[Foto’s] Derduisende stroom na Angus Buchan-biddag

Eugene Ross van Olifantshoek by die nasionale biddag in Bloemfontein (Foto: Marine Lourens, Maroela Media)

Op ʼn koel Vrystaat-oggend is die plaas Wilde Als net buite Bloemfontein ʼn miernes van bedrywighede soos derduisende mense die terrein binnestroom vir Angus Buchan se “It’s Time”- nasionale biddag.

Talle mense het al sedert Woensdag op die terrein gekamp en duisende motors en busse stroom al sedert 04:00 vanoggend die plaas binne. Bywoners van die biddag het kampstoele, tente en sambrele voor die reuse verhoog en 27 skerms opgeslaan en deel onderling koppies warm koffie, beskuit en toebroodjies met mekaar.

Elke paar minute land nóg ʼn helikopter op die terrein soos nog mense opdaag om te bid vir die toekoms van Suid-Afrika. Die lug is gevul met die klank van ramshorings wat geblaas word deur verskeie van die persone wat die geleentheid bywoon.

Eugene Ross, een van die mense wat ramshoring in die skare speel, het aan Maroela Media verduidelik dat die ramshoring God se stem verteenwoordig. “Dit is soos ʼn gebed sonder woorde. En die klank daarvan trek ver, ver verby al die sleg en boosheid tot daar waar God se goedheid is,” het hy gesê.

Organiseerders sê dit is nog nie moontlik om te bepaal hoeveel mense alreeds opgedaag het by die plaas nie, maar meen dat dit teen 12:00 meer as ʼn miljoen sal wees. Talle busse is steeds van reg oor die land op pad. Dit sal die grootste gebedsgeleentheid nog in SA wees.

Mense van Australië, die Demokratiese Republiek van Kongo, Namibië, Nieu-Seeland en Duitsland woon ook die geleentheid by.

Altesaam 5 000 vrywilligers help om parkering aan te wys, mense te help om plekke te vind om te sit en die skare te monitor. Noodhulpdiensstasies is naby die verhoog opgeslaan en 1 000 mobiele toilette is oor die terrein versprei.

Buchan was teen 08:30 nog nie by die plaas nie. Die amptelike verrigtinge sal na verwagting om 12:00 afskop en sal tot 16:00 duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

104 Kommentare

Piet Pompies ·

Alle sukses met die byeenkoms wat plaasvind tot eer van die Here en mag die uitkoms hiervan tot voordeel van elke Suid Afrikaner sal wees.

Arrie ·

Suid Afrika aanskou vandag die genade en liefe van die Here God vir hierdie land.

oumie ·

Ag my trane loop ook vrylik en ek weet God is daar ek voel dit in my hart en ek is in my siel daar Amen God beskerm die mense en lei hul weer veilig na hul huise en ek vra dit nie omdat ons dit verdien nie maar alleen uit U genade Amen

Juys ·

Ons wat nie daar kan wees nie is in hart en gees daar. Ons bid saam vir ń land wat vol vrede en liefde vir álmal un Suid Afrika

Annetjie Lombard ·

My hart, siel en gees is daar in Bloem. JHWH vandag gaan SA wakker geskud word. Mag U Gees soos waterstrome deur ieder en elk vloei, in my Koning se heilige naam JESUS. KOM JESHUA KOM!!!

Serha ·

Our hearts are crying to return to our country of birth. Praying for change in our lives and our country

Wanda ·

Dit is so wonderlik om te sien hoeveel Christen mense daar nog in ons land is, maak nie saak van kleur nie hulle daag net op! Amen ek bid vir julle almal en saam julle, ek wens so ek kon ook daar wees. Amen

Oudste ·

Vader, in die naam van Jesus Christus, ons Verlosser, hoor asseblief die smekende stemme wat opgaan na U Troonkamer. Help Here, genoeg is genoeg en gee asseblief uitkoms vir hierdie land van ons. Laat U wil geskied sodat almal onder U naam, deur Die Seun, verenig sal word en die demone wat hierdie land teister sal weg vee, terug na waar hulle hoort. Ons vra die in die magtige naam van U Seun, Jesus Christus van Nasaret. Shalom.

