[Foto’s] Betogings gaan voort by Tuks

Foto: Twitter via @afriforumjeug

Foto: Twitter via @afriforumjeug

Ondanks die Universiteit van Pretoria (UP) se onderneming dat alle akademiese bedrywighede Maandag hervat sou word en dat toegang tot die instansie se Hatfield-kampus streng gemonitor sal word, het betogers weer Maandagoggend op die kampus saamgedrom.

Foto’s is op sosiale media versprei van groepe betogers wat voor die Aula saamdrom met onlustepolisie wat die situasie staan en dophou. Polisienjalas en -beamptes was op verskeie plekke op die kampus te sien. ʼn Ouer van een van die studente het aan Maroela Media gesê haar kind wou die kampus verlaat, maar is deur ʼn groep betogers voor die biblioteek voorgekeer en moes veiligheidsonthalwe by sekuriteitsbeamptes skuiling vind.

Foto: Twitter via @afriforumjeug

Foto: Twitter via @afriforumjeug

Die universiteit se amptelike studentekoerant, Perdeby Nuus, het op Twitter gesê dat hulle nie meer foto’s van die betogings op sosiale media sal deel nie omdat joernaliste en fotograwe talle dreigemente ontvang het. ʼn Personeellid het ook op sosiale media vertel dat onlustepolisie buite die regsfakulteit waar sy werk, ontplooi is om personeellede te beskerm.

Alle akademiese bedrywighede by die Hatfield-kampus is Woensdag onbepaald opgeskort weens die studentebetogings wat al sedert verlede Maandag op die kampus woed. Die UP het Sondag in ʼn verklaring gesê akademiese bedrywighede sal vandag weer hervat en toegang tot die kampus streng beheer word. Die universiteit het vroeër gesê toetse en klasse wat verlede week weens die betogings misgeloop is, sal herskeduleer word om tydens die resesweek, wat op 3 Oktober begin, plaas te vind.

Teen 09:30 Maandag is daar berigte ontvang dat klasse weereens ontruim is weens die voortslepende betogings. Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, kon dit nie aan Maroela Media bevestig nie. Sy het gesê sy weet nie wat die situasie tans op die kampus is nie en sal later meer kommentaar kan lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Leonard van der Dussen ·

Net twee “stakers” het vanoggend by een van Tuks se toegangshekke ‘n groot groep beskaafde studente-wat-net-wil-studeer belemmer om die kampus te betree. Die sekuriteitswag het sy skouers opgetrek en die polisielede in die omgewing was sonder mening, opdrag of enige inisiatief. Hierdie is lankal nie meer net ‘n politieke saak bv oor Afrikaans of iets nie, maar ‘n keuse vir of teen beskawing. Prof Cheryl de la Rey moet loop, want #TuksDoenNiks

DD ·

Leonard ek stem. As betalende enkelouer, wat maar net vir die staatsdiens werk, is ek nou gatvol vir hierdie situasie. Studente bekommer hulle dood oor klasse wat gemis word en toetse wat voorlê. Tuks stuur boodskappe dat studente hulle nie moet laat intimideer nie, maar minder as 12 uur later kom Tuks sekuriteit en sê studente aan om die kampus te verlaat. Is tyd dat opgetree word teen hierdie verwoesters wat in elk geval nie wil studeer nie.

Gerhard ·

Net 2…SLAPGAT wit kinders…vat julle Universiteit terug.

Disselboom ·

Dis goed om die ouers te begin sien hulle sê sê. Laat mens wonder of dit die beste is om via Afriforum petisies te loods, en of ‘n a-politiese petisie van ouers en studente wat op net een saak saamkom, naamlik studente-wat-wil-studeer en aandring daarop om die rektor in haar kantoor te spreek.

Anoniem ·

Die oproermakers het vanoggend die bande van motors wat naby die moleste geparkeer is, stukkend gesteek. HOEKOM word hulle nie gearresteer nie?? Dis mos opsetlike saakbeskadiging?

