Ford Kuga-eienaars moet aanklop vir ondersoek

'n Foto van die brandende Ford Kuga. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

‘n Foto van die brandende Ford Kuga. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

Nadat ʼn video van ʼn Ford Kuga wat na bewering onverwags in vlamme uitgebars het die afgelope naweek op sosiale media versprei is, het Ford gesê hy sal alle Kuga-eienaars in kennis stel dat hulle hul voertuie na ʼn Ford-handelaar moet neem om ondersoek te word.

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het Dinsdag, na aanleiding van mediaberigte oor die voertuie se enjins wat glo oorverhit, gesê die kommissie het verlede week ʼn vergadering met Ford SA gehou.

Dinsdag het die NVK, ʼn entiteit van die departement van handel en nywerheid, en Ford SA in ʼn gesamentlike verklaring gesê die maatskappy het onderneem om gratis veiligheidsinspeksies op alle Kuga-voertuie te doen wat in Suid-Afrika verkoop is. “Die inspeksies sal deel vorm van voorkomingsmaatreëls wat ingestel is op aandrang van die NVK nadat ernstige bewerings van enjinoorverhitting in die Kuga-voertuig die afgelope paar weke in die media geplaas is,” lui die verklaring.

Zwakele Mncwango het Saterdag ʼn video en foto’s op Facebook gedeel van ʼn Kuga wat brand nadat dit volgens die bestuurder onverwags aan die brand geslaan het. Volgens Mncwango was die bestuurder gelukkig ongedeerd, maar is die motor onherstelbaar vernietig.

Die brandende Ford Kuga. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

Die brandende Ford Kuga. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

Trevor Hattingh, die NVK se woordvoerder, het egter gesê die NVK het tot op hede nog geen klagtes van verbruikers oor die voertuig ontvang nie. By die vergadering Woensdag tussen die NVK en Ford SA het verteenwoordigers van Ford ʼn voorlegging oor die bewerings aan die kommissie gemaak, asook twee aparte ondersoeke wat gedoen word. Tegniese kenners van Ford het van Europa en die VSA gereis om vrywillig voor die NVK te verskyn.

“Die maatskappy het belowe om sy ondersoek na enjinoorverhit-voorvalle te bespoedig en sal verslag lewer aan die NVK met sy bevindinge teen die einde van Februarie 2017.”

Intussen sal Ford alle Kuga-eienaars in kennis stel dat hulle hul voertuie na ʼn Ford-werkswinkel of -handelaar moet neem vir ʼn gratis veiligheidsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

cor ·

So na weke se ontkenning sing Ford SA nou ‘n ander deuntjie. Maklik om die blaam te verplaas na die eienaar en voorstel dat hulle dit van die versekering eis. As n handelaar en agentskap eers jou geld het dan het hulle nie ‘n saak met jou wat betref naverkoops diens nie.

Adelle Jerling ·

My vriendin het vandag haar Kuga na Potch handelaar geneem en haar ma het hare na Klerksdorp geneem. Albei handelaars het gesê dat alles uit verband geruk is en dat die Kuga wat gebrand het sonder water gery is.!!! Dit klink vir my asof Ford hul tegnici aansê om te lieg! Van wanneer af is dit normaal vir ‘n voertuig wat nie water inhet nie om te brand???? As ek die NVK is dien en navraag by hierdie handelaars hoekom hulle presies dieselfde storie aan hul kliënte vertel?!

KROONSTAD ·

Ek ry myself n Kuga 2 weke gelede is my kinders met hulle Kuga af Durban toe 20 km van Escourt sny hy uit en gaan staan, wat n nare ondervinding oppad see toe. Die spesefieke voertuig was paar maande terug in garage toe omdat hy oorverhit het en da weer selfde probleem hele engine in sy peetjie in dank die Vader nie aan die brand geslaan nie. SAL GRAAG WIL HOOR WAT HET FORD SA TE SE

Telleurstellend ·

Sjoe wat n groot telleurstelling! Eks al jare n groot Ford aanhanger maar oorweeg nou om iets anders asn te skaf! My familie en vriende se lewens sal op my gewete le as my Ford so iets moet oorkom en ek was bewus hiervan!
Bye bye Ford!

Adriaan Botha ·

Ek het n Kuga TDCI gery geen probleeme gehad. Ingeruil op n Tournio Custom lieflike bus. My vrou ry n Kuga TDCI Tayunium geen probleem
Maar die diens wat jy kry van dir diensafdeelig SUCK…. na n diend moes ek elke keer my karre terug vat!!!!!