Jaco Wilson ·

Mag die Here ons God elke Suid Afrikaner vandag seën. Dit is sowaar n wonderwerk om te weet so baie Christinne keer terug na God. Liewe Vader vergewe asseblief al ons sondes en maak ons mooi land weer heel. Alle eer aan die Drie Enige God. AMEN.

Llewellyn ·

Amen en dankie. Dis presies reg geskryf. Ons God is n wonderwerkende God en Sy woord sal nie leeg terugkeer nie. Ek bid sommer dat God vir jou ook bietjie ekstra sal gee !!

Netekke ·

Trane in my oë, dit moet Awesome wees om te beleef. Mag dit ‘n reuse sukses wees en’ n wonderlike ommeswaai veroorsaak. God seën ons almal.

pbotha ·

Ons bid die Heer se seen af op hierdie byeenkoms. Mag God ons genadig wees en ons land hervorm en die mooi oopsluit wat tans so diep verborge le. Ek bid om 12h00 saam .

Judy ·

Ons moet nie hoop nie ons moet glo. Dit sal suksesvol wees. GOD IS GROOT.

Marilize ·

Ons God is Groot en Almagtig. Ek wens ek kon ook daar wees. Ons aanbid ‘n Lewende God. Unending Love Amazing Grace. Amen

Koos ·

Of daar nou 1000, 100,000 of ‘n miljoen gaan wees, maak nie saak nie. Daar is seker v/d media wat hulle sal verlustig daarin as daar nie ‘n miljoen opdaag nie, maar dit maak nie saak nie. Die punt is, Suid Afrikaners is siek en sat vir misdaad, korrupsie, geweld, rassehaat. Mag die Here Hom oor ons ontferm en uitkoms gee.

Nel ·

Amen.
Die Skrif sê: … Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde” (Matt. 18:19-20). So dit maak eintlik nie saak hoeveel opdaag nie.

Monty Prinsloo ·

Dankie aan maroelamedia om ons wat nie daar kan wees nie op hoogtekan hou.Mag GOD die dag ryklik seen.

Pat Aldrich ·

Mag die Here alleen vereer word en die mense hulle verootmoedig

Marietjie ·

Prys die HERE sou graag daar wou wees. In my gedagtes is ek daar. God sien wie Sy naam Groot maak. Dankie oom Angus vir als wat jy vir SA doen. Jy is n voorbeeld vir baie.

Rob Moen ·

Dis nou net die probleem. Mense wat dink hulle godsdiens is die enige waarheid. Francis se woorde “mag alle ander gelowe val” is hipokriet, aanmatigend en dit sorg vir nog meer stryd in de wereld. Laat almal in hulle waarde en bid dat almal vreedsaam kan saamleef.

Ester ·

Mag elke woord wat daar gespreek word net tot eer en verheerliking van ons Almagtige Hemelse Vader wees. Mag Sy seen en Vrede op elkeen rus, en die bose totaal vernietig. In die gees is ek daar, omstandighede buite my beheer verhoed dat ek dit nie kan bywoon nie. Seën vir elkeen wat daar is, ry veilig!!

MAGGIE CARSTENS ·

Tot in Namibia volg ons hierdie byeenkoms. Dankie aan almal wat foto’ en video’s opsit op facebookDie een wat nie vanoggend met emosies en hoendervleis opgestaan het nie!!! Die Here gaan vandag by die mens oor vat en Sy land terug ruk na Hom!!!!!

Dirk Rautenbach ·

Alle eer aan die Here!! Mag Hy die geleentheid seën dat dit die begin van groot dinge sal wees. Laat ons onself verootmoeding voor die God van Hemel en Aarde.

Henriette Roux ·

I am there in spirit. Blessings!
” Be still, and know that I am God.”

