#FeesMustFall-leier doen aansoek om borgtog

Mcebo Dlamini in die hof (17 Oktober 2016). Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini in die hof (17 Oktober 2016). Foto: Brenda Masilela/ANA

Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige leier van die studenteraad van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Dlamini (32) is Sondag in die vroeë oggendure in Parktown in hegtenis geneem nadat die polisie op die Wits-koshuis waar hy woon toegeslaan het. Hy word aangekla van openbare geweld, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Dlamini, wat in ʼn groen sweetpakbaadjie en serp geklee was, het kalm voorgekom en stil na die landdros gesit en luister. Dlamini se borgaansoek is tot Dinsdag uitgestel om die staatsaanklaer, adv. Steven Rubin, kans te gee om sy alternatiewe woonadres, wat hy eers vanoggend aan die staat verskaf het, te verifieer.

Mongezi Ntanga, Dlamini se regsverteenwoordiger, het versoek dat sy kliënt onmiddellik vrygelaat word sodat hy Dinsdag kan eksamen skryf. Die landdros het egter gesê aangesien Dlamini al vir ʼn geruime tyd nie klasse bywoon nie, kan hy met die universiteit reël om op ʼn ander datum eksamen te skryf.

Dlamini het ook aangedui dat hy aan asma ly en medikasie daarvoor benodig. Die landdros het gesê sy regspan moet met die polisiestasie waar hy aangehou word reël dat hy die nodige medikasie ontvang terwyl hy in aanhouding is.

Jo Seoka, die Anglikaanse biskop wat die #FeesMustFall-veldtog steun, was ook Maandag in die hof. Ná afloop van die verrigtinge het Seoka gesê hy steun die studente se stryd omdat hul eise opreg is en spruit uit eerlike bedoelings.

“Die inhegtenisneming van studente is regtig onnodig en vererger net die geweld. Hoe meer studente in hegtenis geneem word, hoe kwater raak hulle. Ek is hier om seker te maak daar is geen verdere geweld nie. Dit is belangrik dat die samelewing saamstaan om die voortslepende geweld te beëindig,” het hy gesê.

Dlamini bly by die Cleveland-polisiestasie in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Blake ·

G’n wonder dat hy gratis wil studeer en bly nie.

Hy is ‘n professionele student!

AJ ·

Hy swot aanwending van klippe . Het seker graad in klipgooi sover

Christopher McCreanor ·

LMGA…. Uuuuuuhmmmm edelagbare ek moet uhh “eksamen skryf” en moet vrygelaat word! Ja broer jy wil eksamen in klipgooi en brandstigting gaan skryf! Sit met jou agterstewe en asma pompie in die tronk waar jy hoor!

bobbo ·

Op watter ouderdom gaan hy begin werk. Hy’s al 32!! En gedra hom soos ‘n kleuter

Attie ·

Soos ek dit lees volgens hoe die biskop redeneer – as die studente reg is,is die regering verkeerd – ( as die studente vrygelaat word, wie moet opgesluit word??? )

Speedguard ·

Biskop werf lidmate, dit is baie belangrik dat hul ook deelneem aan die struggle !

johan ·

wonder waarvoor hy leer , om nog op 32 en nog steeds n student te wees is erg, gaan seker eers klaar wees as hy 40 is is, wonder net

Santie ·

Ag nonsens. Of hulle in die tronk is of nie – hulle word in ieder geval kwaad en stig brand en maak amok as hulle nie hulle sin kry nie. Hulle is mos nie bo die wet verhewe nie? As enige ander lid van die publiek dit sou doen, sou hulle ook in die tronk beland. Nee wat, bêre die opstokers en brandstigters veilig in die tronk waar hulle nie kan kwaad doen nie. Daar kan hulle gratis studeer as ek dit nie mis het nie.

Rudolf ·

Sluit hulle almal op en meng hulle saam met geharde misdadigers vir n paar dae dat hulle kan sien wat gebeur as jy eerder wil brand as leer. Ek is n 32 jarige ingenieur wat al 11 jaar lank werk, bydrae tot die samelewing en my belasting betaal. Terwyl hy brand! Ek het respek vir hulle veldtog maar doen dit vreedsaam en hou om vadersnaam op om fasiliteite af te brand want dit!!!

