Familie rasend ná 78-jarige man verdwyn

Chris van der Merwe (78) word sedert Saterdag vermis (Foto: Facebook)

Die familie van ʼn 78-jarige man van Roodepoort in Gauteng is rasend van bekommernis nadat hy Saterdag vermis geraak het.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Sondag aan Maroela Media gesê Chris van der Merwe se dogter het gevra dié organisasie moet dringend ingryp aangesien haar pa nog nie voorheen só verdwyn het nie.

Rechner sê Van der Merwe was laas voor 15:00 gesien. Hy het blou jeans, ʼn blou langmouhemp en ʼn rooi baadjie gedra. Volgens haar was Van der Merwe vermoedelik op pad na ʼn winkel.

“Daar is geen opsporingstelsel in sy motor nie, wat dit vir ons baie moeilik maak om hom of sy motor op te spoor. Die polisie ondersoek egter tans die saak en die motor sal onmiddellik deur polisie afgetrek word indien dit op die pad gewaar word,” sê Rechner.

Van der Merwe ry ʼn swart Hyundai Atos Prime met die registrasienommer TSD 382 GP. Hy het ʼn gemiddelde bou en is sowat 1,75 m lank.

Enigeen met meer inligting word versoek om ao. Loots te kontak by 011 279 6400.

Kontak die Pink Ladies by 072 214 7439, 083 378 4882 of 072 620 7704.

Besoek Pink Ladies op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Corene Nelson ·

Thank you so much, we found him!! He had an accident near Walkerville. No fyrther derails available at this stage. Heartfelt thanks from all his loved one’s for all your help in finding him

Darryl ·

Sjoe!!! Super bly daaroor..uiteindelik n bietjie goeie nuus.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Corene

Baie dankie vir jou kommentaar! Ons het ‘n e-pos aan jou gestuur. Kan jy ons asseblief met kontakbesonderhede voorsien sodat ons jou kan kontak in dié verband? Dankie!

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.