Dawie ·

God is in beheer en dit is al wat tel. Die goeie sal oorwin.

Johan ·

Hierdie gee my al klaar meer hoop vir ons land. Ek bid en dra almal in my gebede op wat vandag maak nie saak waar jy is nie vir ons land bid en dat ons almal se gesindheid en hart op die regte plek sal wees. Ek glo als sal mooi goed verloop!!!

Pauline van Zyl ·

So dankbaar dat ons as volk ons kan kom “verootmoedig” en glo dat die HERE teenwoordig sal wees. Wens ek kon ook daar wees. Dit is ‘n geskiedkundige gebeurtenis en dit laat mens trane in die oë kry. Soveel mense , soveel gebede wat verhoor sal word.!!!

Daniel ·

As 1 miljoen mense vandag hulle kniee gaan buig voor die hemelse vader dan gaan ons ‘n groot wonderwerk sien gebeur vandag nog. So groot gaan dit wees die hele wereld gaan dit sien en hoor. God sal nie sy dienaars los vir die groot verdrukking van suid afrika nie.

Fudge ·

Daniël, ek is dankbaar om te rapporteer, as is verbrande hout, en meer as 1000000 het hul knieë gebuig, en met hul tong bely….JESUS is Koning!!!

Elke Murray ·

Ons is nou so 14 Km van die punt af. Ons is 7 uur weg uit Welkom en staan al van half 9 af in n elle lange ry van voertuie. Dit is n reenboog nasie agter en voor soos almal as 1 man bymekaar kom vir hierdie dag. Ons prys die Here wat mootlik gemaak het vir ons om hier tewees. Soos iemand hier bo gese het. GOD’S NOT DEAD.

Vicky ·

Wens ek was daar. Ek GLO dinge gaan verander wat ek beleef elke dag die Here se nabyheid.

charmaine Knox ·

Om te dink hoe baie gelowiges is daar nie ons wat nie daar kan wees nie al wil ons hoe graag bid vandag saam ons Vader se in sy woord waar daar Twee in my naam vergader daar is ek voel sommer die heilige gees tot hier in Cradock

Magda ·

Hoe huil ek nou. Ons Vader is almagtig en by Hom is absuluut niks onmoontlik nie.
Ek wens ons was daar.

Johan Botha ·

Voorwaar ek kan nou intens ervaar en sien: MY VERLOSSER LEEF en aan sy goedheid is daar geen einde nie. Ons staan voor die groot almagtige God wat liefdevol is en nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie. Wit swart bruin positiewe en negatiewe. Dis ons kans. Gebruik dit.

Johny ·

Soos in Jes17:7 staan: Daardie dag sal die mens weer sy hoop op sy Maker vestig, sy hulp van die Heilige van Israel verwag.

Petra Gauntlett ·

Hier in die Midde Ooste hull ek van opwinding en wens ek kon daar wees! Kom my volk! Staan vir n keer saam en verootmoedig julle hoor ons Almagtige Skepper en Redder! Dis nou ons beurt. Sien die hart en nie die Kleur nie. Geloof en gehoorsame lewens is wat hier moet gebeur. Maak jou kant skoon en sien Vader God se Magtige Hand newest. Go ook Angus! Baie blessings vir jou wat gaan hoor loop soos Moses!

Nadia ·

Sal daar in gees wees. Ek en my Man werk agter die skerms, hy by lughawe besig om daar alles agter mekaar te hou ( baie vlieg van daar af na die bid dag hulle het 200 vlugte wat reeds van sesuur vanoggend af begin het ) Ek by hospital reg vir almal wat miskien mediese hulp benodig.

Louise ·

Dis absoluut wonderlik!

Ek hoop wel dat die hele nasie dit meer sal doen. Gereeld in elke dorp in stad, elke nasie saam hande sal vat en bid!

Ons sal ook vandag by ons huis stil word, bid en vertrou!