Ford stel teleur ·

My Ford Figo is nuut en met sy eerste diens by Ford in Swellendam, ry n man in die kar vas nadat die garage dit gevat het vir n was. Hul sê dit was ongeluk en raak nie betrokke. Kry toe kwotasie van R13000 om kar reg te maak en Ford weier om betrokke te raak. Bel toe die kliënte-diens en meld aan. Kry toe R11000 en wag nou nog, 6 maande vir die ander geld. Hul maak droog en ek sit met n rooi gesig oor kar sleg lyk. Nooit weer koop ek n Ford nie, Toyota is die antwoord.

Disco ·

So jy hardloop na iets anders na aanleiding van ‘n geïsoleerde voorval? Dalk moet jy ‘n Frotuna koop, ek hoor hulle is baie stabiel op grondpaaie en val nie maklik om nie.

FiFi ·

Hulle het die man wat laas jaar in sy Ford Kuga, dood gebrand het, se Kuga ook “veilig” verklaar etlike dae voor die kar aan die brand geslaan en uitgebrand het.

Waarvoor word die “safety & quality check” in die fabriek dan?
Een persoon is reeds dood. Hoeveel lewens nog voor hulle die Kuga’s finaal herroep? ‘n Vorige ondersoek het nie voorkom dat ‘n onskuldige man sy lewe verloor nie.
Mens betaal jou stert af en verwag veiligheid, kwaliteit, en waarde vir jou hard verdiende geld – nie ‘n na dood ervaaring nie.

Ons het amper ‘n vriendin verloor a.g.v haar Kuga wat ook aan die brand geslaan het. Sy het maande lank sonder ‘n kar gesit en haar kar vorm ‘n groot deel van haar werk. Geen ondersteuning van Ford S.A nie ook nie eers ‘n poging om vir haar ‘n kar te voorsien terwyl hulle die nodige herstel werk gedoen het nie.
Talle “e-mails” aan Ford S.A, oproepe met geen antwoord of ordentlike terug voer.

#FordKugaMustFall

Francois ·

Ford gee darm nou aandag aan die probleem beter as die fortuners en hilux wat se airbags nie uitkom nie dis baie gevaarlikker en toyota het nog niks met hulle swak suspensie uit gesort nie so elke maak van karre het probleme vra my ek werk elke dag met dit. My kar kan eerder brand as wat my kind dood gaan in n ongeluk waar die airbags nie uitkom in n ongeluk ni…ek se maar net wees oopkop…

Eddie ·

Ford SA dis patetiese dat julle dit onken het in SA nadat ń persoon sy lewe verloor het. Julle behoort al die Kuga’s te onttrek van die mark en die mense se geld terug te gee want hulle is lewens gevaarlik.

Akram ·

Dis nie net in SA wat Ford n swak naam kry nie. Ek is in Tanzania n moet noodgedwonge n Ford ry, dis n maatskapy bakkie. ek het hom ses weke gelede self na die handelaar gevat om die diesel pomp te hertsel. Hy het op eie stoom na die handelaar gery. Maandag moes ek hom uitsleep. Die skade beloop baie. Hulle het gekwoteer om die pomp te diens en “Injectors” te vervang. die kwotasie beloop agt duisend US dollar…….. Dis meer as wat die kar werd is. Soos hulle se, n Toyota was eerste in die skrootwerf gewees. Hy het n Ford gesleep. Net ter inligting.

trucker ·

Pragtig Ford! julle het julle naam met ‘n plank geslaan julle naamsa syfers gaan mooi daal.??

Lindy ·

Hiedie is baie scary.
Vandag het ons Consolidated Ford Auto geskakel en hulle het gereken dit is die waterbottel lek en dan raak die kar aan die brand. En Ford SA het gese dat die waterbottels moet vervang word. Dit is ook net die 1.6 petrol model. Ek vertrou hierdie tak GLAD nie omrede ek menig kere na n diens my motor weer moes terug vat na n diens omdat daar een of ander probleem was na n diens

Petrus ·

Groot asb waar kan ek van hierdie brandbare water kry, sal my tenk elke dag volmaak.

Jan ·

Dit verklaar die ‘oorverhit teorie’. Sal net sleg wees as n kar brand kort nadat hulle die ‘veilig’ verklaar het. Het in nuus gelees dat n persoon sê sy Kuga se sentrale sluit nie wou werk en die deure wou oopsluit toe dit aan die brand is nie. Sal fataal wees in n Kuga met ‘smash and grab’ vensters. (onthou die heel agterste ruit is die maklikste om uit te skop in n noodgeval)

Chris Ws ·

Tipies Ford.Het 3 Cortinas gery lank gelede en weg beweeg na Japanese toe.Hulle bly die maar net beste voertuie bou!

