[Foto’s] 29 voertuie bots op N12-snelweg

Ongeluk op die N12 (21 Maart 2017) Foto: ER24JHBCentral, Twitter

Ongeluk op die N12 (21 Maart 2017) Foto: ER24JHBCentral, Twitter

Minstens een persoon is Dinsdagoggend dood en 60 persone beseer toe 29 motors op die N12-snelweg naby Putfontein in Benoni, Ekurhuleni, in ʼn ongeluk betrokke was.

ER24 het gesê die voertuie, waaronder motors en vragmotors, het omstreeks 06:45 naby die Daveyton-afrit in swak sig weens mis plaasgevind.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici was op die toneel en die pad is vir verkeer gesluit om die ongelukstoneel op te ruim. Die toneel strek oor sowat 3 km.

Die beseerde persone is na verskeie hospitale geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

christiaan ·

Ja mense ry netgeen verantwoordelikheid meer op die baie nie ….

Óf ·

Óf net een wat skielik besluit om as’t ware stil te hou en dan foeter die res in hom en mekaar in vas.
Daar is nie ‘n oplossing behalwe dat in misweer almal ‘n spoed van sê 60 km/h moet handhaaf wat wensdenkery is. Dus: BLY VAN DIE PAD AF OF HOU STIL LANGS DIE PAD (sodat jy beroof kan word!).

willie ·

mense dink mos nie, dink solank hy die witlyn kan sien kan hy mos maar jaag! hoeveel mense gaan nog verongeluk in die mis? jammer vir die onskuldiges!

Melissa Keyter ·

Ek dink nie dis spoed nie. Die breinkrag wat mense het in weersomstandighede verstom my egter. Sig is swak indien daar mis is. In witbank middelburg omgewing is daar jaarliks sulke ongelukke weens digte mis. Die verkeersdepartement gaan vroeg uit en sluit die snelweg indoen daar mis is. Met die herfs en winter seisoen gaan dit egter net meer en meer mistige dae voortbring en kom ons hoop nie meer ongelukke en sterftes nie

w ·

Wa jou volgafstand. Wa jou ligte. Ry versigtig. Ek stem onnoselheid en arrogansie en boonop gn respek vi ander mense

pieter ·

Stem Daan kyk ma na die ongelukke en noodlottige ongelukke di laaste paar weke ,da kan duidellik gesien word voertuie het verby gesteek op dubbele sperstrepe dis so tragies en onnodig

Ester ·

Dit is uiters gevaarlik om in digte mis te ry, dink nie spoed was werlik die oorsaak nie. Het self Vrydag vir kilometers agter vragmotor moes ry teen 40 km per uur kon nie 20 meter voor jou sien nie, en dan is daar sowaar voertuie wat nie hulle ligte aan het nie.

Piket ·

Sug en Daan. Wat van ” te vinnig ry sodat jy nie betyds kan stop nie” verstaan julle nie?

Jos ·

My observasie van ongelukke in sulke digte mis die tyd van die jaar in die Witbank omgewing is dat daar in meeste van die gevalle vragmotors betrokke is. Vragmotors kan nie so vinnig rem aanslaan soos motors nie want hulle het nie ABS soos meeste moderne motors nie, veral nie in digte mis nie en dan kan ons nog die houding van die vragmotorbestuurders ook inreken. Het al gesien hoe ‘n vragmotor in digte mis ‘n klomp motors van agter vermorsel het by Kusile/Ogies afrit 20km vanaf Witbank. Glad nie ‘n mooi prentjie nie.

koos en susan ·

ons was vanoggend op N12met di ongeluk,om 1 of ane rede het ons gps ons eers van pad lat afdraai net om trug te gooi op N12,so ons het ongeluk net gemis,Danki ons Grote God dat U ons nog veilig hou na 7 maande van als verloor en niks meer oorhet ni,ons het darm ons kids en familie en ons is veilig.Prys U naam,sien net weer hoe bevoorreg is ons

Arie ·

Uit ervaring weet ek dat die soort.botsing is redelik algemeen in die mis in Nederlands en in Duitsland waar digte mis baie meer gereeld voorkom as in RSA.
Algemeen die houding van “dit kan nie met my gebeur nie”

leoni ·

Moontlik was daar voertuie wat see ligte nie aangeskakel was nie. Daar is ook motors wat deur die Daspoort tonnel ry sonder om hulle voertuig ligte aan te skakel, en dit teen 60 km/u. Wat nog te sê van spoed op mix weer op ‘n snelweg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.