Karin ·

Almal wat nie vandag op Wilde Als kan wees as gevolg van verskeie omstandighede nie, ons is saam met ons mede Suid-Afrikaners wel daar in die gees. Ons bid saam met julle dat God ons mooi land sal genees, dat God beheer sal oorneem in alle aspekte van ons land en dat ons almal saam in vrede sal kan leef, ongeag ons velkleur of ras. God kyk nie na ons velkeur nie, Hy kyk na ons harte. Baie dankie Hemelse Vader vir wat U vandag gaan doen, dankie vir wonderwerke wat gaan gebeur, dankie vir mense in hoë posisies in ons land wat gaan sien dat God IN BEHEER IS van Suid-Afrika. Dankie vir U liefde en genade wat U elke dag oor ons uitstort. Ek is so lief vir U my Hemelse Vader, werk in my en deur my sodat ek ‘n instrument in U hand kan wees. Ek loof U en prys U grote Naam verewig.

Trane ·

Ai my hart is seer dat ek nie daar kon wees nie whaaa whaaa maar ek sal ook saam bid hier waar ek nou moet werk.

Annetjie ·

Vader ons dra vandag ons land aan U op en ons vra dat U met elkeen sal gaan wat oppad Bloemfontein toe is…seen asb so ook die naweek se verigtinge. Here ons land is in Rou gedompel oor als wat in die regering en in die land aangaaan…bedrog,moord,verkragting ens ens.Die Lys is eindeloos.Wees ons asb genading.Laat ons terugdraai na U toe.

Adele ·

Kry ek sommer nou ‘n knop in my keel!!!! Dis fantasties om te sien, dis ‘n jammer ek kan nie daar wees nie.

Elma ·

Dankie Vader vir die Werk wat U vandag in ons land gaan doen.

Adam ·

Maroela Media julle is sterre om ons op hoogte te hou wat nie daar kan wees. Baie baie dankie

Josua Keys ·

Hoe kry ek nou ook n knop in die keel, die foto van die man wat op die ramshoring blaas en die kort beskrywing wat volg is uitstekend gestel, skerp vir Maroela Media se bydrae hiervoor. So ‘n rukkie gelede was daar ‘n artikel geplaas van die optog wat gehou was in PTA en die wat nog sou volg, ‘n man het gesê dat alle groepe bymekaar moet kom en dat ons witmense deur swart mense geleer moet word om te “march” Wel meneer hier is die bewys, ONS HET GEENSINS NODIG OM TE MARCH, TOOI TOOI ENS NIE maar saam te kom en op ons kniee voor die SKEPPER te gaan buig as ‘n nasie en gesamentlik te vra vir hestel van Suid Afrika. My gebed vandag is dat onse VADER DRIE EENHEID VAN GOD my DEDDA nie net vir Suid Afrika sal help nie maar ook die res van die wereld wat deur die new age bewegings en antichris verwoes word. Ons sien elke dag op wereld nuus hoe lande besig is om teenmekaar in opstand te kom en hoe die WOORD EN WETTE VAN GOD EENVOUDIG VERKRAG EN VERONTAGSAAM WORD, DEDDA vergewe die regerings wat U verag asook diegene wat hulle volg en hul wette nastreef, laat U wil geskied soos U goeddink saam U Engele, mag ons almal weer nederig voor U kniel om te vra vir vergifnis van ons swakhede, eie wil, hardkoppigheid en self verryking AMEN AMEN AMEN!!!!

Cornelia Slabbert ·

Isaiah 61: 1-6 was fulflled in Jesus’ own words in Luke 4:16-21. Psalm 103:6 says that the Lord works righteousness and judgement for all who are oppressed. This is our time, South Africa, to build a nation that glorifies our Father so that His will can be done in earth as it is in Heaven.

m ·

Hierdie land het gebed nodig ons is in die moeilikheid. Ons is Moeg vir onbeholpe leiers net God Kan ons red.

GJ de C K ·

“Wilde als”

Sien die verwysings in die Heilige Skrifte.

