Facebook-foto: Pta-man gevind

Die foto van die bakkie wat Keegan Holms op Facebook geplaas het.

Die foto van die bakkie wat Keegan Holms op Facebook geplaas het.

Die man wat Donderdagaand oënskynlik by ʼn kitsbank in Pretoria beroof en toe ontvoer is, is gevind.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn inwoner van Pretoria, Keegan Holms, gesien het hoe ʼn bebloede man met net ʼn broek aan by ʼn kitsbank in Silverton geld trek. Holms het vertel dat twee mans agter hom gestaan en hom gedreig het om meer geld te trek, voordat hulle hom in ʼn bakkie geboender en met hom weggery het.

ʼn Soektog na die bakkie is sedertdien van stapel gestuur waarby die Silverton-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die polisie betrokke was.

Holms het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê hy het die man gevind by die adres wat saam met die bakkie se registrasienommer geregistreer is. “Die man is baie gedisoriënteerd en kan nie onthou wat met hom gebeur het nie. Hy is duidelik aangerand en het glo in die vroeë oggendure by die huis aangekom. Twee van sy bakkie se bande het net op die wielvellings gery, daar was nie meer bande op nie,” het hy gesê.

Volgens Holms het die man se familie versoek dat hy Vrydag kans gegee word om te rus voordat hy verder oor die gebeure ondervra word. Die familie kon ook nie meer inligting bekendmaak oor wat gebeur het nie.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Ja die wilde weste is kinderspeletjis teen RSA. Jy is nie meer veilig in jou eie huis nie.
Ons is alleen aan die genade van God drie enige oorgelaat vir oorlewing.

Maggi van Aswegen ·

Welgedaan Mnr Holmes. Ons moet nie net wakker wees nie maar aksie neem soos dié man. Dankbaar die slagoffer het met sy lewe daarvan afgekom. Wakker slaap mense..ons is maar op mekaar aangewese vir ons veiligheid.

Dee ·

Vergeet dit! Sherlock Holmes sou die kroeks ook afgeneem het.

Anika ·

Ek hoop die betrokke bank neem stappe teen die bank se “veiligheidswag” wat ‘n blinde oog gedraai het toe die voorval plaasgevind het (lees vorige berig hieroor) !!

CAB ·

EK verstaan nie, hoe en wat het hulle vir hom in gegee. Dit laat men’s wonder hoeveel keer mense al so n aand gehad maar kan nie onthou nie? Dis regtig erg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.