Will i am ·

Op 32 sal ek ook betoog vir gratis onderrig. 14 jaar se studies is nie n grap op n man se sak nie. Hy gaan seker nog n verdere 14 jaar daar wees met al die eksamens wat hy mis

Bad Ballie ·

So ‘n regte afghanistanserp, is hy dalk simpatiek met IS?

Jean ·

Hyt seker borg gekry teen R0. Mooi so, die regstelsel maak ‘n grap van die polisie se inhegtenisnames .. Die ouens wil nie eksamen skryf nie, hoekom, moet hulle vrygelaat word, laat hulle dan in die tronk skryf dan kan die ander rustig hulle eksamens by die Universiteit skryf. As jy 32 is behoort jy nie meer ‘n aktiewe student te wees wat nog in ‘n KOSHUIS ook bly nie? Seker hoekom hy alles verniet wil hê, beplan seker nog 20 jaar se studies tot aftrede .. Hy kry nie asma as hy brand stig en rondhol en dans en klipgooi nie, so hy behoort ook nie in die tronk asma te kry nie. Die BISKOP moet liewer net shut up, beste raad vir hom, want enige biskop wat geweld aanhits en vandale ondersteun, behoort nie ‘n Biskop te wees in enige kerk of instelling nie!

Ruiklont ·

Patetiese redenasie. Maw, wet en irde moet gelos word om “kinders” hulle sin te gee? Sluit gerus die bishop oor maat toe dat hy ook ”n les geleer kan word dat geen mens goed kan beskadig of verwoes wat nie joune is nie

lettie ·

32? Leer hy Anargie op universiteit? Wat soek hy nog op universiteit? Laat hy binne in tronksel bly en dink oor sy oortredinge – soos wie moet betaal vir die meer as 600miljoen rand se skade? Definitief nie hy nie – hy is betaal nie eens belasting nie. Ek wonder op wie se uitgawes float hy op universiteit?

Asjas ·

Aan die begin van die berig het ek lekker gelag en teen die einde lekker gehuil, of altwee, ek weet nie meer nie.
Eerstens, 32 – regtig??
Tweedens glo ek nie daar is meer Eksamens om te skryf of lokale om dit in te skryf nie, en in elke geval gaan hy dop want hy was te besig met ander dinge om te leer!!
Derdens sien ek die maat met sy Asma Pompie in die een hand en ‘n petrol bom in die ander hand. Raai watter een wil ek he hy moet in daai groot mond van hom druk?
Mense met Asma kan nie so te kere gaan nie, hulle sal dood neerslaan …
En dan dink ek hy in veiliger in die tronk as uit …

Dup du Plessis ·

jo,jo, ….dis hoekom dit nie gratis kan word nie….van 18 tot 32 jaar en nog geen einde in sig…..normale mense sal van die eerste dag na geboorte moet begin betaal om hierdie tipe studente volhoubaar op kampusse te hou….

Andre Lombaard ·

Ek kan sien hoekom die man wil he dat tersiere oderrig verniet moet wees, as hy al 32 is dan studeer hy seker maar al bitter lank.

Vytjie ·

Ek al baie gewonder… Malema van anc youthlead was ook oor die dertig dink ek maar beslis nie naby 20 nie… en die student 32jr… word almal nie presies soos n skaakbord gepak nie.. hoof van studenteraad… klink my ons word in skaakmat geplaas… ek dink verdere ondersoek en meer kennis wat werklik oral aangaan gaan ons bang Suid Afrikaners word…. Ek kan maar net opkyk na God en weet waar kom my genade en hulp vandaan.. Die fb boodskap was deur n universiteit as toetslopie gestuur oor lande se Ik.. wie het dit geweet?? En hoeveel het dit elkgeval gepast? Dink mense moet n brëer prent begin sien, nie net wat hul lees nie..