Sterkte.

TIAAN VAN NIEKERK ·

ALLE STERKTE AAN ONS HEMELSE VADER HY IS DIE ALMAGTIGE WAT ONS KAN HELP IN SUID-AFRIKA GEE ONS DIE TOEKOMS VIR ONS LAND AMEN

Joan ·

Ek juig oor dit wat die Vader doen. Mag die Gees Ons almal wat vandag verenig in gebed vul om gehoorsaam te wees. Ek bid Here stuur die herlewing en was Suid Afrika met u bloed tot verger liking van U naam. U is waardig. Ons aanbid U soos wat U Gideon en ‘n paar manne gesalf het, salf leiers

Rene Kotze ·

??? Amen Wens ek was da Maar definitief in die gees So bly om te sien ons volkie kan nog so saambid

Neil Viljoen ·

Prys die Here vir die wonderlike dag, ek is daar in gees saam met almal in Bloem. Geniet die dag, groete uit Duitsland

rita ·

wat n blessing Prys die Heer, wonderlike Samaritane het my siek kleinseun en sy mamma kom haal om met verwagting te gaan God is Groot vir Genesing “Graeme ” mag God jou aanraak AS SY WIL IS.

Christina ·

Dankie Vader dat U mense hul voor U gaan verootmoedig. Dat hul oë nie op Angus gaan wees nie maar dat Christus die senter gaan wees. Geen mens mag die eer kry nie net Christus alleen.
Hulle harte na U gaan uitroep. Nie vir n aardse land waar ons net bywoners is nie maar U kinders se Land wie Christus is.
Vader U stel regerings aan en U stel hul af om U plan in die wereld te volbring.
Dankie Vader dat ons weet ons kan veilig woon in die tydelike plek waar U ons geplaas het soos wat U ons U belofte in Psalm 91 gegee het. Want Christus is in my, ek in Hom en Hy in U.
Dankie dat ons weet ons is veilig in die holte van U hand.
Vader mag die mense wat U nog nie persoonlik ken en nie in n verhouding met U wandel nie, vandag by Jesus sal uitkom.
Dankie Vader in Jesus Naam loof ons U.

WARRIOR ·

BESTE byeenkoms ooit!!!! We LOVE you LORD☝❤❤❤❤❤

Mel ·

Sal ook graag wil hoor hoe dit daar gaan, Mag di Here di Prediker se woorde salf

Alida ·

Ons het op 7 April gewys ons kan saamstaan en vandag weer ongeag kleur. PRYS DIE HERE.

Johan Bester ·

Ongelukkig moet ek werk masr in gees en gebed saam dat die volk HULLE SAL BEKEER VAN HUL VERKEERDE WEE SAAMMET DIE BIDDAG EN EK WEET ONS HEMELSE VADER SAL ONS DAN VERHOOR.

vermeende ·

Mag alles wat vandag gebeur tot voordeel van Sy grote naam wees en mag God alleen die kridiet hiervoor kry, mag sy naam weer vandag en elke dag hierna verheerik en geheilig tot in alle ewigheid. Mag God die genade vind om die wat apart te wil lewe tot eer van Hom dit toe te staan. Mag God ons genadig wees en die falses, korruptes, slinkses en almal wat die bose werke doen tussen ons en voor ons weg te vee maar net tot die verheerliking van Sy heilige naam.

Willemien ·

Ek wens ook ek kon daar wees. Mag God SA genadig wees. Dankie Here, vir U oneindige goedheid en genade.