Lorrainevdw ·

Dis net omdat jy nie ‘n Fortuner kan bekostig nie DISCO. Onstabiel se voet. Kry jou feite reg!

Suzette ·

Duidelik is jy nie op hoogte van Toyota en veral die Fortuner / Bakkie se onstabiliteit nie, hulle lugsakke gaan nie oordentlik ook oop nie . . Gaan google, daar is talle video’s en insette wat jou waarsku . .

ooo Gits ·

Moet nooit langs n Fortuner staan nie…..hy kan dalk net op jou val

Oelof ·

Ek het self vandag met 2 ford handelaars gepraat en ook die water bottle storie gehoor en is gerus gestel dat daar niks is om te warry ni….. Gelukkig het ek n opname van die gesprek….. Het my in die verlede gehelp toe my RANGER 2.2 se motor op gepak het.Ford het ni n voet gehaat om op te staan ni.

Se maar net. ·

Oelof. Natuurlik sal jul jou gerus probeer stel. Hul wil nie besigheid verloor nie…

sommer maar net ·

Disco jy is 100% reg..ja ford het al een of 2 pyne gehad…maar ek ken meer mense wat in Toyota’s oorlede is en Toyota’s wat gesteel is wat meer skade gerig het as een ford se enjin wat uitgebrand het!! Ek hoop almal wat wil skuif doen dit more want almal praat net n lekker game!!!

Mariette de Lange ·

Ek het ook n Kuga 2013 model wat uitgebrand het in Mei maand vanjaar en nou sukkel ek ongerief lie wat ons moes deurmaak!!

chris slabbert ·

Suzette kan jy oordentlik berig. Die sinsnede klink bedenklik. Oppas vir aannames van lugsakke. Dit mag dalk regstappe tot gevolg he sou daar geen stawende feite wees nie

Callie van der Merwe ·

As jy kwaliteit wil hê en uitstekende diens waardeer en n betroubare voertuig wil ry……..koop n Honda!!!!

Hannes Gertenbach ·

Ek het nou so vinnig deur al die kommentaar gekyk en ek stem saam met dit. Ek het ‘n 2013 Ford Figo met jare se probleme en dit moes baklei, baklei, baklei in daardie volgorde neem om dit herstel te kry. Die ratkas is nog steeds nie reg nie en Ford draai net eenvoudig hulle koppe weg en maak asof ek nie weet waarvan ek praat nie. Jy kom nie verder as die kliente sentrum nie. Sal in my lewe nooit weer ‘n Ford koop nie, en ek het reeds ‘n paar van hulle gery. Sterkte aan die wat dit wel oorweeg. Julle is gewaarsku.

Teleurgesteld ·

Stem saam, het vir my seun ‘n splinternuwe Figo gekoop. Eers het hulle dit vir een of ander rede ‘recall’ en reggemaak wat moes vervang word, toe ‘n tweede keer recall en weer dit nagegaan wat foutief was. Toe het die deure begin lek as dit reen, hulle het net gesê die waarborg ‘cover’ dit nie, nuwe rubbers opgesit. Toe is dit die starter, kry nie die motor gestart om jou lewe te red nie, moes hom laat herstel, en uiteindelik die stuurstang wat heeltemal onstabiel geraak het. ONS HET VIR ALLES BETAAL, ons versekering het ons darem met die laaste R7000 gehelp! Ons praat nou van ‘n motortjie wat nog nie 4 jaar oud is nie.

Deon ·

Ek ry n 2014 1.6 Ambient.
Laas woensdag sit en wag ek in die kar terwyl hy idle sodat die aircon kan aan bly. Die volg oomblik blaas die aircon vuurwarm en voor ek die kar kan afskakel gee die kar toe n overheat alarm. Ek sluit toe af en met die uitklim kom my vrou uit die winkel en wys dat daar n plas water onder die kar le. Toe ek die kap oopmaak sien ek dat die waterbottel n gat in geblaas het, vermoedelik van die druk wat opgebou het.