Ouvrou ·

Geen wonder dit gaan so sleg in die land nie. Belasting betalers dok op vir hul eie kinders se studies EN dan dok ons op vir mense wat op 32 nog nie klaar is met hul studies nie. Shame hy leer seker maar baie stadig. Ek hoop hy stres goed oor sy eksamen wat nou in die drein af is. Net soos wat ek oor my 2 kinders se eksamen stres. My 2 kinders wat tuis sit en hard studeer en niks beskadig op afgebrand het nie maar weke en weke ontneem is van hul reg om klasse te draf. Sluit hierdie sogenaamde student toe en gooi die sleutel weg. En aan die priester: God slaap nie.

C ·

Sjoe hierdie mannetjie verbaas my. 32 en studeer nogsteeds voltyds (wel hy moet seker voltyds studeer want hy bly in koshuis). Hy het seker al ‘n klein huisie vol grade, meesters en dockors grade. Nee wat, ek dink hy raak nou te hoog gekwalifiseerd vir enige beroep, laat hom maar sit, die arrogante twak!! In my oë is hy al klaar ‘n krimeneel.

Blikkies ·

“Never mind ” die feit dat hy op 32 nog swot – om op 32 nog in die koshuis te wil bly ? Dis erger as om nog by jou ouers te bly .

Ekke ·

Die vermetelheid om te beweer hy wil eksamen skryf!! Dit wil ek nog sien – hy loop nie eens klas nie. En hoekom is hy nog enigsins in die koshuis, hy is al 32!

Se maar net ·

Jo Seoka jy wat die #FeesMustFall-veldtog steun. Verduidelik hoe is hul eise opreg en hoe is dit eerlike bedoelings” as daar openbare geweld , diefstal , opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer” ? Hoe gaan jy seker maak dat daar geen verdere geweld gaan wees nie? En dat die awesome samelewing gaan saamstaan om die voortslepende geweld te beeindig? Ons loop oor in n oorlog koud of warm’; hoe gaan jy dit vermy of kan keer? as die president dit nie eers kan doen nie. Antwoord dit opreg dat ons ook kan rustig raak.

Yolie ·

Die biskop is ook een van daai wat glo kinders moet nie getug word nie…dit is hoekom die kind op 32 nog studeer en soos ‘n 2 jarige ‘n vloer dans gooi om nie te betaal vir die studies nie. Hy dink seker daai klasse en dosente en profs het gekom waar hulle is omdat alles gratis is. My gorrel….niks is gratis in die lewe nie. Die wet van Transvaal geld ongelukkig op elke vlak van die samelewing.

Naomi ·

LET WEL: 32 -nog ‘n voltydse student EN bly nog in die koshuis. LEKKER MAN LEKKER

Johan ·

Ek verstaan nie mense se ongeloof oor sy ouderdom nie. Ek het graad gekry op 35.
Ewe skielik is die man erg oor sy eksamen, hy moes daaraan gedink het voor hy soos ‘n idioot begin optree het. Sy asma spruit dalk uit te veel rook inasem tydens een van sy “glorious” brand sessies.

M'Lady ·

ISIS kan hom maar werf. Hy het reeds al die regte kwalifikasies daarvoor en die regte kleredrag.

Ernest ·

Die betogende studente brand instellings af waarvoor hulle of hul ouers nie ‘n sent betaal het nie. As hulle dit nou afbrand beteken dit dat “fees must fall” se geld aangewend moet word om herstelwerk te doen. Hoe redeneer die mense…????? Mens verwag van ‘n student om gesonde gebalanseerde besluite te neem. Sal hulle eendag hul werkplek ook afbrand as bevordering nie vinnig genoeg is nie..??? Dit klink nie vir my “we are one.” nie..??????

Johann ·

Mense mense mense. Gaan kyk na die ouderdom van n GROS leners in matrx…dan hy es die firti to logies.

Gideon ·

Hy word met die staat se geld daar gehou wat anders? Dan betoog hy nog? Hy gaan niks terugbetaal nie soos duisende ander. Ek dink net hy “studeer” sodat hy kos by die koshuis kan eet. Verder is hy deel van ISIS lyk dit my. Het ‘n hele paar tips by hulle gekry. Wat ‘n “looser”!!!!
Hulle almal is. kan net my kop skud.