Jakes ·

Kry die betogers se “designer label” klere, tekkies en sonbrille in die hande…maak ‘n bonfire.
Sirkuleer hul ongebruikte boeke tussen rerige behoeftige studente wat smag na geleerdheid.

Disselboom ·

As mens wyd lees en uitvind, is BCom al redelik goed beskikbaar in allerlei privaatinstansies, en daar is opsies vir BA en BEd. Dis die natuurwetenskappe (BSc) en ingenieurswese (BIng) wat van die basiese wetenskappe nou ernstig aandag kort. As mense dalk minder gesteld is op groot geboue, en die vakkundiges en studente mekaar vind, kan baie opleiding buite hierdie nonsens by die openbare universiteite gebeur. Maar nou ja, ons is mos onderhorig tot die dood toe dat alle opleiding deur die regering geakkrediteer moet word, en die aanbiedingsinstansie te geregistreer moet word. Watter twak is dit dat ‘n vakkundige nie sy kennis en tegniek mag oordra sonder ‘n staatslisensie nie? Dis in hierdie onderhorige denke wat ons magteloosheid lê.

JC ·

Baie goeie punt Disselboom. Artikel 29(3) v/d Grondwet het 3 vereistes vir privaat onderrig:
Moet by die staat geregistreer wees. Geen probleem hier nie. Kurrikulum kan ook kultureel en gemeenskaps uniek wees.
Nie op grond van ras diskrimineer nie. ook geen probleem hier nie.
Standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke is met die van openbare onderwys instellings. Soos dit deesdae lyk by ons (uitmuntende-destyds-nou nie meer nie) universiteite is dit ook geen probleem nie.
AKADEMIA die ANTWOORD in AFRIKAANS. AKDAMIA gaan nog ‘n REUS word terwyl die vorige uitmuntende “universiteite” stagneer. Darem niks soos Afrikaner intelligensie nie!
AKADEMIA bied tans al die “hoofstroom” BCOM vakke, en hengse baie uitbreidings wag in die volgende jare, ook nou in Bloem en George!!

Disselboom ·

Die punt is dat ons blykbaar as Afrikaners ons akademiese selfvertroue verloor het, en maande en jare wag vir regeringstempels om akademie te beoefen. Presies wat die staat se rol in ordening van opleiding moet wees, is een onderwerp. Die gedweënheid waarmee ons toelaat dat die staat al die leisels vashou en sê wie mag wat wanneer waar vir opleiding doen, is ‘n gebrek aan vryheid en selfvertroue wat oorkom moet word. Vir tyd en wyl is dit soms nodig om nou maar ten ene male die staat se reëls te volg, maar ons moet ophou om in ons gemoed te dink dis maar reg so, en ophou om soos slawe net in reaksie en binne perke op te tree. Dit hou ons as volk, en ironies genoeg, tot ‘n groot mate die hele land, terug.

MUM ·

Ek kan dit nie glo nie, 2 stakers??? kan die polisie niks doen nie ha haaaa, hulle lyk soos mafia wat voor die hek staan hul voel seker geeerd, omdat hul niks aangedoen word nie , ons kinders wil studeer , die stakers hoort nie toegelaat te word op die kampusse na die tyd nie gaan hulle eendag so maak by hul werke ook ek sal hulle nie aan diens neem nie sit hul fotos oraal op die palle. skryf hul id. neer en raam dit.

Johan ·

As hulle so staan en kyk vir my sal hulle ge…. word…..die persone MOET arresteer word…hoekom doen niemand niks nie…polisie waar is julle?Dis belaglik…..

Jean ·

Neewat PROF de La Rey kruip seker erens weg waar dit veilig is totdat die opstande oorgewaai het, sy het ‘n saak met studente wat WIL studeer en wil eksamen skryf, solank sy net haar salaris kry. Jou studente word GEINTIMIDEER en hulle lewens is gevaar en jy skitter in jou afwesigheid? Gee die bestuur dan GLAD nie meer om vir die studente wat ernstig is oor hulle studies nie? Baie van hierdie stakers is nie eers studente nie, laat verwyder hulle!! Die woordvoerder” weet nie wat op die kampus aangaan nie”, wat my laat dink sy is nie op die kampus nie, julle gooi julle goeie studente vir die wolwe. Ek moet se behalwe die betogers se gedrag SKOK die optrede van die Universiteit se leierskap my.