Gina ·

Mag die wonderwerk wat vandag hier plaasvind nie vandag stop nie maar net aanhou en aanhou. Ook in elkeen van ons se harte. Ons harte moet verander om die land te verander.
Dit gee my trane om net van hierdie wonderlike byeenkoms te lees. Ek kan net dink hoe ongelooflik dit moet wees om daar teenwoordig te wees en die Goddelike teenwoordigheid in die lug te ervaar

Magda ·

Ek is van Kaapstad. Ons by AGS FONTEIN VAN LEWENDE WATER het 2 uur lank vanoggend gebid vir hierdie land en vir ons self. Dit was Goddelik. Ek het gevoel of ek ook in BLOEMFONTEIN is. Dit maak nie saak waar jy is nie maar dit maak saak dat jy deel is van n gelowige gemeenskap

Fransie ·

Heer, sonder U is ons niks. Dankie vir al die voorregte en U genade op ons gebede.

Johann ·

Menigte sal die breë weg bewandel, maar eng is die weg wat ly na die ewige lewe en weinig sal jy daar vind

Lynn ·

Ek het hier in New Zealand op kniee neer gegaan, wat n wonderlike dag dat soveel saamstaan en aanroep na Onse Hemelse Vader! Alle Prys aan ons Verlosser, die Heilige Gees en Ons Almagtige Vader in die hemel, Laat U Wil geskied Amen!

Bid saam ·

Ek hoop hierna sal mense ook die gewone bidure by hul eie kerke bywoon. En dat siele gered sal word by hierdie geleentheid. Mag die Here herlewing stuur onder ons Christene!

Wally Fivaz ·

Die baie mense laat my dink aan die Halleluja-lied:

“Sien jy die ongetelde skaar
wat bring hul o so bymekaar
dis Jesus wat die weg van vree
die doringweg vir ons betree……” (ens)

Dankie dat u ons mense so aantrek – soos niemand anders kan nie.

Francois Malan ·

Rockhampton, Australia: het as RSAners ~1400 ons tyd gebid vir ons geboorteland. Ons is met ons mense in RSA ingebind deur Sy GEES. Hy sal beskik.

Amanda ·

In gees is ek daar en so trots op my volk wat bymekaar staan vandag en die wereld wys. Amper 2Miljoen christene bymekaar en nog 4Miljoe in gees. Wat n wonderlike geleentheid. Hoop dit word n jaarlikse in Stelling.

Elaine Mouton ·

God sal ons hoor en antwoord. Ek sou graag dat sulke bid geleenthede meer dikwels gehou word in alle streke. Dit moet ook soms Dank geleenthede wees. Ons moet almal gereeld meer bid. Mag die Here SuidAfrika in Genade aansien en ons die Regte Weg wys.

Johan ·

Alle eer aan God. Ons wat nie daar is nie voel ok al heeldag lank dat die n groot dag vir ons land is. Ons bid U hand van beskerming oor almal wat daar is en vra u engele om sommer so laer om die plaas en paaie te vorm. Ons bid vir wyse leiers om op te staan in ons land en ok vir vergifnis vir al die sondes van ons mense in ons land. Soli Deo Gloria.

Tony ·

Gelukkig het dit nie oor politiek gegaan nie, maar oor onse God. Of jy nou alleen gaan bid of so saam God hoor jou. Al wat ek weet alleen kan NIEMAND van ons nie. Liefde oorheers alles se die Bybel.

Henru Van der Merwe ·

Vir wie nie daar kon wees nie, dit was awesome!!! As die skille na vandag nie van ons oë af val nie dan weet ek nie. Alle eer en heerlikheid aan God ons Vader en Jesus Christus wat vir ons sonde aan die kruis gesterf het. Dié was net God se hand wat dit moontlik kon maak.

Karien ·

Wat n ongelooflike dag waar ver meer as n miljoen Suid Afrikaners op hul kniee gegaan het en saam gebid het!! Daar was n tasbare gevoel van die Heilige Gees om ons en dit was werklik n Seening om daar te kon wees!! Gelukkig nou veilig by die huis ook, laat die transformasie begin van ons Land! Prys God vir liefde en genade!!