Scalla ·

Dit is hoekom hul so hammer op gratis onderig, op 32 nog in die koshuis, volgende stap is seker staats gesubsideerde afree oord. Belaglik verby om eksamen as n rede te gee

Anoniem ·

(1) Wanneer het hierdie knaap begin studeer?
(2) Wat studeer hy?
(3) Hoe lyk sy punte?
(4) Hoe het hy tot dusver betaal vir sy studies?

Promtu ·

Hi siestog. Hy sal moet mooi praat hoor. Die regter kom mos van die colonised educational system hy is nog nie gedocolonise nie. Maar miskien moet hy iemand van die science departement kry om hom te verdedig want hulle is moa decolonised

Oukie ·

Toe jy die geleentheid gehad het om te swot en jouself voor te berei vir die eksamens, het jy gekies om af te breek, af te brand, te vernietig en onluste te saai. If you cannot do the time, don’t do the crime.
Sit hom en al sy maatjies weg en gooi weg die sleutels.

Dirk ·

Uhm,hoekom het hy nie aan die eksamen gedink voor hy met sy tirades begin het nie.Ook maar lekker dom nê…Laat hom sit.

Maria van Dieweeck ·

Nuwe SA sport; klipgooi, brandstigting, lieg en bedrieg. Die lummel het seker al sy Springbok baadjie vir bg. Amandla en viva vir jou inni tronk!

Jacques ·

Watse eksamen wil die jong oupa gaan skryf , hy weet dan die kampus is toe dit wat nog oor is .
Hy het dan geweet wat gaan gebeer as hy aanhou met klip gooi . Hy moet nie huil as die kers se vlam hom brand as hy sy vinger daarin sit nie , hoe stupit .

hans ·

Wonder waarom die dametjie wat lid is van die Wits SR en gereeld baie kwyt raak op tv ook nog nie ondersoek/arresteer is nie. Die prediikante het voor 1994 ook baie simpatiek gewees teenoor die mense wat oproerig was en ek dink hulle moet liewers meer aandag aan hul gemeentes gee.

Shame ·

Shame arme verontregte, hy skryf seker 1 vak per jaar, die res van die tyd gebruik hy om moles te maak. As jy so inteligent is, hoekom sorteer jy nie sake op ‘n inteligente manier uit nie. Jy het nou gedink dit is kortpad die, maar dit gaan meer as lang pad wees.

Alida ·

Die Biskop moet hom hou by sy eie sake en die Landdros moet dalk hierdie volwasse man van 32 se punte van die afgelope 5 jaar aanvra. Dit behoort n verrassing te wees. Dop seker elke jaar em Zuma betaal. GA !

popeye ·

Ag nee man almal, hy is stadig, gee hom ‘n reverdige kans tot hy 42 is, asseblief, moet nou nie lelik wees nie!!!

Renier ·

Wie gaan ooit so n tipe persoon in diens neem. Watter waarborg is daar dat hy nie by so n onderneming of werk ook sal begin klipgooi en mors nie. Mag hy nooit n job kry nie.

meisie ·

Hierdie skepsel/maaksel is defnitief daar geplant om moeilikheid te maak. Waar anders kry hy die geld om so lank kamtig te studeer?Hy dop seker elke jaar maar word van geld deur een of ander politieke groep geborg.

em ·

Is hy nie dieselfde mannetjie wat beweer het die Joodse studente word voor getrek nie? Genugtig !!

Justice ·

Ek het so ‘n nare voorgevoel dat Dlamini weer gaan dop hierdie jaar.

John ·

Hierdie betogings is lankal reeds gekaap deur mense met ander motiewe as bloot ‘n jammerte vir arm studente. Die opmerking oor Jode moet ‘n klokkie lui. Maar doen dit? Hitler het destyds ook aangevoer Jode moes omkoopgeld betaal het wanneer hulle telkens eerstepryse wen in kuns- en musiekkompetisies. Kyk na die man se klere. Sien iemand iets wat ‘n teken kan wees van ‘n invloedsfeer van elders. Kyk wie kry lang spreekbeurte op 405. Ons laat mos elke Tom, Dick en Harry toe om hier kom plak en nou pluk ons die wrang vrugte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.