Ano ·

Jean, is jy lus om die leierskap van die UP oor te neem? Feel free! Sal sien of jy of enige van die lot wat hulle hulle monde vol het oor die bestuur enigsins beter kan doen.

Ano ·

O GITS!! Voor ek vergeet – NEE ek werk nie vir die UP of enige ander Univ nie. Is ook nie ‘n student nie.

Leonard van der Dussen ·

Die rektor het ‘n plig teenoor die studente en die universiteit se status en welsyn. As sy dit nie kan handhaaf nie, moet sy loop. Inderdaad nie veel van ‘n oplossing nie, maar ‘n terugkeer daarna dat mense verantwoordelikheid neem en dit wys, sal die land goed doen en ‘n stap na herstel van orde wees. En dit is reg dat studente en ander belanghebbendes verantwoording eis. #KoppeMoetRol.

Louise E ·

Jean,

Ek verstaan jou kommentaar. Ek weet ook net dat die NUWE SA moet als ‘polities korrek’ wees. Daar is mos nou MENSEREGTE, nie vir die gewone landsburger wat getrou sy belasting betaal nie, maar vir die een wat die LAS is op die beLASting-betaler. Hulle het regte. Orals moet die bestuur altyd die mindere voordeel gee. Dis hoe dit orals werk, in die staat, selfs met misdaad!

Kyk hoe gaan dit in skole! Jy mag niks soos in die ‘ou dae’ optree en draadwerklik dissipline afdwing nie, want nee, die arme bloedjies het mos ‘regte’.

Ek is bitter bly ek is glad nie deel van Universiteite en/of skole se bestuur nie, ek dink dis die mees frustrerende pos ooit. Ek meen, dis glad nie asof die staat ingryp in die gemors wat hul veroorsaak het nie?! Was dit 30+ jaar terug… dan is hul summier geskors of hul kon vir week nie op hul boude sit nie.

Net weereens, ‘hulle’ het nog nooit iets gebou en vrek hard voor gewerk nie, waarom sal hul ENIGE waarde heg aan infrastruktuur, orals oor die jare is als verniet op skinkbord gegee. Dis tyd dat hulle, hul eie blerrie goed bou en BETAAL daarvoor!

Disselboom ·

Prof Cheryl de la Rey word of deur die media verswyg, of doen niks. Sy kan immers die universiteit se beeld as akademiese instelling en haar steun aan studente wat wil studeer ten minste openbaar maak, en die betogers minstens drasties kritiseer… ons wag. Sover die oog kan sien, is sy afwesig in die krisis, en gee al jare lank net toe en pamperlang die betogers. Dan moet sy loop, want sy bevorder nog die universiteit nog die studente.

MUM ·

hoeveel word die die stakers betaal om dit te doen, dit kan dalk hul studies betaal, en ons staak tog nie voor Southern Hotel om verniet te slaap nie,betaal moet jy betaal , hulle gaan in elkgeval nie goeie werkers maak nie.

Pieter ·

So laat ons an die tersiere opleiding verniet gee.
Dan betaal ons nie die dosente of die rekeninge van die universiteit se oorhoofse koste nie.
En dan hou al die dosente op om op te daag vir werk. En dan word die kampus eiendomme op bankrot veilings verkoop. Dan maak ons sommer ‘n gratis virutele universiteit waar jy inskryf en net jou eie graad uitreik en op jou eie drukker uitdruk. Dan hoef niemand die aaklige leerwerk te doen nie, en almal wen. Lekker man.

