Familie rasend ná man (78) vermis raak; pleit om hulp

Rassie Erasmus (78) van Hartenbos (Foto: Facebook)

Die familie van Rassie Erasmus (78) van Hartenbos in die Wes-Kaap is rasend van bekommernis nadat hy sedert Sondag in die vroeë oggendure vermis word.

Aletta van de Vyver, ʼn familielid, het aan Maroela Media vertel Erasmus was Sondagoggend vroeg op pad na Namibië waar hy vir sy kinders sou gaan kuier het.

Van de Vyver sê hy is egter deur ʼn verkeersbeampte voorgekeer omdat sy motorlisensie verval het.

“Sy het vir hom gesê hy mag nie Namibië toe ry met die lisensie wat verval het nie. Hulle het hom toe na die Oudtshoorn-pad geneem sodat hy kon terugry Hartenbos toe, en van daar is hy vermis,” sê sy.

Sy sê ʼn boer het die gesin intussen gekontak en gesê Erasmus was op sy plaas sonder ʼn voertuig en het gevra vir brandstof omdat sy bakkie se brandstof op was, maar die boer kon hom nie help nie omdat hy net diesel aangehou het.

“Ons is onseker waar hy daarvandaan heen is. Hy moes êrens heen gery het sonder om te weet waar hy is, en verdwaal geraak het. Hy het dus sy bakkie êrens gelos en geloop.”

Volgens Van de Vyver ly Erasmus aan Alzheimer se siekte, en die gesin is bekommerd oor sy veiligheid as hy nie by die huis aankom nie.

Hy ry ʼn wit Toyota-bakkie met die registrasienommer N15258W. Enigiemand met meer inligting word versoek om Van de Vyver te kontak by 082 374 5203.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.