Ek bel toe n handelaar wat sè dit kan wees dat die prop op die waterbottel wat die druk moet reguleer nie reg gewerk het nie. My kar is toe ingesleep met die idee in my kop dat net die bottel en prop vervang moet word. Ek is toe ingelig dat bottel, prop, en al die pypies wat in en uit gaan vervang moet word en dat daar van die items is wat nie dadelik beskikbaar is nie.

Jan Jooste ·

Ford is besig met ‘n skelmstuk rondom die sogenaamde veiligheidsondersoek. Indien hul ernstig en eerlik is – ondersoek hul die voorvalle en roep alle voertuie terug vir herstel. Waarom is 150 000 soortgelyke voertuie oorsee teruggeroep maar dit is nie nodig in SA?

Louis ·

Ja, my aardse dinge moet reg wees.Ek vat hulle mos saam na die hiernamaals toe!

Sjoh ·

O dis nou ‘n stupid aanmerking. As jou AARDSE goed nie reg is nie sien jy dalk vinniger die HIERNAMAALS as waarvoor jy beplan het. Dit gaan nie oor saamvat nie, dit gaan oor VEILIGHEID, kan een mens so sarkasties wees? Wat van as jou kinders in die motor doodbrand .. o ekskuus, hulle is mos oppad na die hiernamaals.

Asjas ·

Ek verstaan nie jou kommentaar nie?
Ja my voertuig moet betroubaar wees, ek ry my kosbaarste besittings in dit rond elke dag!!

John ·

Dis die turbo wat te warm word en mense weet ook nie hoe om ‘n turbo enjin te ry nie.

Chris Ws ·

John ek is vreeslik bly my voertuig het nie ‘n turbo nie.Sal sorg dat ek hom hou so lank ek kan en dan weer een soek sonder ‘n turbo.Die goed is net ‘n euwel.

Hyundai ·

Ek was nog al die jare ‘n FORD fan, maar my gunsteling is maar Hyundai Tucson, dit is nou vir jou ‘n F.ordentlike ry ding. 100% present gelukkig met Hyundai, geen probleme nie en boonop nog die kar van die jaar. Welgedaan Hyundai.

william ·

Ek het die ouer 2.5T Kuga-beste ryding ooit.
Kyk mense nie na die temperatuur meter nie?..
Dit is hoekom hy daar is.
Ding met meeste mense deesdae-klim net in en ry.
Jammer oor die brand en die dood -dit is baie tragies!.
Meeste voertuie het maar probleme-kyk maar die duur motors wat langs die pad met kap oop staan.
My Vrou se Fiesta ry ons al 18 Jaar sonder probleme, met 270000km op die klok. Ford is puik!.

Chris Ws ·

William,My skoonseun het vir Ford/Mazda gewerk vir 12 jaar as tegnikus (machanic).Hy werk nou 5 jaar vir Kia.Hy kan ‘n boek skryf oor Ford produkte se probleme!Hy was baie ongewild omdat hy geweier het om enige Ford vir homself te koop terwyl hy vir hulle gewerk het!Hy ry net Isuzu d/c bakkies.

Barry Swart ·

Ons as Kuga eienaars moet daarop aandring dat die “sogenaamde” veiligheidstoets skriftelik bevestig moet word. Fabrikante kom te maklik met verskonings weg.

Neels se Villiers ·

Ek het n nuwe Ford Kuga 2016 petrol model- brandstof verbruik is belaglik- ons kry nie naastenby wat belowe word nie- die kar word ook skielik warm en maak snaakse geluide wanneer jy dit afskakel- dit klink soos water wat op iets warm val. Daar is ook ander skuurgeluide onder my voete wanneer ek die stuurwiel draai. Ek is gladnie iemand wat voertuie se binnewerke ken nie maar ek weet as iets verkeerd is – die voertuig het maar 3500km op sy klok en ek het geen vertroue in die kar nie – hy bestuur baie lekker maar ek het geen vertroue om n lang pad met hom aan te durf nie
Ek het die voertuig reeds by die handelaars gehad en hulle kry geen fout nie en kan ook nie n verduideliking gee vir die absurds brandstof verbruik nie.
Om die waarheid te sê kry ek nie van enigiemand bevredigende terugvoer nie.

LS ·

Dankie vir die bevestiging dat ‘n mens nie ‘n Ford moet koop nie.

Manne ·

My Pa het altyd gesê dat die beste Ford nog, die Model-T was.

