat aan sy voorwaardes voldoen is en dit bevestig is dat sy vermoor is. Hoewel dit ‘n groot man neem om om verskoning te kan vra (dus trots in die sak steek), is dit jammer dat die oordeel gevel word deur ons rusbankregters vóórdat feite op die tafel geplaas is – as ons mense net kan leer om nie altyd vooraf te oordeel en veroordeel op grond van bespiegeling nie; en verál sal ek bly wees die dag as mense ophou om die slagoffers van ons stukkende land te veroordeel en te blameer )-:

Jaenka ·

Heldin
Dankie vir jou kommentaar! Sy het sowaar as n heldin gesterf!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.