Karma ·

Hoeveel van hierdie ‘studente’ is gebore Suid-Afrikaners en – indien hulle nie is nie – hoeveel van hulle is wettig in SA? Ek sien die “rooi berette’ in die sg. ‘studente’ se optrede – anargiste, brandstigters vernielers. Hierdie is ‘studente’ wat weet hulle gaan dop, daarom wil hulle nie nou eksamens skryf nie en ontwrig hulle alles vir almal. EN die SAPD se hande is afgekap, want hulle mag nie aan hulle raak nie omdat hulle menseregte het (haai, shame!). In my tyd, as jy wou gaan studeer het, moes jou studies VOORUIT betaal gewees het en jy het nie self die “purse strings” gehou nie – daar was mense wat beheer uitgeoefen oof wat waar en hoe gespandeer is EN BEURSE WAS TERUGBETAALBAAR!!! Ons het verstaan dat NIKS IN DIE LEWE GRATIS is nie. Daar is een goeie oplossing vir hierdie tipe probleem: die toelatingsvereistes vir universiteit moet verhoog word (70% slaagsyfer en nie 30% nie) en SA universiteitstoelating moet gesteun word met bewys van geboorte in SA. 2/3 van die huidige ‘studente’ aan SA universiteite sal in die eerste instansie dan nie toegelaat word nie.

James ·

Wonder hoeveel van hierdie stakers is Sá studente en persentasie gewys hoeveel is Mosambiek,Zimbabwe en die res van Afrika wat hier studeer.

GVW ·

Hoekom is dit dat Potch die enigste kampus is waar alles normaal is en klasse soos gewoon aangaan. Dalk doen hulle iets reg daar wat die ander instellings by hulle kan gaan leer.

JC ·

GVW, dit is OMDAT onderrig uitluitlik in AFRIKAANS plaasvind, en alles dus ordelik is!
Viva Afrikaans!!

Gerbrandt Steyn ·

Verstaan glad nie dat UP se hulle gaan begin mense arresteer wat klasse ontwrig en skade aanrig,en dan absoluut niks daaraan doen nie.Is julle dan bang vir die betogers.Julle gooi net petrol op die vuur.Groei n ruggraat en begin iets daaromtrent doen.Wet en orde is mos noodsaaklik?

DD ·

Is waar Gerbrandt Steyn. Genoeg is nou genoeg. Verlede week hoor UP studente kort vakansie word opgeskort, om klasse en toetse in te haal wat hulle gemis het. Paar minute gelede word hierdie selfde studente in kennis gestel vakansie is nou sommer twee weke lank en tree onmiddelik in werking. Wanneer moet studente klasse, prakties en toetse inhaal voordat eksamen begin ? Hierdie oproermakers moet geskors word en hulle eie gratis universiteit onder die boom begin.

Jef ·

Hoe kan mens dit aan sulke figure se verstand bring as hulle tog geen gesonde verstand het nie.
Solank hulle geen norme en waarde in hulle opvoeding gehad het nie sien ek hoegenaamd geen toekoms vir sulkes nie.
Die weg wat hulle voor kies is die kriminele weg, hulle wil nie leer nie dus wil hulle ook nie werk nie.

Poppie ·

Die UP bestuur het nou net aangekondig dat die universiteit vandag sluit vir vakansie en open weer 10 Oktober. So gaan die spul nog toi toi voor dooiemansdeur?

Chris ·

Arresteer, sluit toe en gooi die sleutels weg. Jammer maar die polisie tree heeltemal te sag op met hierdie studente. Sodra die eerste klip gegooi word of enige eiendom beskadig word, is dit kriminele en nie meer studente nie. Polisie is hopeloos te sag met hulle.

Johanna Botha ·

De kolonialiseer en brand alles nou af …so is daar ook geen fees te betaal nie …2 voels met 1 klip…wen wen …studeer online of oorsee en kry n kwaliteit graad wat dalk iets betekem

Ouman ·

Die regering was nou hulle vuil pote in onskuld. Oplossing is eenvoudig behoorlike toepassing van landswette. Jaag hulle die berge in as nodig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.