Maarten ·

God dra ons al vir meer as 20 jaar Hy sal ons nooit verlaat nie. Is ons dankbaar genoeg? Ek dink daar is baie glimlagte in die hemel na gister se ‘afhanklikheidsbelydenis’. Jesus het immers ons land reeds aan die kruis gered. Kom ons vat dit in ons harte

JR ·

Amen en amen. God het ongehoorsame konings van hul trone gestoot. Waar oook al politicii ens sit, dis Sy genade. Is jy ongehoorsaam sal jy gestop word…..mag God ons land genadig wees.

Elizabeth Roux ·

Ek was daar en die wete dat ons wel met gebed ons land kan verander is diep geanker. MAAR DIE TYD IS NOU. NIEMAND kan bekostig om meer op die draad te sit nie, IT IS TIME

Willie ·

En daar is sowaar mense wat hulself hoër ag as God. Alleen kan ons nie.

Oudste ·

Ek weet van baie mense wat nie op Wilde Als kon wees nie. Ek weet ook dat baie dorpe / stede ‘n gemeenskaplike interkerklike byeenkoms(te) gereel het, wat op dieselfde tyd ook gebid het.
Dan net vir ons broers en susters in Jesus Christus wat in die buiteland woon: Baie dankie dat julle ook verenig met ons gestaan het in gebed vir ons land! Jesus Christus is Koning! Shalom

anton ·

Daar is ‘n ou bekende spreuk :”ORA et LABORA”. d.w.s. Bid en Werk. Die 2 gaan saam : as jy bid dan vra jy wat is die wil van God; en God het ons klaar geantwoord in die Bybel van Genesis tot Openbaring, wat Sy wil is : o.a. jy mag nie doodslaan nie. En as jy dit wel doen dan sê God : dan moet jy gedood word : “Lewe vir Lewe”.
Angus het gesê : “we say No against murder” en nog ‘n hele klomp ander No’s. Maar hy het helaas nie gereël dat mense ‘n eis sou teken dat die doodstraf in SA terug op die wetboek moet kom. Een miljoen handtekenings sou ‘n sterk getuienis in die SA samelewing uitgestuur het.
Van al die pol.partye in SA durf nie een die doodstraf terug bring nie. Almal is humaniste (en nie christene nie) wat die menselewe as die hoogste doel beskou en die moordenaar beskerm (Grondwet van RSA).
Die indruk wat Bloemfontein agterlaat is die van ‘n kragteloos christendom wat meen dat God maar moet sorg dat alles reg kom.
Bloemfontein het gekom en het gegaan soos ‘n rimpel op die water……

Ronel Nortje ·

Wat ‘n wonderlike, wonderlike voorreg om te dink ons aanbid so ‘n groot God – Sy Liefde vir ons is groter as wat ons ooit sal besef of sal verstaan – as ons na Hom toe kom met eerlikheid en opregtheid in ons harte en ons land aan Hom toevertrou – Hy sal ons nooit wegwys nie. Ons is Sy kinders en daarom Sy verantwoordelikheid. Hy sal vir ons voorsien en vir ons ‘n pad in die woestyn maak. Op die regte tyd. Hy is na alles die een wat Lasarus uit die dood uit terug geroep het! Dink wat kan en sal Hy vir ons doen! Prys sy Wonderlike Naam!

anton ·

Ora et Labora , d,w.s. Bid en Werk. As jy bid dan vra jy wat God se wil is. Ons ken die wil van God in die Bybel, van Genesis tot Openbaring. God het gesê: jy mag nie moord pleeg nie. Jy het ook gesê elkeen wat die lewe van ‘n ander neem, sy lewe moet geneem word. “Lewe vir lewe” Dit beteken dat God die doodstraf eis. Dit sou wonderlik gewees het as in Bloemfontein 1 miljoen mense ‘n petisie geteken het, dat die doodstraf terug op die wetboek van SA moet geplaas word. Geen van die pol. partye waag dit om in sy program op te neem….. Oom Angus het slegs gesê : “We say No to murder”. Dit sê elke Suid Afrikaner. Helaas: Bloemfontein het gekom en gegaan en was slegs ‘n rimpel op die water….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.