Marie Salzwedel ·

Ford was van toeka se tyd bekend as “Rook en Kook!!”

william ·

Hulle moes maar by die wenresep gebly het-die 2.5T Volvo motor en hom ‘getune’ het vir beter brandstof verbruik.
Turbo Motors moet spesiaal behandel word-veral die piepklein 1.5’s wat hulle so overboost!..
Waar is die run-on timers vir die afkoel van die turbo?.
As daai turbo rooiwarm is kan jy nie net afskakel nie, sy laers is rooiwarm en hy het oiliedruk nodig om af te koel.

Pieter ·

Ek ry n 2013 Ford Kuga, my dogtertjie is 9 maande oud en Ford is al bewus van hierdie fout lank voor haar geboorte. Dit skok my dat jul dit van die publiek weerhou het tot nou. Ek koop nooit weer n ford nie.

Dianne ·

Ek sukkel al van dag een AF met my ford kuga sy engine liggie kom al van die eerste week AF aan dan vat ek die kar terug dan word ek nou n stories vertel van van die computer box of n fuse of die kar is geprogrameer op Australie enige verskoning sodat hulle nie hoef te se hulle weet nie wat gaan aan nie. Ek ry van ford af tot by die volgende dorp dan kom die liggie.weer aan. Op n staduim wou my kar glad nie afskakel nie en toe ek ford bel toe word daar vir my gese ek moet die battery ontkoppel. Op n staduim wou my ford nie start nie toe word daar vir my gese ek moet n nuwe battery koop nadat ek n nuwe een ingesit het wou die kar nog steeds nie start nie. Ek het al vir ford se hoofkantore gebel en iemand sou my terug bel ek wag nou nog ek het al n email maar ek wag nog vir n antwoord daar ook. Ek dink hulle diens is pateties. As ek hoor iemand wil n ford koop se ek vir hulle almal watter slegte diens ek kry. Ek raai mense aan om n ander frabrikaat motor te koop. En die beste is ek het my kar kontant gekoop. Nooit weer koop ek n ford nie

Nico ·

Ek bly eerder by “vervelige en gevaarlike” Toyota…. ;-)

Wanda ·

Gaan gerus na Facebook blad “Ford vehicles burning”. Skokkend! Bykans 23 karre al gebrand. Remme wat nie werk nie, central locking wat sluit as kar begin brand. Selfs ná Ford inspeksie het kar uitgebrand. As jou engineliggie aankom wees baie bekommerd!!!

Danie Joubert ·

Ek het amper doodgebrand in my ford kuga toe hy sommer in vlamme uitgebars het. Ford SA se kommentaar was ” hoekom worry jy, jou versekering het dan uitbetaal?”. Klomp patetiese skelm agterbakse mense wat daar werk wat net bekommerd is oor hoeveel geld hulle maak. Hulle het nie saak met jou en jou mense se lewens nie.

anneri ·

Dit wat nou gebeur het 2weke gelede met my ford ecosport trendline gebeur. Geen waarskuwing getoon. Engin moet vervang word en ek moet nou 69000 uit my sak betaal want ford reken my warrenty het verval. Hulle se ek het my 40 000 diens gemis en het n 60 000 diens gedoen. Maar my kar het ek gevat vir sy 40 000 diens en dit is aangeteken in my boekie. Ford sa weier om die verantwoordelikheid te aanvaar. Wat staan my nou te doen, wie moet ek kontak? Nvk of ombidsman?

Chris Ws ·

Gee die saak vir die NVK.Forms om in te vul is beskikbaar op hul eebwerf=NCC.Voeter Ford op!

Marinda Boshoff ·

Baie jammer om te hoor dat die Kuga ‘n probleem voertuig is. Ek is nogal ‘n ford fan. Ry ‘n ford fiesta 2009 model en het in 7 jaar nognie eens soveel as ‘n gloeilampie vervang nie. Sal nie maklik van my ford ontslae raak nie.

Twister ·

Ek ry n 2015 Ford Kuga en is 1 van my lekkerste karre wat ek nog gehad het. Nog geen probleme ghad nie.

Anon ·

Aan alle Ford eienaars sê ek: sterkte. Dis vir julle self om uit te sorteer. Dit gaan julle baie geld kos. Kommende van ‘n Ford eienaar. Praat uit ervaring. Jy word gou herinner – ‘n Ford is NIE ‘n Honda nie!

martin ·

Ry my derde Kuga nadat ek vir jare duitse modelle gery het. 2013 1.6 kuga – 92000 km sonder enige probleme. ander is diesel. het problem gehad met “dif” maar ford het dit onmiddellik uitgesorteer

Dartagna ·

Los vlamende Fords en omval Toyota’s mense……………..koop n HONDA!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.